Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Oor die waaragtige en onwaaragtige geloof. Gevare en gevolge van `n stompsinnige, genotsugtige lewe!

33 Ek sê: "Luister, beste vriend! Tussen diegene wat jy gelowig noem en wat eg gelowig is, lê `n oneindige groot verskil. Jou geloof is suiwer traagheid van die verstand, terwyl die ware geloof die volle inset van alle kragte van liggaam, siel en gees vereis. Jou geloof is `n padda-geloof. Want soos wat `n padda genoeë neem met enige slegte poel, so neem `n dom gelowige mens genoeë met alle afval. Hy weet ten slotte nie om dit uitmekaar te hou wat hemels of hels is in die leer wat hy so dom-gelowig volg nie.

[2] Hoe kan jy `n prelaat (Roomse geestelike) gelukkig noem wanneer hy deur sy dom geloof onder beskermheerskappy van Rome, in sy klooster, ten koste van die domheid van sy onderdane, homself vetmes en `n goeie lewe lei. Is die aardse gelukkige lewe ook dalk `n gelukkige lewe in die wêreld van die geeste? O, volstrek nie, sê ek vir jou!

[3] Hoe meer iemand op aarde sy liggaam, as kerker van sy gees, gedien het, hoe meer hy hom gevoed en versorg het, en hoe meer hy hierdie kerker gewillig gegee het wat hy begeer, des te meer en des te stewiger is hy aan hom vasgegroei.

[4] Wanneer dit dan uiteindelik tot `n skeiding van hierdie kerker kom, hoe sal dit dan nie hard, moeilik en pynlik wees nie! Sal mens dan nie, soos by `n moeilike bevalling, waarby die liggaamsvrug op verskeie plekke letterlik met die baarmoeder vergroei is, ook die siel en die gees met alle geweld as`t ware stuk vir stuk moet losskeur van die vetgemeste liggaamskerker nie, vanweë die noodsaak om hulle vanmekaar in hulle vergroeide wesensdele, te kan skei? Sal so `n operasie ooit `n aangename gevoel veroorsaak vir die liggaam, siel en gees? O, dit alleen is `n marteling wat met geen enkele aardse te vergelyk is nie, wat Ek maar al te goed ken! As jy nou egter die bittere gevolg byna altyd met sekerheid kan verwag na so `n aardse gelukkige lewe, sê dan eers, of jy so `n lewe gelukkig kan noem?

[5] Glo My, sorglose en egoïstiese diksakke, sowel as ontugtiges en hoerelopers, wat deur hulle eie vlees geoordeel is, sal hulle baie kan verwonder oor die merkwaardige pyn wat die dood van hulle liggaam hulle sal berei!

[6] Met hierdie pyne begin egter eers die "geluk" van so `n dom gelowige! Kom die "gelukkige" wese dan as`t ware heeltemal verskeurd en deursteek in die geesteswêreld aan, waar die gevoeligheid vir elke indruk oneindig toeneem, omdat die siel, wat eers deur die growwe liggaam beskerm was, hier heeltemal onbeskermd is, dan eers begin die eintlike smartlike "geluk" wat jou dom gelowigheid veroorsaak het!

[7] Wanneer jy egter die "geluk" verlang, doen dan dit waardeur jy dink om gelukkig te word. Ek staan daarvoor in dat jy baie gou anders sal gaan dink en oordeel!

[8] Ekself het egter geleer: "Wees volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is." En Paulus verlang dat mense alles noukeurig sou ondersoek en die goeie daaruit behou. Sê eers, word `n dom geloof daarmee aangeraai, wat geen geloof is nie? Of `n egte lewende geloof, wat hemelhoog verhewe is bo alle kennis! Oordeel nou self of dit wat jy geloof noem, wel geloof is. Eers dan sal Ek jou presies verklaar wat waaragtige geloof eintlik beteken! Spreek jy nou; dit is nou weer jou beurt!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205