Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Robert: "U wil is my lewe"! Die Heer: "Liefde vir Liefde".

41 Robert sê: "O, Heer, U is nou vir ewig my enigste liefde! Ek vind alles onuitspreeklik goed, wat U ook maar van plan is om met my, arme sondaar, te doen. Ek kan alles slegs sien as U onmeetlike genade en erbarming! Wat is ek dan wel voor U? Wat is die stof in vergelyking met Hom, wat die eindelose ruimte uit eie krag geskape het en met tallose wonderwerke van Sy ewige liefde en wysheid vervul het. U heilige wil is my lewe! Hoe sou ek daarom dit onregverdig kan vind, wat U vir My beslis? O, Heer, U Naam word geheilig en laat U wil my lewe wees!

[2] Wat in my vermoë lê, sal ek met `n vreugdevolle hart doen! Want U, my God en enige liefde, het my tog self gebied. Waarom sou ek dit nie bo alles heilig en in my liefde vir U welkom wees nie?

[3] Dat U my sigbaar wil verlaat, sal vir my baie pynlik wees. Maar ook dit is U heilige wil. En dit sal U weer by my terugbring wanneer my hart U eers waardiger sal wees as nou, noudat ek voor U heiligheid byna sou kan vergaan van werklike skande! Hoe kon ek so lank so onbegryplik blind en afgestomp gewees het, dat ek U nie met die eerste oogopslag herken het nie en U selfs met `n weerbarstige manier tegemoet getree het!

[4] O, Heer, my groot dwaasheid verlam nou my altyd dwase tong, sodat ek nouliks meer in staat is om met U, Allerheiligste, te kan spreek. Bring U wil so gou moontlik ten uitvoer!"

[5] Ek sê: "Wel, wel, My geliefde broer…!"

[6] Robert sê egter baie vinnig: "O, my Heer, noem my "stof" en "niks", maar nie "broeder" nie! Want hoe kan `n "niks" `n broer vir U wees?

[7] Ek sê: "Ek sal wel die beste weet of en hoe jy vir My ook `n egte broer kan wees. Wees jy nou nie daaroor bekommerd nie. Ek sien nou skielik iets in jou hart, wat hom skielik gevorm het! En daarom sal beide van ons by jou komende lewensproef nie sover van mekaar af wees as wat jy jou voorstel nie. Want wanneer iemand deur so `n liefde begin om op te bloei, soos dit nou by jou skielik die geval is, sal sy weg in die vervolg met baie min stene des aanstoot besaai wees.

[8] Kyk, My beste Robert, al jou sonde is jou vergewe, en Ek het jou onbeskryflik lief, omdat jy My nou ook begin liefhê! Hoe sou Ek jou dan kan verlaat? O, nee. Wees maar nie bang nie!

[9] Omdat jy My so liefhet, sal Ek jou nie verlaat nie, maar Ek sal met jou in jou huis intrek en met jou saamwerk! En daarom sal Ek jou baie kwytskeld van dit wat jy andersins sou moes deurmaak. Want hy wat baie liefde het, sal ook baie vergewe word!

[10] Jy sal ook alles deurmaak wat Ek jou al vroeër gesê het, maar aan My sy. Sê my nou eers, geliefde broer, of die voorstel jou beter geval as die vorige een?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205