Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die danseresse verlang opheldering oor God. Robert onderrig en sê: "Soek die lig in jouself". Gevaar van die suiwer uiterlike ondersoek

60 Na hierdie uitnodiging buig die danseresse baie eerbiedig en die eerste drie sê: "O, beste goeie vriende, julle is veels te goed en te welwillend vir ons! Want ons onwaardige kuns is wel die minste van alle kunste om van geeste soos julle ook maar die geringste waardering te verdien. En sodoende kan ons glad nie begryp waarom julle so goed kan wees vir ons arme sondaresse nie? Waarlik, as ons op aarde ons nog in ons liggame sou bevind, sou sulke hartlike en goeie mense groot invloed op ons kon uitoefen. Maar hier is ons volkome arm van gees en ons het niks anders as wat julle grote goedheid ons laat toekom nie. Daarom kan ons ook vir julle groot goedheid niks anders teruggee as om julle uit die diepste van ons hart te ag en lief te hê nie! As ons julle so mag benader, dan wil ons dolgraag by julle bly. Maar sou ons miskien te min suiwer liefde nie vir julle aangenaam wees nie, laat ons dan weer verder trek en ons aardse sondes betreur!"

[2] Jellinek sê; "Ek vra julle, liewe meisies, wees veral nie so Rooms-Katoliek nie! Waar is dan die God wat die liefde as `n misdaad sou beskou? Hoe sou Hy julle kan verag, omdat julle ons liefhet? Kom dus almal hier en drink van hierdie lewenswyn! Wees nie vir ons bang nie; ons vyf verlang niks anders van julle nie as alleen julle liefde, wat julle ons graag wil gee. En nou hoop ek dat julle goed besef wat ons begeer om van julle te ontvang, naamlik niks anders as julle suiwer liefde en vriendskap nie!

[3] Toe die danseresse dit van Jellinek verneem, kom hulle allervriendelik na ons toe en sê: "Ons is julle dienaresse! Julle goeie en edel wil sal vir ons as heilige wet geld. `n Versoek wil ons graag aan julle voorlê: Ons het in dié dom wêreld weinig moontlikhede gesoek om die hoogste, goddelike Wese werklik te leer ken en het daardeur, wat die allereerste punt van menslike kennis en geloof betref, hier as volkome blindes aangekom.

[4] Wel was ons sogenaamde Roomse christene en het uiterlik meegedoen met alles wat die kerk aan reëls voorgeskryf het. Maar al ons vas, bieg en avondmaaltye het ons geen haar nader aan die werklike ken van God gebring nie. Soos wat ons hier is, het ons almal so ongeveer in die loop van tien tot vyftien jaar gesterf en het mekaar weer hier per toeval terug gevind. Maar in dieselfde toestand as waarin ons die ernstige wêreld binnegegaan het, bevind ons onsself nou nog! Ons ken God nie, en ken Hom nog steeds nie. En tog kon alleen `n bowe alles goeie, wyse en almagtige God ons die bestaan gegee het!

[5] As julle, liewe vriende, dit nie benede julle waardigheid sal ag om ook aan ons arme skepsele per geleentheid `n beter voorstelling van God te gee nie, dan sal julle `n groot vreugde aan ons verskaf.

[6] Mense het vir ons die Godheid in hierdie wêreld steeds op so `n manier geskilder, dat juis daardie voorstelling van God ons die werklike Godsbegrip ontneem het. God sou uit drie persone bestaan, wat elkeen vir hom `n volkome God sou wees, wat tog kennelik tot drie Gode sou moet lei. Maar hierdie drie Gode sou tog geen drie Gode wees nie, maar slegs één God wees! Elkeen van die drie Gode het elkeen sy taak. So hang byvoorbeeld God, die Seun sterk af van God, die Vader en mag slegs dit doen en onderrig wat die Vader wil. En tog word daar beweer: Dat Seun en Vader volkome één is. Met die Heilige Gees weet mens nie eintlik waaraan `n mens toe is nie! Is Hy meer of minder as die Vader of die Seun? Hy sou uit beide voortgekom het en word soos `n duif bokant beide uitgebeeld! Dan is daar nog die miljarde engele skares waarvan elkeen eweneens volkome God sou wees. Kan `n mens nou daaruit ooit tot `n duidelike insig kom oor die wese van God? Heg daarom geen hekel aan ons versoek nie, want die inwillig daarvan is vir ons belangriker as hierdie wyn."

