Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die goeie werk van Robert se gees. Die minsaamheid van die Heer ontroer sy hart. Sy medelye kom die danseresse ten goede.

52 Ek sê vir Robert: "Beste vriend, broer en seun, jy het werklik `n buigsame hart en dit is vir My `n groot vreugde. Jy spreek asof jy uit jouself spreek en tog spreek Ek, deur middel van jou! Dit is `n goeie saak hier in die ryk van die geeste, wat die mond van die vriend luid kenbaar maak, wat daar in werklikheid en volgens waarheid in die hart van sy naaste omgaan. Jou hart verneem My gedagtes noukeurig en sy herken My wil! En sien, dit alles is die werk van My reeds ontwaakte gees in jou.

[2] Die suiwer gees uit My kan daarom ook in My diepte deurdring en daar My gedagtes en My wil aanskou en deurgrond. Dit is nou by jou sterk die geval; vandaar dat jy presies in jou hart waarneem wat ek dink en wil, asof jy hier `n duisend jaar in hierdie heilige dinge ingewy was! Gaan maar so aan, dan sal jy binne `n kort tyd `n bekwame werktuig vir My word.

[3] En nou sal ons, omdat ons danseresse al weet wat hulle te doen staan, dan dadelik die deur open, waaragter ons dadelik die Weense drietal helde sal aantref waar hulle debatteer.

[4] Ek moet jou nog net vra, of die danseresse so nog mooi genoeg is, soos wat jy hulle nou sien? Of sal ons hulle nog mooier maak?

[5] Robert sê met `n glimlag: "Heer, U is so goed, sag en vriendelik, dat dit alle begrip te bowe gaan. U spreek werklik nie met my as ewige Heer van die oneindigheid nie, maar as `n ware aardse vriend tot die ander, en asof U werklik my raad sou nodig hê! Ja, dit maak U nog groter in my gemoed, as wanneer U `n menigte nuwe wêrelde en hemele voor my oë sou skep. Dat U as God en Heer, oneindig magtig in Uself, ook oneindige dinge kan vorm, vind my hart baie natuurlik. Maar dat U met my, u skepsel, ewe vertroulik spreek en omgaan soos `n egte broer met die ander, dit laat my totaal verstom oor U grootsheid!

[6] Wat die mooier maak van die danseresse betref, dit laat ek heeltemal aan U oor! Die eerstes sien na my oordeel heeltemal nie sleg daaruit nie, want hulle is nog baie stewig en mooi! Maar die ander lyk wel erg verkreukeld en hulle jurke laat my skielik dink aan die kleding van rondtrekkende komediante. Wanneer U hulle in beter daglig wil plaas, sal dit geen kwaad doen nie, vooropgestel dat hulle nie ydeler word daardeur nie. Nou skyn hulle nie veel las te hê van ydelheid nie, wat waarskynlik die rede sal wees dat hulle hulle meer op die agtergrond sal hou."

[7] Ek sê: "Baie goed, my allerbeste Robert, soos wat jy dit wens, sal dit ook gebeur. Kyk, daar teen die muur staan `n kas. Open hom en toon die inhoud aan die danseresse, wat volgens jou vir `n verfraaiing in aanmerking kom. In hierdie kas sal jy `n hoeveelheid klere vind wat hulle goed sal pas, dit moet hulle aantrek."

[8] Robert doen dadelik wat hom aangeraai word en die danseresse het `n egte plesier daarin en verklee hulle baie vinnig in die nuwe klere.

[9] Toe hulle binne enkele oomblikke weer pragtig gekleed gereedstaan, kan Robert hom nie meer verbaas oor hulle uiterlike nie. Hy kom vinnig na My toe en sê: "Maar hoe is dit nou moontlik! Nie alleen sit hierdie pragtige hemelse klere asof dit gegiet is nie, maar dit het ook `n invloed op hulle persoonlikheid. Hoe het hulle nou nie die allerlieflikste gesiggies nie! En hoe mooi blank en vol is hulle arms, wat eers so maer en hoekig was, nie nou nie. Hoe welgevormd is hulle boesems nie! En dan die voetjies! Nee, so-iets kry `n arme sondaar op aarde nooit te sien nie. Dit is ook maar goed, want so `n voetjie sou ek verseker op aarde agternageloop het! Hier, aan U sy, laat dit my egter volkome onverskillig.

[10] Maar nou steek hulle tog weer te veel af by die voorheen, mooier danseresse. U sal hulle ook ietwat beter moet klee!"

[11] Ek sê: "Baie goed, maak maar die bekende kas weer oop, daar sal ook nog genoeg klere vir hierdie meisies wees."

[12] Robert laat dadelik die eerste danseresse weet en hulle dans van vreugde en ook hulle klere sien binne enkele oomblikke buitengewoon hemelsbriljant daaruit.

[13] Hulle beval Robert nou nog beter as die eerstes, sodat hy nie uitgekyk kan raak op hulle nie. Hy kom weer na my toe terug en sê: "O Heer, wat vir U so maklik uit te voer is, dit sal so `n volmaakte gees nooit ten volle kan besef nie. Nee, hoe staan hierdie engeltjies nou so pragtig daar! Wat `n hemelse grasie, wat `n frisheid, en wat `n blydskap straal nou uit hulle mooi oë, dit is werklik nie te beskrywe nie! By my saligheid, wat sou my self tot `n kus…! Nee, nee, tog nie! Ook dit moet vir Blum één en dieselfde wees. Maar mooi is hulle, dit is waar! Nou my beste Weners daar buite: As julle hierdie danseresse sou sien, dan sal die duiwel weer `n bietjie na bo kom! Maar nou kan ons tog wel na die drie helde gaan?"

[14] Ek sê: "Ja, kom maar saam met My!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205