Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

`n Nuwe lewe uit die Goddelike Gees begin. Aankondiging van `n nuwe vryheidsproef. Op `n hoër erkenningsvlak

40 Ek sê: "Beste broer en vriend! Ek sê vir jou, jou sonde is jou vergewe, omdat jy jou so verdeemoedig het dat jy die waarde van jou uiterlike verstand totaal opgegee en in plaas daarvan die verstand van jou hart aangeneem het. Daarom sal al jou aardse gebreke van nou af nie meer ter sprake kom nie!

[2] Jy het nou `n heel nuwe lewensfase begin, waarin jy nogmaals `n vryheidsproef moet deurmaak. Daardeur word jy die geleentheid gebied om jou ou aardse mens heeltemal af te lê en in plaas daarvan die innerlike mens uit My volledig te voorskyn te laat kom.

[3] Tot nou tot was jy sonder geselskap en het jy ook geen vaste grond gehad om jou voete op te sit nie. Die skraal grond hier kom presies ooreen met die leerstellings wat jy aangeneem het, wat jy as nuwe-katoliek aan My evangelie ontleen het. En Ek het jou presies so tegemoet gekom soos wat jy My op aarde tegemoet gekom het, met behulp van jou verstand, en My in jou hart voorgestel het; naamlik as slegs `n baie wyse leraar uit die verlede. So kon Ek egter nie bly nie, maar Ek moes jou deur allerlei leringe sover bring, dat jy My uiteindelik uit jouself moes sien as Die Een wat Ek al ewig is en ook ewig sal bly!

[4] Maar die insig is nog lank nie genoeg nie. Jy moet, om die ware hemelryk te verkry, die insig ook verlewendig met die ware liefde tot die naaste en daardeur met alle liefde tot My!

[5] Daarom sal Ek jou na `n plek bring waar dit jou beslis nie aan gevarieerde geselskap sal ontbreek nie. Jy sal `n aansienlike stuk grond kry, met `n groot en goed toegeruste woonhuis, en wel aan `n hoofweg in `n baie bekoorlike omgewing. Ook sal daarvoor gesorg word vir `n aansienlike personeel staf, wat jou op jou geringste wenk sal gehoorsaam.

[6] Baie reisigers sal van die aarde af hier in die geestelike wêreld verbykom en by jou huis verbytrek en ook hier by jou aanklop. Daar sal vriende en vyande by wees. Maar sorg daarvoor, dat jy almal met opregte liefde ontvang en hulle gee wat hulle nodig het, omdat hulle almal My kinders, en dus ook jou broers en susters is. Dan sal jy al die veelvoudige verkeerde dinge weer goedmaak, wat jy op aarde weliswaar nie deur jou wil nie, maar alleen deur jou geestelike onverstand bederwe het. Ekself sal dan weer na jou toe kom en vir jou sê: Omdat jy hierdie klein huishouding goed beheer het, sal jy nou voor `n groter taak gestel word!

[7] Neem jou bowenal in ag vir woede en wraaksug, asook vir onsuiwer liefde, waarvoor dit jou nie aan geleenthede sal ontbreek nie. Dan sal jou nuwe lewensopgawe sekerlik binnekort volbring wees en jou ware, ewige lewensgeluk sal vanaf daardie oomblik werklik begin te straal.

[8] Wees ook op jou hoede vir nuuskierigheid! Want dit maak geen enkele gees beter en ligter nie, maar maklik slegter en meer duister. As jou kragte jou te kort skiet, dra dan alles aan My op, en jy sal spoedig voldoende hulp kry.

[9] Nou weet jy alles. Sê My daarom nou, of jy met my voorstel tevrede is? Waarna ons onsself onmiddellik op die bepaalde plek sal bevind!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205