Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Uitwerking van die hemelse wyn. Vraag na Christus en sy Godheid. Veelbetekenende antwoord van Robert. Jellinek se liefdesinspreuk

57 Robert, Messenhauser en Becher drink al drie uit die beker en verwonder hulle buitengewoon oor die ongekende kwaliteit van hierdie waarlik hemelse wyn.

[2] Messenhauser sê: "Inderdaad heer, wat se wyn is dit? Broer Blum, dit is goed om hier te vertoef in jou huis, laat ons onsself hier inkwartier! Laat ons nou verewig bymekaar bly, as dit kan. Sou daar so nou en dan `n arme sondaar verskyn, soos wat ons dit was en nog is, dan sal ons hom opneem en hier `n goeie tyd versorg, al was hy ook een van ons ergste vyande!"

[3] Robert sê: "Vriend Messenhauser, dit het jy baie mooi en waardig gesê, omdat daardie woorde werklik uit jou hart en nie uit jou verstand gekom het nie. Ek sê selfs: Mog Windischgrätz nou hier kom as `n noodlydende gees, waarlik, dan sal hy by ons in iedere geval `n beter ontvangs kry, as ons by hom op aarde!"

[4] Al drie roep: "Bravo, so is dit goed! Om `n egte Christen te wees moet mens vanuit sy diepste wese kwaad met goed kan vergeld. Wie nog wraakgevoelens in homself bespeur, is nog lank nie `n volmaakte gees nie. Maar hy, wat net soos die grootste en wyse leraar van die Judeërs eens aan die galg kon sê: "Heer, vergeef hulle dit, want hulle weet nie wat hulle doen nie!"…die het sekerlik die hoogste lewensvryheid in hom! Ja, ons sou selfs wil beweer: Hy is `n God! En dit pleit ook vir die aanvaarding van die origens in die duister gehulde Godheid van Christus.

[5] Waar sou hierdie Jesus van destyds, aan wie se aardse bestaan nie te betwyfel is nie, hom nou in hierdie geesteswêreld bevind? Waarlik, dit was die allergrootste vriend van die mensdom! Vriend Blum, het jy tot nou toe nog nie die geleentheid gehad om iets naders oor hierdie merkwaardige man te wete te kom nie?"

[6] Robert sê: "Dierbaarste vriende, ek kan julle op my woord verseker, dat juis Hy my eerste kennismaking was in hierdie wêreld!"

[7] Almal vra bly verras: "Hoe so!? Hoe is dit dan? In watter omgewing het dit plaasgevind? Wat het Hy vir jou gesê?! Sê broer, vertel ons iets daaroor!"

[8] Robert sê: "Beste vriende, omdat ons nog heelwat ander dinge te doen het, sal ons dit uitstel tot `n meer gunstige tyd! Maar ek kan julle vas verseker, dat Hy my spoedig weer sal kom opsoek en by die geleentheid sal julle Hom ook van naderby leer ken!"

[9] Jellinek sê: "Maar jy kan ons nog wel sê, of jy met Hom oor Sy Godheid gepraat het, wat deur soveel liggelowiges aanvaar word? En is Hy met daardie geloof eens of nie?"

[10] Robert sê: "Ja, beste vriende, daaroor het ons baie gepraat. En ek moet vir julle `n nog trouens nouliks te begrype waarheid toevoeg: Christus is die enige ware God van die ewigheid! Hy is die Skepper van alle hemele en alle wêrelde! Meer kan ek julle nie nou sê nie! As Hy egter weer sal kom, dan sal julle alle besonderhede van Hom af verneem!"

[11] Jellinek sê: "Vriend Blum, dit is ter wille van die bewys nie nodig nie, maar wel egter terwille van my hart! Want ek moet eerlik beken dat ek, as Hy kom en my sou wink om Hom te volg, ek julle almal oombliklik ontrou sou word! Want ek hou meer van Hom as die mees volmaakte, beste mens, as van al die mense op aarde tesame! Hoeveel te meer sou ek Hom liefhê, as Hy ook werklik God is! Oor die "hoe" wil ek my nie bekommer nie. Want ek het eenkeer `n sinspreuk gelees wat lui: "God is liefde!" Wanneer jou hart ooit deur `n magtige liefde gegryp word, dink dan: God is hierdie liefde!" Kyk, hierdie spreuk is my barometer vir die aanwesigheid van God, ook in elke mens. As ek nou egter so `n magtige liefde vir Christus in my hart gewaar word, dan sê hierdie liefde juis, Christus is, en moet wel God wees, want waarom sal ek hom anders so intens liefhê? Daarom hou ek ook van hierdie hemelse broer, omdat hy seker baie liefde in hom het! Het ek gelyk, of nie?

[12] Robert sê: "Volkome! Slegs met die hart kan mens die Godheid begryp; met die verstand - nimmer! Maar nou, beste vriende, iets anders. Omdat ons tog met die tema liefde besig is, kan ons dit maklik hierby laat aansluit!

[13] Luister, wel is die liefde die enigste bewys van die Godheid en Sy onbetwisbare aanwesigheid, maar ons weet ook dat daar `n teer, vroulike geslag bestaan, wat maar al dikwels ons harte dermate in beslag neem dat ons ondertussen nie meer heeltemal in staat is tot `n hoër en suiwer liefde vir God nie. Wel, dink julle dat God ook in hierdie, meestal sinlike liefde woon?"

[14] Jellinek sê: "Seer seker! Wanneer God se tederheid nie in die vrou aanwesig sou wees nie, wie sou haar dan kan liefhê? Maar dat hierdie liefde desondanks kan ontaard, daaraan is dit nie te betwyfel nie!"

[15] Robert sê: "Wanneer, by wyse van proef, hierdie verskeie buitengewoon pragtige vroue in die pragtigste balletkleding sou optree, en ons met die grootste vriendelikheid sou bejeën, maar daarnaas ook die ernstige maar veral die boomagtige goeie Godsmens Jesus sou verskyn, sê my eers, veral jy Jellinek, hoe sou jou hart dan daarop reageer? Want ek weet dat die sogenaamde balletdanseresse steeds vir jou die mees gevaarlikste is!"

[16] Jellinek sê: "Broer, jy het hier weliswaar een van my swak plekke geraak, maar daarteenoor kan ek tog volgens eer en gewete stel, dat ek ondanks al my swakhede, tog vir één egte haar van Christus 10,000 balletdanseresse ter plaatse sal laat sit of dans! Want die liefde tot God sal tog `n bietjie sterker wees as die liefde van hierdie knap danseresse! Die liefde vir die vrouens kan alleen die liefde tot God verswak, as mens nie wil glo in `n God, dan wel genoodsaak word om te glo in `n God, wat êrens in `n herberg sou sit! Maar wanneer die Godheid werklik, en wel in die persoon van Christus, aanwesig is, sodat mens Hom sien, Hom in die hoedanigheid herken en selfs met Hom kan praat, broer…stap dan maar op met jou dansende skoonhede! Maar sonder Christus sou `n paar van sulke weelderige dames natuurlik meer warmte in my bors teweegbring, as wanneer daar niks is nie."

[17] Robert sê: "Broer, sou jy `n paar wil sien?"

[18] Jellinek sê: "As jy ook sulke geeste hier het, laat ek hulle dan maar sien, sodat ons aan onsself kan ervaar in hoeverre hulle vir ons gevaarlik sou kan word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205