Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

`n Ware broer. Die gelykenis van die skyfskieter. Alles word bepaal deur die liefde tot die Heer.

42 "O Heer", sê Robert na `n rukkie, "as U my, `n sondaar voor U, tog maar nie "broeder" wil noem nie! Want so `n enorme groot genade is ek tog ewig nie werd nie!"

[2] Ek sê: "Laat dit verder maar rus. Nou leef My ewebeeld tog immers in jou. Deur jou liefde tot My is jy immers in My soos wat Ek in jou is, en daarom is ons een in die liefde. En sien, hierdie eenheid vorm `n egte broer. Ook al staan ons volkome op ons self, dan staan dit tog die innige verbroedering nie in die weg nie, wat tog `n egte eenwording deur die liefde is. Want daar bestaan maar net één ware liefde en één waaragtige goedheid en hulle is identiek en dus één in alle engele en ander salige geeste, en volkome gelyk aan My liefde en die goedheid uit haar. En sien, hierdie volledige gelykheid heet waarlik "`n broer"!

[3] En so is jy vir My, omdat jy My nou waaragtig liefhet, ook `n egte broer. Soos wat Ek eens op aarde alleen die wat My daadwerklik nagevolg het, broers kon noem; nie uit `n soort vriendelike hoflikheid nie, maar volledig volgens waarheid. Wees in die vervolg nie meer besorg daaroor as Ek jou "broeder" noem nie, want nou weet jy ook waarom!

[4] Sê My nou eers of die tweede voorstel beter is as die eerste?"

[5] Robert sê: "O Heer, Allerbeste, heilige Vader van alle mense en engele, daar is niks meer oor om te sê nie; elke vergelyking val vanself weg. Want wat U bepaal, is steeds die allerbeste, omdat U, as die eindelose goedheid, dit so bepaal het. Dat die tweede voorstel vir my eintlik beter is as die eerste, is vanselfsprekend. Want om U, liefdevolste Vader, al is dit ook maar skynbaar, te moet mis, kan tog sekerlik vir geen wese wat U so onbeskryflik liefhet soos ek, baie aangenaam wees as wanneer hy U as sy alles ook persoonlik sigbaar naas hom het nie!

[6] Maar aangesien U so eindeloos barmhartig is, vra ek U uit die diepste van my hart om my genadiglik te wil aandui wat ek dan moet doen, sodat ek U liefde ten minste iets waardiger mag wees, wat ek jammer genoeg, tot nou toe nie was nie!

[7] Ek sê: Geliefde broer, Jy het op aarde tog meermale `n spel gesien wat "skyf- of prysskiet heet? Jy sê vir jouself: "O ja, ek het dikwels ook self saam geskiet, en selfs partykeer `n prys gewen! Goed, sê My dan net, hoe en waarom het jy dan die prys gewen? Almal wat met die skiet `n prys wil wen, moet tog dieselfde som inlê en tog het jy die prys gewen!

[8] Jy sê nou vir jouself: "Omdat ek gelukkiger was om die middelpunt van die skyf raak te skiet. Diegene wat die prys uitreik, het daar, goed beskou, geen voordeel daarvan nie, maar hulle het tog `n groot plesier daarin dat ek in die roos kon skiet!"

[9] Ek sê verder vir Robert: "Sien, so is dit ook by My; Ek is `n ewige prysuitdeler vir al My skepsele en in die besonder vir die kinders wat uit Hom voortkom. Die skietskyf is My Vaderhart en die skutters is my kinders. Hulle skietgewere is hulle eie harte en die prys is weer Ekself en die mees volkome ewige lewe met en uit My.

[10] Wat moet die kinders derhalwe doen om die prys, wat Ek vir hulle bestem het, te wen? Kyk, niks ander as om hulle harte met skerp ammunisie te laai en daarmee op die sentrum van My hart te skiet nie! En wanneer hulle dit raak, het hulle ook reeds die prys van hulle lewe binnegegaan! En by My gaan dit des te makliker, omdat ek heeltemal geen inset verlang nie, aangesien Ek iedereen toestaan om gratis te skiet!

[11] Soos wat jy op aarde soms die beste skutter was, het dit jou hier ook geluk om die sentrum van My hart met joune te tref. En sodoende het jy ook alles wat Ek van jou verlang, naamlik, die ware liefde. Dit alleen maak My wederliefde waardig, omdat dit alleen deur My erken word as werklike verdienste. Waarom sou daar nog ander verdienstes vir My genade nodig wees? Want as Ek nou tevrede is met jou, dan sal Ek graag wil weet wat jy nog verder sal kan doen, wat nog waardiger vir My sal wees.

[12] Hoe jy egter My liefde in jou ook sal moet meedeel aan ander van jou medebroers van verskillende geaardheid, moet jy jou in jou toekomstige posisie eers jou eie maak, maar dit sal jou nie as `n groter verdienste aangereken word nie. Want die groter vervolmaking van jou wese val jou alleen ten deel, omdat jyself soveel saliger sal kan word, dus alleen maar as voordeel vir jouself. Maar van waardiger word vir My genade kan daar geen meer sprake van wees nie, omdat jy onmoontlik meer kan doen as om My bo alles lief te hê nie, en dit is die enigste wat Ek van jou en van al die ander verlang.

[13] Maak jou dus nie besorg oor `n groter verdienste, wat Ek nimmer as te nooit nodig het nie. En let nou op wat daar voor jou oë gaan afspeel.

[14] Kyk, ons bevind ons in nou nog op ons armsalige klein wêreldjie, en jy gewaar nog niks buite hierdie wêreld nie, wat ons slegs `n beperkte standplaas bied. Jy was van mening dat hierdie wêreld so `n klein, beginnende komeet was, waaruit oor triljoene van aardse jare uiteindelik `n planeet tevoorskyn sou kom. Hy sou ontstaan het deur die aantrekkingskrag van My wese, waardeur atome uit die eindelose eter hulle rondom My sou versamel. Maar dit is nie so nie!

[15] Hierdie klein, uiters kaal en skamele wêreld kom uit jou voort en kom volledig ooreen met jou tot nou toe aanwesige innerlike toestand, waarin en waarop Ek uiteraard die allerbeste is. Soos hierdie wêreld, en soos wat jy My in die begin waargeneem het, was die toestand van jou innerlike: Die grond klein en swak en Ek op hierdie grond, as net `n suiwer mens!

[16] Nou egter, noudat jou hart My herken het en in alle liefde tot My ontbrand het, sal uit hierdie klein en baie powere wêreld gou `n groter, vaster en ryker wêreld ontstaan.

[17] Ek handhaaf alleen nog die innerlike afskerming in jou, sodat die sterk lig van jou gees nog nie in jou siel kan binnestroom nie. Maar as Ek nou die skerm binne in jou siel sal stukkendskeur, soos die voorhangsel in die tempel, waardeur die allerheiligste vrygestel word, dan sal jy oombliklik `n ander wêreld aanskou en jou buitengewoon verbaas. Dus, let nou goed op!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205