Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Ware betekenis van die teks: "Gaan weg van My, julle vervloektes!" Iedere kwaadwillige gees vervloek homself. Sonde teen die Heilige Gees

29 Ek sê verder: "Wanneer jy hierdie uitspraak uit die Evangelie, wat jy so afskuwelik vind, eers as `n kritiese denker alleen maar grammatikaal sou wou beskou, dan sou jy alleen maar uit die woordskikking met die eerste oogopslag gesien het dat die Godheid daardeur nooit `n regterlike veroordelende vonnis vir ewig (vanuit Haar almag) kon en wou uitspreek oor die sogenaamde verstokte sondaars nie!

[2] Want kyk, daar staan: "Gaan weg van My, julle vervloektes!" Gevolglik is hulle reeds vervloek, vir wie die gebod bestem is. Want anders sal daar moet staan: "Omdat julle altyd onverbeterlik teen My gesondig het, vervloek Ek, as God, julle nou na die hel in die ewige folterende vuur in!"

[3] As diegene egter, waaroor die Godheid so `n vonnis uitspreek, al vervloek is, dan volg dit daaruit, in die eerste plek, dat die Godheid hier, gladnie as regter nie, maar slegs as ordebringende herder optree, en die geeste wat hulle, deur die mag van hulle eie wil, heeltemal van Haar afgeskei het, in alle strengheid `n ander weg moet gaan, omdat hulle andersins, sonder enige band met die liefde van die Godheid, onmiddellik in die arms van die Almag sou beland, waar dit dan werklik met hulle gedaan sou wees!

[4] Ten tweede kom die vraag op, wie het hulle dan vervloek? Dit kan onmoontlik die Godheid wees! Want as die Godheid iemand sou vervloek, sal daar geen liefde in Haar wees nie, en ook geen wysheid nie. As die Godheid teen Haar werke te velde sou trek, sou Sy eintlik teen Haarself te velde trek en Haarself ten gronde rig, in plaas van om hulle steeds meer, van ewigheid tot ewigheid, op te rig deur die groeiende vervolmaking van Haar werke, Haar kinders.

[5] As die Godheid egter dientengevolge onmoontlik vanuit Haar almag as regter kan optree nie, maar alleen vanweë die liefde en wysheid as ordebringende herder, dan is dit tog duidelik dat sulke geeste alreeds vooraf deur iets anders geoordeel moes gewees het. Deur wie dan wel? Die vraag is maklik te beantwoord, as mens maar genoeg selfkennis het om die volgende in te sien: Enersyds het `n wese `n volkome vrye gees en wil, wat eintlik voortkom uit die liefde en die wysheid van God. Andersyds moet dit egter, omdat dit van die almag geïsoleer kan word, om `n egte volkome vry wese te word, ook `n tydlank `n geoordeelde liggaam en `n uiterlike geoordeelde wêreld met eie eweneens geoordeelde prikkels hê. Hy kan dus deur niemand anders geoordeel en voorbestem word as deur homself nie. Die vrye wese kan alleen homself "vervloek", dit wil sê geheel en al van God afsonder.

[6] Die Godheid wat egter ook nie so `n wese se vryheid wil afneem nie, kan in die geval nie anders doen as om sulke afgedwaalde wesens in hulle geaardheid aan te roep en hulle met liefdevolle erns die weg te wys waarlangs hulle weer in verbinding kan tree met die liefde en wysheid van God. Buite hierdie verbinding is geen absolute vryheid en dus ook geen geestelike, ewige lewe denkbaar nie. Want sonder hierdie verbinding werk alleen maar die almag van die Godheid, waarin alleen die krag van die liefde en die wysheid van God as één wese van die almag, as die oerlewe van bestaan. Al die ander, van die oerlewe losgemaakte lewe moet in Haar ten gronde gaan en ewig verstar, omdat dit as sodanig onmoontlik ook maar die minste weerstand aan die immense krag kan bied!

[7] Daarom staan daar ook: God woon in die ewige ontoeganklike lig! Wat soveel wil sê as: God se almag, die eintlike magsgees van God, wat die oneindigheid vul, is vir die bestaan van iedere geskape wese, vir ewig ontoeganklik. Want iedere konflik met God se almag is die dood van die wese. Daarom word ook die sonde teen hierdie magsgees as hoogs noodlottig gekenmerk. Omdat `n wese, wat hom volledig van die Godsliefde afgeskei het en hom teen hierdie mag wil meet, onontkombaar totaal deur die onbeperkte krag verswelg sal word en slegs moeilik of selfs gladnie van haar vry te maak is nie. Net soos wat `n bladluis begrawe lê onder die puin van die Himalaya! Hoe sou jy haar daaruit bevry?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205