Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Tweërlei kenvermoëns van die mens. Slegs die lig van die Gees verskaf die ware geloof. Oefening en reinheid van sedes.

35 Ek sê: "Vriend, solank die mens definisies slegs vanuit sy verstand formuleer, kan hy oor geloof en oor gebed ook geen ander mening hê as wat jy My heel onomwonde te kenne gegee het. Want die verstandelike denke bied die mens geen ander weg as die van die stoflike sien en die sintuiglike waarneming nie. `n Geestelike, lewendige geloof kan egter in `n sinlike gemoed ewe weinig wortel skiet as `n koringkorrel op granietrots. Hy het wel `n stewige ondergrond daar, maar omdat die harde rots geen vog bevat wat die koringkorrel kan oplos en die kiem vrymaak nie, bly die korrel op die harde rots `n tydlank wat hy is. Mettertyd sterf hy heeltemal af, omdat hy geen voedsel het nie. Wat baat al jou kennis en verstandelike gehoorsaamheid, wat jy geloof noem, wanneer jou gees geen deel daaraan het nie?

[2] Kyk, iedere mens het `n tweevoudige kenvermoë: Een uiterlik, dit is die kop- of eintlik die uiterlike sielsverstand. Met dié kenvermoë is die goddelike wese nooit te vat en te begryp nie, omdat dit alleen aan die siel gegee word om die gees in haar voorlopig van die Godheid te skei en die Godheid `n tydlank vir die gees verborge te hou. Wil die siel nou met die uitsluitlike negatiewe vermoë God soek en vind, dan verwyder sy haar steeds meer van haar doel, namate sy dit hardnekkig langs hierdie weg bly najaag.

[3] Maar die siel het nog `n ander kenvermoë, wat nie in haar kop nie, maar in haar hart setel. Die vermoë heet innerlike gemoed en bestaan uit `n heeltemal eie wil, uit die liefde en uit beide gemoedselemente ooreenstemmende voorstellingskrag. As sy eenmaal die begrip van die bestaan van God in haarself opgeneem het, dan word dit dadelik deur die liefde omvou en deur haar wil vasgehou, en hierdie vashou is dan eers die "geloof".

[4] Deur die geloof, wat lewend is, word die ware gees gewek. Hy kyk dan na wat hom wakker gemaak het, herken dit en neem dadelik besit daarvan, rig hom daarna op as `n magtige lig uit God en deurdring dan die siel en verander alles in haar as lig. En die lig is dan die eintlike geloof waardeur iedere siel salig kan word.

[5] Het jy ooit iets oor die enige ware geloof verneem? Jy sê vir jouself: Hierdie manier van glo is vir my volkome vreemd; want om in die hart te dink, is volkome onmoontlik! Ja, so is dit ook. Die saak moet vir jou wel as onmoontlik voorkom.

[6] Om in die hart te kan dink, moet `n mens homself oefen. Hierdie oefening bestaan uit die steeds opnuut opwekking van die liefde tot God. Deur die opwekking word die hart versterk en verruim, waardeur die bande van die gees losser word, sodat sy lig (want iedere gees is `n lig uit God) hom steeds meer en vryer kan ontwikkel. Begin die lig van die gees dan die eintlike lewenskamer van die hart te verlig, dan word ook die tallose oertipes aan die eweneens tallose wande van die lewenskamertjie steeds duideliker in suiwer geestelike vorme sigbaar, en aan die siel ter beskouing gegee. En sien, die beskouing van die siel in haar hart is dan `n nuwe manier van denke. Die siel kom dan tot nuwe begrippe en tot groot en duidelike denkbeelde. Haar gesigsveld brei met iedere polsslag uit. Die steen des aanstoot verdwyn, namate die verstand in die kop verstom. Dan word daar nie meer na die bewussyn gevra nie. Want die lig van die gees verlig die innerlike vorme só, dat dit na geen enkele kant `n skadu werp nie. Daardeur word ook alles wat ook maar `n sweempie van twyfel het, vir ewig uitgeban.

[7] En so moet dan `n geloof, wat op hierdie manier in die hart, en nie in die kop sy setel het nie, `n ware en lewende geloof genoem word: Waar, omdat dit voorkom uit die onbedrieglike lig van die gees; en lewend, omdat in die mens alleen die gees in die waarste sin van die woord, lewend is!

[8] In die geloof lê dan ook die uitsonderlike krag, waarvan daar twee keer in die evangelie sprake is.

[9] Om egter tot die alleen saligmakende geloof te kom, moet mens ernstig daarna strewe om in eersgenoemde oefening so spoedig moontlik bedrewe te word. Want wanneer `n mens te veel en te lank slegs gesorg het vir die ontwikkeling van sy verstandelike vermoëns en daarmee net gesorg het vir die aardse doeleindes en welsyn, dan is dit vir so iemand onmoontlik om ook in sy hart te kan dink.

[10] Verder moet die mens ook geheel en al rein van sedes wees. Jy mag geen swelger wees, en veral geen sinlike ontug bedrywe nie. Want ontug en hoerery dood die gees byna geheel en al, of wanneer dit nie die gees kan dood nie, verhinder dit vir altyd die vrye ontwikkeling van sy lig. Hierdeur gebeur dit dan ook, dat sulke hoereerders veral op gevorderde leeftyd volslae stompsinnig word en vir hulle mat lewe dan nog net vrolike momente ontlok, wanneer hy na `n brasparty, een of ander meisie kan aangaap en betas.

[11] Was dit nie dalk by jou die geval in die laaste tyd nie, toe jy die vroulike geslag alleen maar gesien het as `n suiwer lusobjek nie? Het jy nie ook in sulke onsuiwer genoegdoening die eintlike aardse geluksaligheid gevind nie? En as jy nou sal oorgaan in `n suiwer geestelike saligheid, is daar in jou byna geen grond waarop mens iets sou kan bou nie. Kyk maar, rondom jou is alles leeg, so leeg soos in jou hart, en net so wesenloos as in die lewenskamertjie van jou hart.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205