Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Pogings om in die leë ruimte te loop. Selfgesprekke oor die niet en oor die voortbestaan. Vloeke teen God, die veroorsaker van die leed.

5 Nou maak ons man met sy voete die gewone bewegings om te loop, maar omdat hy geen grond onder sy voete voel nie, lyk dit vir hom asof hy nuttelose swaaiende bewegings maak wat hom nie vooruitbring nie. Hy dink daarom na om `n ander manier van voortbeweging te gebruik en sê:

[2] "Ek moet met my hande en voete op `n spesiale manier deur hierdie liglose lug probeer swem! Om te voet vooruit te kom, moet jy vaste grond onder jou voete hê. Maar as dit ontbreek, moet daar geswem of gevlieg word! Om te vlieg, het jy vlerke nodig, wat `n kaal tweebenige nie het nie. Wat bly daar nog anders oor as om die aanwesige kragte so doelmatig as moontlik te gebruik. Dus maar swem!"

[3] Nou begin hy swembewegings met sy hande en voete te maak, maar bespeur geen vooruitgang deur een of ander lugstroom nie. Dit bring hom nie van stryk nie en hy gaan voort met sy pogings om te swem. Hoe meer hy hom inspan, des te meer merk hy dat al sy moeite tevergeefs is. Hy voel dat die swart lug hom nie die geringste weerstand bied nie en daarom staak hy sy bewegings weer. Hy sê:

[4] "Esel en gek wat ek is, waarvoor sal ek my tevergeefs moeg maak? Ek bevind my nou in die suiwere niet, waarom sal ek nou verder wil deurdring in die niet? Ook ek wil binnegaan in die rus van hierdie niet, om in haar ook in die niet oor te gaan. Ja, dit is die weg na die volledige vernietiging. Weet ek maar of ek werklik doodgeskiet is. Maar dan moet ek volkome dood wees, wat by my nie die geval is nie. Ook merk ek niks van een of ander ontbinding nie!

[5] Of sou daar na die dood werklik `n lewe na die dood wees? Ek is egter dan hier met huid en haar, en selfs met my klere aan! Het die siel dan ook bene, huid, hare en kleding? As dit so is, sal my jas dan ook `n siel hê? Nee, so `n veronderstelling sou tog die hele oneindigheid hard laat lag! Hahaha! Die onsterflikheid van `n jas sou nog veel erger wees as die wonderbaarlike krag van die lyfrok van Christus in Trier! En tog, as ek siel is, het my jas dan saam hierheen verhuis!?

[6] Nee, duisend keer nee! Ek is geen siel nie, ek is Robert Blum, die afgevaardigde by die Ryksdag te Frankfurt! Hier in Wenen het ek agtergekom wat Oostenryk wil hê. Ek weet dat die hele strewe van die staat is om die absolutisme opnuut te vestig. Ek het daarteen gestry soos `n reus. Maar deurdat die kanonne van die teenparty sterker was as my goeie wil, moes ek, met inbegrip van my goeie saak, tog nog die aftog blaas en my uiteindelik laat neerskiet! `n Dierbare loon vir `n hart wat die vaderland trou toegewyd is! O, vervloekte lewe!

[7] As daar `n God bestaan, wat se plesier kan Hy dan hê dat mense ter wille van `n troon en vanweë menslike verskille mekaar gruwelik doodslaan? En omdat daar altyd sulke dinge op aarde gebeur, en so iets nie kan uitgaan van `n God, wat logies en fisiek alleen die suiwerste liefde kan wees, moet daar wel geen God wees nie! Of as daar `n God is, dan is Hy maar `n vloekwaardige noodlot (fatum) wat die wesens beskou as speelgoed vir Sy grille. Daarom, en ek sê dit nog een keer, vervloek is elke wese wat mense skep om hulle ellendig ten gronde te laat gaan!

[8] Maar nou stil. Want as ek in die niet die gewensde, totale vernietiging wil vind, maar steeds met myself praat, dan wek ek myself daardeur uit die vernietiging op en word ek weer lewend deur die opnuut opgewekte lewenskragte. Dus nou volkome rus, sodat die vernietiging kan kom!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205