Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Sin en doel van die aardse lewenskool. Tydelike of ewige geluksaligheid

25 Ek sê verder: "As `n volk egter onder goeie regeerders en in vreedsame, geseënde jare te traag en as gevolg daarvan volkome sinlik ingestel raak, en aan niks anders meer dink as hoe om op aarde `n hemel vir sy stoflike liggaam te kan skep nie, sien, so iets mag `n Godheid, wat vir die suiwer geestelike welsyn van iedere mens bo alles besorg is, nooit duld nie. En wel omdat `n aardse hemel van liggaamlike genot volgens God se ewige oerorde reeds die dood van die gees in homself dra. Presies soos `n kind, wat al van die wieg af in die grootste weelde leef, maar baie weinig ontvanklik sal wees vir elke geestelike ontwikkeling, so sou dit ook wees met `n volk waar dit in materiële opsig te goed sou gaan.

[2] Gaan in die paleise van die rykes en doen navraag oor die ware vorming en jy sal meestal vasstel, dat die kaste daar selde gevorm is volgens God se bedoelinge. Gaan egter in die hut van `n arm boer en jy sal hom aantref tussen sy mense, terwyl hy sy karige brood seën. Hy bid vanuit sy gees en voed sy kinders daardeur geestelik op en verhef hom tot God. Die god van die ryke is egter sy liggaam, wat hy met alle denkbare genot eer aandoen. En so voed hy ook sy kinders op, alleen ter wille van die liggaam. So `n opvoeding kan God egter onmoontlik beval, omdat hy daardeur die heilige doel, waarvoor God die mens geskape het, nooit kan bereik nie.

[3] En so is dit ook vir `n hele volk. Word hulle materieel te welvarend, word hulle geleidelik aan steeds sinliker. Omdat dit met die volk te goed gaan, vergeet hulle ten slotte die ware God heeltemal en maak homself in die plek daarvan, of wat verder sy sinne die meeste bekoor, tot `n god. En dit was nog altyd die oorsprong van afgodery gewees!

[4] Jy sê wel by jouself: "Waartoe dien dan die hoogste wysheid en almag van die Godheid, as Hy so iets nie kan voorkom nie?" Ek sê egter vir jou: Wanneer die Godheid die geeste, wat absoluut vry moet word, met Sy volmag sou stuur, dan sou dit met hulle vryheid vir ewig gedaan wees. Want die almag sou dan, in plaas van vrye geeste, slegs marionette maak, maar nooit van die Godheid heeltemal vrye en onafhanklike, selfbeslissende geeste wat in hulle voleinding self gode sal word nie.

[5] Wat egter die invloed van die Goddelike Wysheid betref is dit so, dat Sy vir sulke ontaarde mense juis die omstandighede skep waardeur hulle weer op die weg na die regte doel gebring kan word. Dit is ook wel `n beïnvloeding en in `n sekere sin `n dwang, maar dit raak slegs die buitekant van die mens, omdat die innerlike des te gouer en makliker sal ontwaak en weer sy ware bestemming sal volg. Die almag sou egter in die ander geval die hele mens ten gronde rig en hom dood!

[6] Dink daarom of jy nog die reg het om die Godheid daarvan te beskuldig dat Hy niks vir die mense sou doen of, soos Hy alreeds gedoen het, en dat Hy maar net hard, liefdeloos en sleg is!

[7] Vind jy die lewe op aarde nou nog so veragtelik? Is Hy wat dit uitgedink het, volgens jou kritiek, nog in `n sekere sin `n wese wat Hom glad nie oor iets dergeliks mag beroem nie?

[8] Ek wil maar sê, as jy maar net een vonkie eie lig en iets van dit van Hegel besit, moet jy dit tog insien. En wel deur die baie ervaringe dat daar op die verganklike aarde onmoontlik ooit egte geluksaligheid te vinde is nie. En juis ook, omdat dit volgens die natuurlike orde van alle dinge van die uiterlike wêreld mettertyd veranderlik en ten slotte totaal verganklik moet wees!

[9] Alleen hy wat volgens My leer skatte versamel wat nie deur roes en motte verteer word nie, kan van egte geluksaligheid spreek. Want wat ewig bly, sal tog kennelik beter wees as wat onderhewig is aan die skerp tand van die tyd!?

[10] Wat het jy self nou nog oorgehou van jou suiwer aardse strewe na geluksaligheid. Sien, kruit en lood het `n absolute einde gemaak aan al jou inspannings. Of jy dit verdien het of nie, laat ons buite beskouing. Want Ek moes ook dieselfde lot gedra het. Alleen met die verskil: Ek, vir God en gees, jy, vir die wêreld en haar vermeende materiële geluksaligheid. Ek, vir die ewige, en jy vir die tydelike welsyn van die mense.

[11] Net soos Ek, kan jy nou ook sê: "Heer, vergeef hulle! Want wat hulle doen, doen hulle in blinde geloof dat hulle iets goeds doen!" Maar wat het jy nou vir die ewigheid hierheen gebring? Sien vriend, dit is `n heel ander vraag. Sal die wêreld wat vir jou verby is, in staat wees om jou iets te gee? Dink maar nou eers daaroor na en sê My hoe jy dit nou sal aanpak?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205