[7] Terwyl hy `n beker met die beste wyn aanreik, sê Robert: "Beste susters, in die naam van God, die Heer en Skepper van die oneindigheid, neem maar rustig hierdie wyn en drink daarvan. Want die gees van hierdie wyn is nie soos die gees van die wyn op aarde nie, waarin, volgens Paulus, geeste van ontug en hoerery woon! Maar die gees in hierdie wyn heet gees van ewige, suiwerste liefde in God, welke gees dan ook `n heilige vlam vol lig, helderheid en duidelikheid is. In dié lig sal julle baie spoedig vanself in julle vind, wat julle van ons sou wil ontvang!

[8] Julle wens is weliswaar verhewe en geen engel kan een tekortkoming daaraan ontdek nie, maar soek haar vervulling nie buitekant julle nie, maar in julleself, dan sal dit vir julle vir ewig van nut wees! As ons haar aan julle gee, dan het julle `n vreemde eiendom in julle. Dit kan julle wel uiterlike en tydelike voordeel gee, maar dit sal julle innerlike skade berokken wat nie maklik herstel sal kan word nie!

[9] Want sien, `n uiterlike leer kan alleenlik, om mee te begin, ook net aan die uiterlike geeste bekend gemaak word, wie se geaardheid stoflik is. Dit bring dan in hierdie geeste wel `n revolusie teweeg en dwing hulle hier en daar om die leer aan te neem, maar die innerlike gees merk so iets baie gou. Hy tree na buite onder die natuurgeeste of wel die eintlike natuursiel van elke mens, bespeur daar die goeie saad en is baie verheug daaroor. Maar dan gebeur daar meestal `n ongeluk! Terwyl die eintlike lewensgees van die mens die uiterlike saad besit en hom buite sy kamer te midde van sy natuurgeeste verheug oor `n ryk oes, versamel daar die mees bose en onsuiwer natuurgeeste wat nog in die siel aanwesig was, om in die kamer van die ware gees in te dring en dan die terugkeer te versper, en dikwels onmoontlik maak. Wanneer die ware gees dan egter sy lewenssiel verloor, probeer hy aanvanklik `n nuwe plek te midde van die beste natuurgeeste van sy siel te verwerf, hy woon daar by hulle, as medebewoner van die huis van `n ander eienaar. Maar omdat hy van al sy eiendomme beroof is, ten slotte nie aan die huur kan voldoen nie, neem die eintlike meester van die huis alles van hom af, of wat hy nog besit, en maak hom bowendien `n gevangene of selfs tot slaaf van sy heerssug! In hierdie toestand moet die ware, innerlike lewensgees hom dan met die mees onsuiwere natuurgeeste verbind en met hulle saam onder dieselfde juk aan die skandtou van die sonde trek. En dit is al soveel as die geestelike dood van die mens. Want in so iemand het Satan sy troon opgerig en die eintlike heer van die lewe in die mens tot slaaf gemaak van helse begeertes en instinkte!

[10] Hou daarby altyd goed voor oë, dat julle nie te gretig enige onderwysing van buite af sonder meer aanvaar en aanneem nie. Want dit dien tot niks as die gees haar nie in die allergrootste deemoed opneem en onmiddellik sy hele lewe volkome daarvolgens rig, wat vir elke gees sekerlik `n baie swaar opgawe is. Kyk, Salomo, Israel se mees wyse koning het gefaal, ondanks sy wysheid. Want sy innerlike gees, wat hom sterk genoeg gevoel het, het dit gewaag om sy innerlike woonplek te verlaat, en om na buite te beweeg onder sy natuurgeeste, om hulle volgens sy wysheid te orden. Maar omdat hy dit gedoen het, vóór die bereiking van sy volledige rypheid, wat altyd van binne uit en nooit van buite na binne moet plaasvind nie, was hy deur sy onsuiwer natuurgeeste gevang en nie meer toegelaat in sy huis nie, wat maar al te vinnig omgebou was na `n woning van allerlei ondeugde, ontug, en afgodery! So verraai ook Judas sy Heer en God, omdat hy die leer van heil slegs opgeneem het in sy uiterlike geeste, wat hulle setel het in die verstand en van daaruit na allerlei verlange. Daardeur lok hy sy eintlike lewensgees uit sy innerlike woning en open dit vir Satan, wat vry daar kon intrek! Die gevolg daarvan is al so bekend, dat ek julle nie opnuut daarvan hoef te vertel nie!

[11] Daarom, drink nou hierdie wyn. Dit sal in julle die korrekte liefde tot God opwek. En dit sal julle gees versterk en laat groei! As die gees dan deur sy groei sy uiterlike natuurgeeste sal deurdring sonder om sy oorspronklike lewensetel te verlaat, sal hy sekerlik alles in homself vind wat hy nou van buite af sou wil ontvang. Het julle my goed begryp?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205