Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Jellinek se hart ontbrand in liefde vir Robert se vriend. `n Hemelse wyn. Jellinek se heildronk en die Heer se antwoord.

56 Jellinek kyk My vriendelik en met `n vaste blik aan en vra My: "Beste en beminlike vriend van ons broer Blum, sou ek jou mag vra of jy jou ook nader aan ons wil bekendmaak? Jy moet seker ook `n baie besondere mens wees, anders sou jy jou nie in die geselskap van ons edele vriend Blum bevind het nie!

[2] Ek sê: "Die toekoms sal julle alles onthul wat nog vir julle duister is. Maar gaan ook nou met My saam na die tafel van die Heer en versterk julle eers. Dan sal julle baie beter in staat wees om menige saak te begryp, wat nou nog `n raaisel vir julle moet wees. Kom dus, My beste vriend en broer Jellinek."

[3] Jellinek sê: "O, vriend, jou stem klink wonderbaarlik vriendelik! Elke woord van jou verwarm my hart op so `n manier soos wat ek dit nog nooit ervaar het nie. As jy nie `n engel uit die hemel is nie, sien ek vir ewig van my menswees af. Ja, ja, jy moet `n engel wees! Weet jy, ek sal by jou bly en my baie nadruklik op jou rig. Want hoe graag ek die goeie vriend, Blum, ook mag liefhê, tog het ek jou, sedert jy met my gepraat het, volkome onbegryplik baie liewer. Maar nou aan tafel en laat ons `n glasie op die ewige vriendskap met mekaar drink. Want ek glo dat hier nie `n Windischrätz of dergelike iemand sal wees, wat oor die huis `n standreg sou kon afkondig nie?"

[4] Ek sê: "O nee, plaas maar die vrees vir goed opsy! Nou egter na die tafel, waar die ander al drink op ons goeie gesondheid."

[5] Messenhauser gaan Jellinek met `n kristalbeker vol van die beste wyn tegemoet en sê: "O broer Jellinek, dit is werklik nog heerliker as al die beste wyne wat ons ooit op aarde beproef het! Hier, drink hierdie beker uit op die welsyn van al ons vriende en vyande! Ook op die lewe van Windischgrätz. Die blinde werktuig van aardse heersers oor die volkere sal miskien ook tot beter insigte kom."

[6] Jellinek neem die beker verheugd aan en sê: "Beste vriende, so beval julle my beter as voorheen by ons niksseggende besprekings in die gevangenissel waar jy, broer Messenhauser, nog steeds in wanhoop op jou doodsvonnis sit en wag!

[7] Maar luister, ek het hierdie vriend van ons Blum as boesemvriend gekies. En daarom moet julle my maar vergewe dat ek geen druppel van hierdie goddelik geurende drank wil neem, solank Hy nie eerste uit hierdie beker gedrink het nie!"

[8] Almal stem welmoedig in met die wens van Jellinek. Hy reik my met innige vriendskaplike liefde die beker aan en sê: "Goeie, goddelike verhewe vriend, versmaad dan nie om hierdie beker uit die hand van `n arme sondaar, `n aardse landverraaier aan te neem nie! Waarlik, sou ek hier iets beters hê, hoe graag sou ek dit nie aan jou wou aanreik as `n teken van verering en hoogagting nie! Maar kyk, goud en silwer het ek nie, maar wat ek het, naamlik hierdie beker en bowendien `n warm hart, wat jou as `n hoog­geagte vriend begroet, dit gee ek jou! O, neem dit aan soos wat ek dit vir jou aanreik! Dit is seker vrypostig van my dat ek dit waag, dat ek jou, wat sekerlik `n engel is, hierdie beker, en my hart as onderpant van my vriendskap aanbied. Maar ek het jou eenmaal ook met my slegte hart lief, omdat ek voorheen in jou weinige woorde soveel vriendskaplikheid, liefde en wysheid gevind het! Ek is wel `n onreine gees, maar knyp dan jou hemelse sagte oë ietwat toe en dink: Die kêrel weet nie beter nie. Weet jy, ek weet nog lank nie hoe mens met geeste soos jy moet omgaan nie. Maar jy kan daarvan verseker wees, dat by my die hart op die tong lê. Nie waar nie, vriend, jy neem my tog nie hierdie vrypostigheid kwalik nie?"

[9] Ek neem die beker baie vriendelik uit Jelliman se hand aan, drink daaruit en sê aan Robert: "Broer, in die voorraadkas staan nog `n fles, vol met My eintlike lieflingswyn. Bring dit hier, om My nuwe boesemvriend te laat sien hoe dierbaar sy vriendskap vir my is!"

[10] Robert gaan vinnig en gaan haal `n egte diamantfles vol van die kosbaarste wyn en reik haar sigbaar ontroerd aan My.

[11] Ek neem die fles en skink dieselfde beker vol. Toe sê Ek: "Hier, liewe vriend en broer, neem hierdie beker en drink; en kom daardeur tot die volle oortuiging dat jou vriendskap vir My buitengewoon liefdevol en dierbaar is. Wat praat jy oor jou sonde? Watter mens sou `n hart, wat so vol is van onselfsugtige liefde, as een met `n sonde belaaide hart kan sien? Ek sê jou, voor My is jy rein! Want jou liefde vir My bedek al jou aardse sondes wat jy egter hier of daar aan die wêreld verskuldig was. Ek sou `n slegte vriend gewees het as Ek nie die skuld van jou sou afneem en dit nie vir jou vereffen nie! Drink dan nou, broer Jellinek, op ons ewige vriendskap!

[12] Jellinek sê, tot trane toe beweeg: "O goddelike vriend, hoe lief en goed is jy nie! O, kan ek maar my hart uit my lyf skeur en in jou bors stop! Wel, gee nou maar die beker!"

[13] Jellinek neem die kristalbeker, drink daaruit en sê: "Nee, maar hemelse engelebroer! As jou vriendskap lyk soos hierdie drank, dan is jy geen engel nie maar…die suiwere Godheid self! Want iets goddeliker van smaak en gees kan die hele oneindigheid onmoontlik nog te bied hê! Broers, proe ook daarvan en sê dan of ek nie volkome reg is nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205