Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Wonderbaarlike binnenste van die huis. Robert se ergernis oor dit wat hy in die tuin sien. Skandalige tonele by die Weense geselskap. Die Heer onderneem `n sielekuur vir die booswigte.

48 Robert sê: "O vriend en broer, is dit nie pragtig nie! Jy sien werklik nie van buite af dat hierdie huis sulke heerlike, ruim vertrekke het nie. En hoe mooi is die uitsig nie deur die hoë vensters nie. Ag, hoe heerlik sien die tuin nie daaruit met die bergkettings in die verte nie! En hoe lieflik is die baie aardige huisies op die omliggende lae heuwels! Ag, dit is werklik meer as hemels!

[2] Maar kyk tog net uit die eerste venster! Wat se gespuis is dit nou? Nee, maar so `n ordinêre geselskap het ek nog nooit teëgekom nie! Kyk daar! O, die toppunt van onbeskaamdheid! Kyk, `n groep ligsinnige meisies vermaak hulle met die losbandige kêrels. Ag, dit is te baar! Hulle moet ons tog uit die tuin verwyder!"

[3] Ek sê: "Sien jy, daar het jy al so `n paar 'Weense produkte'! Dit is dieselfde mense wat sover met alles ingestem het wat jy gesê het. Toe ons die huis binnegaan, het hulle egter eerder buite gebly en hulle vermaak hulleself nou op hulle eie geliefde manier! Kyk maar net om jou heen en tel hulle wat ons na binne gevolg het, en jy sal nie één daar vind nie. Want die hoerespeletjies vind hulle belangriker as ons en jou lesse, en dit sal nog lank so bly!

[4] Wanneer jy nou na buite gaan en `n preek hou, dan sal een en almal vir die skyn eens wees. Ek sê vir jou, daar is nouliks `n soort sondaar te vinde, wat moeiliker te bekeer is, as die sinlike sondebokke. En wel omdat hulle uiterlik alles vlot aanneem, as hulle maar nie belemmerd voel in hulle innerlike genotsug nie. Probeer egter net om hulle die genot ernstig te verbied, dan sal jy nog raar opkyk oor hulle weerbarstigheid en hulle grofheid. Ons laat hulle nou maar uitraas en hulle lus bevredig. Daarna sal ons weer na buite gaan en hulle vra waarom hulle nie meer na binne gegaan het nie. Jy sal jou baie verbaas oor die verontskuldiginge waarmee hulle by ons sal aankom.

[5] Maar eers sal Ek nog toelaat dat hulle enkele baie goed bedeelde en gevormde meisies op die lyf sal loop. Dan eers sal jy staaltjies van ontug te siene kry. Let dus maar goed op."

[6] Op dieselfde oomblik kom daar twaalf baie mooi meisies by die geselskap aan. Meteens klink daar `n soort oorlogsugtige jubelkreet op, en al wat man is, stort hulle soos tiers op die meisies neer.

[7] Robert ontplof byna van ergernis oor hierdie brutaliteit en wil met donder en geweld na buite hardloop. Maar Ek hou hom wyslik daarvan terug en hy werp slegs so nou en dan vol verbete woede `n blik deur die venster.

[8] Na `n rukkie, toe Robert hom genoeg vererg het oor die skandalige ontugtige gedrag van sy Weense vriende, sê hy vir My: "O Heer, nou het ek my werklik meer as genoeg vererg! Maar by al U heiligheid, wat waar is, is waar, die egte gespuis is geen haar beter daaraan toe nie. En sodoende sien ek nou in, dat dit van my kant `n groot domheid was, omdat ek my so kwaad gemaak het daaroor.

[9] U sou die toestand dadelik kon verander, as U dit sou wil, en U wysheid dit goed en regverdig sou vind. Maar U, wat enorm geduldig, liefdevol en sagmoedig is, sien die liederlike tafereel so rustig aan, asof so-iets nie die minste ergernis sou kon gee nie! Wel, dan sal ek my in die vervolg nie meer vererg nie, al sou die gepeupel dit baie rowwer aanmaak as tot nou toe!

