Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Troosryke antwoord op Robert se twyfel. Die slegtigheid van die mens bestraf homself. Leersame ervaringe uit die geskiedenis.

24 Ek sê: "Beste vriend, vir jou kritiek, wat voortkom uit die oordeel van jou kortsigtige verstand, is oënskynlik veel te sê. En as die sake werklik so lê, soos jy dit nou so vlymskerp beoordeel het, dan sou dit werklik uiters sleg daaruit sien vir die hele mensdom. Maar gelukkig is jy met al jou opvattinge en dus ook met al jou skerp oordele op die verkeerde weg!

[2] Want sien: In die eerste plek sorg die Godheid so buitengewoon goed vir die mense van hierdie aarde, asof Hy in die hele oneindigheid geen ander mense sou hê, wat Sy sorg nodig gehad het nie. En Hy lei die mense onder alle omstandighede van hulle lewe, wat `n oefenskool is, so, dat byna almal, ondanks alle moeilikhede, die hoë bestemming moet bereik, terwille waarvan die Godheid hom enkel en alleen in die lewe geroep het.

[3] Wel is daar nogal taamlik baie van hulle, wat ondanks alle aangewende middele, tog nie wil buig onder die beste wil van die Godheid nie. Dat die Godheid vir sulke geeste dan ook meer ernstige en kragtiger middele moet gebruik om hulle met behoud van hulle vrye wil, ten slotte nog op die goeie weg te bring, is begryplik. Ek is van oordeel dat mens die Godheid, soos wat jy doen, tog wel ietwat te oppervlakkig beoordeel en Hom dinge in die skoen skuif, wat alleen in die verkeerde en hoogmoedige wil van die mens te soek en te vind is.

[4] Jy spreek weliswaar baie oor die genadige toelating van slegte regeerders, maar jy sê nie dat daar ook slegte volkere is wat nie deur politieke beskikking van slegte regeerders, maar alleen deurdat hulle self slegter as sleg geword het, wat Ek jou met tallose voorbeelde oortuigend kan aantoon, wat Ek later ook sal doen.

[5] Maar nou in die tweede plek, die kwessie van jou veronderstelde verdoemenis, wat na die dood ten deel sal val aan die, deur slegte regeerders verdorwe, en dus buite hulle eie skuld sleg geworde mense! Hier moet Ek, wat tog alles in die geesteswêreld presies ken, eerlik aan jou beken dat Ek so `n dergelike voorval nog nooit teëgekom het nie. In die hele ewigheid kan daar werklik ook nie een voorval aangewys word waar ook maar één gees deur God verdoem is nie. Maar Ek kan jou tallose gevalle toon waar geeste alleen, as gevolg van hulle volledige vryheid, die Godheid verafsku en vervloek, en vir geen prys van Sy eindelose liefde afhanklik wil wees nie, omdat hulle, volgens hulle denke, self heersers is, selfs oor die Godheid!

[6] Omdat die Godheid slegs aan diegene die oneindige volheid van liefde in volle teue te geniet kan gee, wat haar wil hê, sal dit hopelik duidelik wees dat diegene wat die Godheid en Sy Liefde bo alles haat en verag en die spot met Haar dryf, hierdie Liefde nie deelagtig kan word nie!

[7] Sulke wesens hou alleen van hulleself en haat alles wat hulle nie bruikbaar vind vir hulle selfsugtige "ek" nie en wat nie absoluut ondergeskik is daaraan nie. Die liefde tot God en die naaste is vir hulle `n gruwel en `n vloek in hulle hart. God is vir hulle `n suiwer versinsel van `n misvormde gemoed, dwaasheid van `n, in `n hoë mate versufte verstand, en die naaste is minderwaardige gepeupel en is aansien nie werd nie.

[8] As geheel vrye geeste egter hierin hardnekkig bly volhard en deur geen enkele aangereikte vry middel, dus nie uit hulleself te genees is van hulle verderflike waan, en liewer alle bitterheid, wat hulle vir hulleself berei, vir ewig wil dra, al is dit ook maar om `n sagte gebod van die Godheid te laat welgeval, sê eers, kan die Godheid dan die skuld van so `n selfverdoeming dra?

[9] As die Godheid dan uit suiwer liefde sulke afvalliges afsonder van hulle salig geworde vriende, hulle egter op die plek van hulle afsondering tog nog in volle vryheid laat: Kan Hy dan van onsorgvuldigheid, hardheid en liefdeloosheid beskuldig word?

[10] Jy sê: "Mense en volkere kan immers niks daaraan doen as hulle so sleg word nie, want dit is te wyte aan `n verkeerde opvoeding en slegte onderwysing; dat hulle egter sleg is, is weer te wyte aan die slegte, selfsugtige en heerssugtige regeerders; en ten slotte, sou die Godheid self skuldig wees aan die slegte regeerders?" O, ek wil dit heeltemal nie ontken en sê: "Daar is geen slegte regeerders en daar het nog nooit `n volk daardeur bedorwe geraak nie!

[11] Jy sal egter ewemin kan beweer dat die regverdige Godheid nog nooit een of ander slegte regeerder gestraf het nie! Gaan die wêreldgeskiedenis van die menslike geslag maar van die begin af deur en dit sal jou duisende regeerders toon, wat vanweë die slegte leiding van, die aan hom toevertroude volkere, op die mees gevoeligste manier bestraf is.

[12] Desnieteenstaande is in iedere tydperk van sy aardse bestaan die ervaring steeds bevestig, dat die volk, juis onder harde tiranne, in die algemeen steeds beter en volgsamer was as onder goeie en saggeaarde regeerders. Om welke rede die Godheid dan ook slegte regeerders oor volkere laat aanstel, omdat die mense, wanneer hulle verdorwe geword het, `n tugroede aan hulle het. Hulle moet daardeur gedwing word om `n ware boetekleed aan te trek en hulle te verbeter, waarna die Godheid hulle sonder meer weer beter regeerders sal gee en ook altyd gegee het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205