Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Robert se instemmende antwoord. Sy teenvraag oor die magsmisbruik van die vorste

23 Robert sê: "Beste broeder, wat moet ek eintlik nog sê? Ek gee nou in en gee toe dat jy, wat kennis en wysheid betref, hemelhoog bokant my staan, in alles gelyk het, omdat die sake werklik so lê. Daar is niks daarteen in te bring nie, omdat jy as ingewyde in die kragte van die natuur, die beste daarin tuishoort. Ek het alles wat jy my so vriendelik uitgelê het, tot in alle besonderhede as die volle waarheid en absolute noodsaak ingesien. Maar nou kom daar nog iets anders.

[2] By jou uiteensetting oor die absolute vrye menslike gees tree die harde noodsaak van sowel `n wetgewing wat grense stel deur `n uitvoerende mag nou duidelik aan die lig. Maar nou bly die vraag: Mag die, in `n sekere sin deur God se genade benoemde of verkose uitvoerders van die wet "van God se weë" vrygestel word van die nakoming van die wet, wat hulle gewoonlik self maak? Mag volkome willekeurige despote en tiranne vanweë hulle bedenklike troon die arme mense, wat tog ook hulle broers is, by die duisende laat afslag? Was byvoorbeeld, my vergryp wel van die aard, dat `n sekere Alfred Windischgrätz my daarom in die naam van sy keiser moes laat doodskiet, net soos verskeie ander wat gedink en gehandel het soos ek?

[3] Wanneer so `n maghebber hom onttrek van sy eie wet, dan kom die vraag op, wie hom dan onthef van jou liefdeswet, wat vir die hele wêreld sonder onderskeid van stand en karakter geldend dien te wees? Waarom moet honderde duisende in die grootste armoede versmag, wanneer hulle slegs, dikwels uit groot nood gedwing, hulle aan een of ander klein oneerlikheid skuldig gemaak het? Waarom moet hulle hulle die onverbiddelike gestrengheid van die wet laat welgeval, terwyl die grotes onbekommerd en gewetenloos kan doen wat hulle wil, en geen regter hulle tot verantwoording roep nie!

[4] Ek is baie ingenome met wyse en goeie regente, maar nie met regente wat dikwels nouliks weet wat hulle is, en nog veel minder weet wat hulle eintlik moet wees nie. Maar ek is teen regente wat slegs op die troon sit en sy onderdane soos vampiere hulle bloed uitsuig, in stede daarvan om hulle deur wyse wette te lei. Sê my net vriend, moet `n arm verdrukte volk nie die reg hê om sulke briljante deugniete en gevoellose leeglopers te verjaag om in hulle plek wyse en deugsame manne aan te stel, wat die hoof en die hart op die korrekte plek dra nie? Moet die woning van `n regeerder dan `n skitterende paleis wees en moet sy vorstelike inkomste baie miljoene bedra? Natuurlik moet dit alles deur die bloederige sweetdruppels van sy onderdane ingebring word. `n "Arme drommel" het ook niks goeds op aarde nie. Van die wieg tot die graf bly hy `n speelbal van die magtiges en moet vir hulle swoeg en insette lewer. As dank daarvoor word hy geminag, en sou hy al die vernederinge van die grotes hom nie laat welgeval nie, maar by `n priester in die biegstoel plaasneem om daar sy hart te lug, dan word hy nog met die ewige verdoemenis vertroos! Sê my net, lê dit dalk ook in die natuur geslote? Vriend! Ek, Robert, meen en beweer beslis: Dit is die hel wat ywerig besig is om van die arm engele van hierdie aarde nog armer en ellendiger duiwels te maak!

[5] Dit staan origens wel vas, dat die aardse lewe `n suiwer beproewingslewe is om `n hoër, suiwer geestelike volmaaktheid te bereik. Daarom kan die mens met reg ook geen al te glansryke aardse geluksaligheid van die lewe verwag nie. Want `n student bly min of meer `n slaaf van hulle wat as lerare bokant hom geplaas is. Maar wanneer daar wrede tiranne oor die volkere heers, wat die toutjies van die opvoeding te sterk intrek, word daar uit die volkere, in plaas van opregte mense, slegs baarlike duiwels gevorm. Wat beteken `n oergoddelike wêreldlike orde dan nog?

[6] Is die Godheid ook nog die enige Heer en Meester? En is sy gelowige aanhangers en aanbidders dan nog egte broers? Beteken dit ook nog: "God bo alles en sy naaste soos homself liefhê?!"

[7] Of is dit dalk goed om te noem van `n alom regverdige Godheid, wat volkere deur slegte regeerders liggaamlik en moreel tot ver benede `n menswaardige vlak laat afsak? As die volkere dan deur die toedoen van hulle skandelike slegte regeerders tot die diepste ellende gesak het, dan kom nog van bo, dit wil sê, van die regverdige Godheid, bowendien nog alle denkbare strawwe en kastyding. Natuurlik meestal oor die arm mense, omdat hulle noodgedwonge sleg moes word, meestal deur "God se genade"! Want selfs die mees gewetenlose regente handel onder die spreekwoord; "Deur God se genade"! So kom dan gewoonlik armoede, hongersnood, allerlei ongeneeslike siektes en `n groot hoeveelheid epidemies en oorloë, vanselfsprekend, almal deur "God se genade"!

[8] By al die fraaiheid kom uiteindelik nog die soete wanhoop en ten slotte die aangename ewige verdoemenis in die brandende hel! En sien, dit alles deur "God se genade"! Bravo! Vooruit maar! O, hoe mooi is die lewe tog nie! Wie dit uitgevind het, moet self `n merkwaardige plesier daarin hê.

[9] Ek wil egter geen allerhoogste Goddelike Wese laak omdat die lewe op aarde so `n afskuwelike vorm aanneem nie. Want so `n Goddelike Wese het seker belangriker dinge te doen as om hom besig te hou met die wurms van die aardse slyk. Maar vir my is die mees ellendigste van die saak, dat hierdie mensewurms tog ook gevoel en jammer genoeg, tog ook verstand het, en ten slotte tog nie heeltemal vernietig kan word nie.

[10] Sou die mense van hierdie aarde as kinders van God miskien die besondere guns, die eer en die geluk hê om die mees vervloekte te wees van `n liefdevolle Godheid, jou so gehete "heilige Vader", wat hom aan `n kruis laat ophang het (waarskynlik ook uit liefde?).

[11] Waarlik, hoe langer ek daaroor nadink, des te bedenkliker kom hierdie saak vir my voor. Spreek jy daarom maar liewer weer! Miskien slaag jy om `n beter lig op die saak te werp?!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205