[10] Ek begryp dit alleenlik net nie, hoe by origsins ontwikkelde mense so `n liederlikheid tot hartstog kan uitgroei. Ek was tog ook `n baie warmbloedige mens en ek het ook so nou en dan aan my liggaamlike verlangens toegegee. Maat hierdie daad het by my nie ontaard in hartstog nie. Want ek het my daarby steeds geskaam en het dikwels vir myself gesê: "Robert, wat is jy nou? Jy sou in alle opsigte `n man moet wees, en jy is…`n dier! Skaam jou! Robert, jy is so dom soos `n esel! Jy is geen man nie, jy is `n vroue gek! Hoe kan jy nou so swak word! Duisendmaal foei! Op hierdie manier is jy geen man nie. `n Dier kan nie bewustelik handel nie, maar dit slegs instinktief geniet.

[11] Sulke, en dikwels nog harder lesse het ek myself gegee, as ek so nou en dan swak geword het, veral as ek by feestelike geleenthede te diep in die glasie gekyk het. Maar tot hartstog het dit nooit by my gekom nie.

[12] Hierdie vulgêre kêrels begaan hierdie dade egter met `n hartstogtelike begeerte. Wat my die meeste verwonder is dat die ou bokke en esels hier die ergste tekere gaan! Kyk net daar buite, onder die vyeboom, daar het drie ou kêrels een meisie gepak en gaan met haar te kere. Jy sal hulle tog wil losslaan! Hou die liederlike gedoe dan nooit op nie?"

[13] Ek sê: "Wees nog bietjie geduldig! Ek wil nog meer meisies na hulle toe stuur. Die sal nog aantrekliker uitsien as die eerstes, maar hulle sal meer ingetoë en preutser wees. Ons sal sien wat jou vriende met hulle sal doen.

[14] Robert sê: "Heer, ek dink dat mens nie alwetend hoef te wees om dit te sien aankom nie! Dan sal hierdie kêrels nog baie geiler word. Ek wil nie eers meer na buite kyk nie, as die dom spektakel weer sal begin! Maar sê my net, Heer oor alle hemele en wêrelde, hoe sal dit uiteindelik afloop? Sal hierdie stommerike dan nooit genoeg kry nie? Sal hulle, in plaas van om geeste te word, dan nou in egte diere verander?"

[15] Ek sê: "Wees maar rustig, jy sal dit spoedig in die korrekte lig sien. Jy moet, net soos Ek, maar net `n toeskouer bly. Wanneer Ek jou oë verder sal open, sal jy eers volkome leer en insien, hoe mens hier te werk moet gaan om dergelike diere moontlik nog tot mense te omvorm. Wat die liefde hier nie kan vermag nie, word dit dan aan die hel, sy eie strafoordeel wat in elke siel woon, oorgelaat. Maar nou rustig! Kyk, die meisies kom al!"

[16] Robert kyk uit die venster, kyk na die nuwe aangekome meisies en sê na `n rukkie: "Werklik waar, hierdie meisies, so `n twintigtal, sien volgens aardse maatstawwe, nie so sleg daaruit nie! Wel alle meisies, die eerste drie is gekleed soos die beste Paryse balletdanseresse. Hulle gaan verseker voor hierdie Weense diermense `n dans ten beste gee, om hulle nog begeriger te maak?

[17] Volgens my menslike mening sou dit werklik beter gewees het as daar, in stede van hierdie mooi danseresse, `n paar dosyn bere opgemarsjeer kom. Wel sou hierdie sterk woud- en alpedansers nie met hulle laat spot nie, en op my dierevriende `n heilsamer uitwerking hê as hierdie balletdames met hulle mooi voetjies en goed gevormde boesems.

[18] Dit verbaas my egter, dat die Weense geeste hulle by die sien van hierdie skoonhede, hulleself nog so lank kan inhou, en hulle hierdie nuwe danseresse uit die geesteswêreld nie, soos die vorige, met die eerste aanblik al dadelik soos woedende honde aangeval het nie! Waarskynlik imponeer hierdie skoonhede hulle tog in `n hoë mate en waag hulle dit nie aan hulle nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205