Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Ook die dood van die liggaam `n hulpmiddel van God se liefde. Van die sterwensleed in die ou tyd en in die huidige tyd

28 Ek sê verder: "Sien, die sterwe van die mens is ook vir die uiterlike sintuie `n treurige verskynsel, wat meestal met verskillende pyne gepaardgaan. Volgens wêreldse begrippe is dit sekerlik hard en wreed van die kant van `n almagtige Godheid, wat tog vervul sou moet wees van die hoogste liefde en erbarming. Hoe dikwels al is die goeie Godheid om die rede deur mense en geeste gesmaad of ook totaal verloën.

[2] Maar ook hier doen daar weer dieselfde noodsaak hom voor as by die geboorte. Die vrye gees van die mens kan onmoontlik anders van sy ware vryheidbelemmerende oordeel bevry word, as deur die wegneem van sy geoordeelde, tydelike omhulsel. Dit mag slegs solank by die gees gelaat word totdat hy in alle opsigte totaal van die goddelike oerlewe geïsoleer word. Waarby sekerlik alleen God as skepper van die lewe kan weet wanneer `n gees tot volledige selfstandigheid uitgegroei het. As die rypheid ingetree het, dan is dit ook tyd om die gees die las af te neem, wat hom in sy vryheid belemmer."

[3] Jy sê weliswaar soos baie: "Waarom geskied die afneem dan nie pynloos nie?" Ek sê egter vir jou: Sou `n mens lewe volgens die leer van God, dan sou die dood van sy liggaam vir hom ook net `n vreugde wees, of dit sou ten minste pynloos wees. Maar omdat die mense, as gevolg van hulle vryheid, hulle teveel in die anti-orde van die materie begewe, hulle gees met ysterkettings aan haar heg, en hulle laat opvoed om die wêreld te leer liefkry, moet so `n skeiding wel met des te meer pyn gepaard gaan, namate `n gees hom vaster geheg het aan die geoordeelde wêreld.

[4] Maar ook die pyn is nogtans geen hardheid nie, maar slegs die suiwerste liefde van God. Want sou die Godheid nie `n bietjie geweld daarby gebruik nie, wat trouens nooit aangenaam kan wees nie, dan sou die gees volkome in die oordeel oorgegaan het en dus in die smartlikste ewige dood, wat die eintlike hel is. Maar om die gees so moontlik te red, is die Godheid gedwing om `n klein magsgreep aan te wend. Sê eers, verdien Hy om weer daarvoor gesmaad of verloën te word? Helaas is daar nou te veel geeste wat niks meer oor God wil weet of hoor sodra hulle hulle vryheid gekry het nie. Maar God laat dit nooit na om hulle op die beste weg na hulle tuiste en mees volmaakte doel te lei nie.

[5] Kyk, in die oertyd het die mense oor die algemeen liggaamlik baie ouer geword en het ook `n sagte en pynlose dood gesterf. Dit het gebeur deurdat hulle in hulle gees nie so maklik van God af te bring was as die mense van hierdie tyd nie. En waarom dan nie? Omdat die aarde vir hulle veels te min bekoorlikhede aangebied het, en hulle daardeur meer in hulleself gekeer was en gebly het, en sodoende sterk met God verbonde was, en dus moeiliker van Hom te skei was.

[6] Toe die mense mettertyd steeds meer behae begin te skep in die aardse lewe en dit daardeur ook gebeur het dat die mens die lewe met God loslaat, het die aardse lewensduur ook korter en korter geword.

[7] Toe die mense uiteindelik deur louter wêreldse genoegdoening hulle Skepper totaal begin vergeet, bereik hulle ook die uiterste grens ten opsigte van elke godsorde, waardeur die ewige dood hulle deel sou moes word. Kyk, toe word dit van God se kant nodig om hulle weer te nader en Hom hier en daar aan hulle te openbaar om die mensdom, wat naby haar ewige ondergang gestaan het, te red. Baie laat hulle red, baie egter nie uit eie vrye wil nie! Moes die Godheid hulle met Sy almag gegryp het toe hulle geen gehoor wou skenk aan Sy liefde nie? Daardeur sou al die geeste tog vir ewig ten gronde gerig word!

[8] Wat kan die ewige liefde anders doen as om te sê: "Gaan weg van My, julle wat julle geheel van My afgesonder het, en gaan na een of ander skool tot behoud, wat bestem is om mense soos julle so moontlik weer opnuut vry te maak! Dit is `n vuur van die oordeel van die wêreld, dat julle van haar moet loskom, omdat dit andersins met julle gedaan is!"

[9] Wanneer die Godheid, om so `n onheil so veel moontlik te voorkom, uiterlike plae oor die aarde laat kom, sê eers, is Sy dan dalk nie aanwesig nie? Of is Sy dalk hard en liefdeloos, as Sy dit doen, wat Sy die allernoodsaaklikste vind? Hoe kan jy dink dat die Godheid Haar skepsele, wat Sy uit Haarself voortgebring het, vir ewig sal vervloek en sou verdoem! Wat sou jy nou daaraan hê?

[10] As Sy die skepsele vir ewig wil vrymaak, moet Haar grootste sorg dan nie wees, dat hierdie skepsele hoe dan ook weer in die arms van Haar almag beland, waar dit in iedere geval gedaan sou gewees het met die vryheid nie? Net soos wanneer jy kinders sou hê, en jy hulle, so teer as wat hulle is, met al jou manlike krag teen jou bors sou druk, wat hulle natuurlik hulle lewe sou kos. Wanneer jy hulle egter sou doodgedruk het en jy sou nog kinders hê, sou jy hulle dan nie waarsku teen jou onbeheerste krag, of sou jy die krag ook nog op die ander wil beproef? Die ervaring sou jou wel daarvoor gewaarsku het.

[11] Die Godheid het hierdie ervaring egter nie nodig nie, omdat Sy in besit is van `n groot, oneindige wysheid. Sy is die enige ware goeie Herder van al Haar skapies en Sy kan hulle ten beste beskerm teen Haar almag, wat Sy slegs vir die vorming van die geoordeelde dinge van die materiële wêreld gebruik, egter nooit vir die vorming van die vrye geeste uit Haarself nie. Hulle kan slegs uit Haar liefde en wysheid ontstaan, aangesien daar andersins vir hulle ewig geen vryheid is nie, en dus ook geen lewe bewerkstellig kan word nie! Want God se almag bring alleen maar oordeel op oordeel voort.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205