Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Robert se blymoedige instemming, Volgende kernvraag: Hoe is die ware Godheid gevorm

31 Robert sê: "Seer geëerde vriend! Wat kan ek oor hierdie saak meer dink as wat jy nou gesê het. Alles is duidelik, goed begryplik en tewens onweerlegbaar waar. Die Godheid kan werklik nie anders wees en nie anders handel as wat jy my so aangetoon het nie. Want dan sou die Godheid ophou om `n Godheid te wees, of dit sou minstens binnekort met al Haar skeppings volledig gedaan wees.

[2] Ek sien nou ook in dat iedere gees, as hy werklik gelukkig wil wees vir die hoogste geluksaligheid, `n groot ontvanklikheid, die tederste gevoel en `n fyn besnaarde waarnemingsvermoë moet hê, sodat die mees subtiele indrukke hom onmoontlik nie kan ontgaan nie. En dus moet hy, as `n lewende gees, met dieselfde ontvanklik­heid ook skerp indrukke met dieselfde aanvoelingsvermoë kan waarneem. Anders sou hy half dood, of geestelik verdoof moet wees, wat egter onmoontlik kan saamgaan met die krag van sy eie wil!

[3] Mens kan daarom vir homself die Godheid slegs so, soos wat jy Haar aan my beskryf het, in Haar diepste verhouding tot Haar skepsele, vir ewig bestaande indink. Ek kan dan ook nie verder daaroor nadink nie, omdat ek die noodsaak van wat jy dink, volledig insien.

[4] Nou kom `n ander kernvraag egter: "Waar is hierdie Godheid dan? In watter streek van die oneindigheid het Sy vir ewig Haar intrek geneem? Want Sy moet tog êrens in al Haar volheid tuishoort? Het Sy `n gestalte, en watter een dan wel? Of het Sy geen gestalte nie en is Haar wese iets oneindig, sonder vorm, sodat Sy juis daardeur alle vorme kan omvat? Kyk vriend, noudat ek die noodsaak van `n opperste Godheid duidelik insien, is ook die waar en die hoe van uiterste belang!

[5] Voor alles moet ek egter erken dat dit vir my baie beter sal wees, dat die Godheid tog in `n bepaalde vorm teenwoordig sal wees, en wel in die van `n mens. Want `n wenslike oneindige Godheid, of `n Godheid wat vir ons mense totaal vreemd is, sou nóg ek, nóg iemand anders met alle oorgawe kan liefhê.

[6] `n Wese wat mense nooit kan begryp en aanskou nie, kan mens nooit liefhê nie. Wiskundig is die vorm van `n perfekte bal wel die volmaakste; maar moreel gesien? Die groot ligballe aan die hemel sien wel baie mooi daaruit, maar dit gebeur deur die lig. Maar of mense so `n ligtende bal ook sou kon liefhê? Werklik, by hierdie vraag laat my gevoel my duidelik in die steek!

[7] Daarom, beminlike vriend, aangesien jy in alle erns veel meer met die Godheid skyn vertroud te wees as ek, moet jy eers daadwerklik na vore kom met die "waar" en "hoe" van die Godheid!

[8] Want van nou af aan hoef jy my nie meer te oortuig met bewyse soos tot nou nie. Ek is volkome oortuig van jou suiwer groot wysheid en wil jou op jou woord glo, wat jy ookal vir my sê. Daarom vra ek jou om my nie in onsekerheid te laat nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205