Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

By die losbandige Weense geselskap. Heilsame kuur vir die wellustelinge. Robert moedig hulle aan om die huis binne te kom

62 Robert sê verder: "Kyk net deur die venster na buite in die heerlike tuin, wat die huis aan alle kante omring en sê my net wat julle daar sien?"

[2] Die drie gaan dadelik na die venster en kyk na buite. Nouliks het hulle egter `n blik na buite gewerp, of hulle deins huiwerig terug. Jellinek neem die woord en sê: "Maar broeders, in God se naam, wat is dit nou? Is dit mense of diere, of duiwels? Nee, so iets het ek nie in die omgewing van die huis verwag nie! Daar sien jy op een slag alle afskuwelikhede van die smerigste, heidense mitologie, kunsmatig en daadwerklik bymekaar! Ek smeek jou, beste broer, plaas die deur van jou huis tog op slot, anders loop ons die gevaar dat hierdie diere by ons sal binnedring en ons almal met huid en haar opvreet!"

[3] Robert sê: "O, wees maar nie daarvoor bang nie! Dit sien daar in wese nie so uit as wat dit met die eerste oogopslag lyk nie! Dat hulle so afskrikwekkend voorkom, kom omdat hulle uit die Weense tyd nog dink dat julle hulle aan Windeschrägtz sou verraai het. Wanneer hulle van die teendeel oortuig kan word, sal hulle ook vir julle mensliker voorkom. Want weet goed, dit is allerhande Weense individue wat in die noodlottige Oktoberdae as stryders vir die aardse vryheid geval het, deur die wapens van die soldate van die keiser. Hulle dink nou dat dit nooit moontlik sou gewees het as Messenhauser hulle nie heimlik sou verraai het nie. Word hulle egter van die teendeel oortuig, dan sal daar, met God se hulp, ook wel ietwat anders met hulle gehandel word. As daar onder hulle ook enkeles sal wees wat hulle nie wil laat oortuig nie, dan sal die Heer ook met Sy mag goed weet hoe om sulke bokke van die beter skape te skei!

[4] Daarom sal ons hulle ook binnelaat en volgens die wil van die Heer bewerk. Omdat dit tog merendeels ons skuld was dat hulle deur ons redevoering en wette so ver gekom het, is dit veral ook ons plig om hulle op die beter weg te bring. Kom dus saam met my na buite; ons gaan na hulle toe in die naam van die Heer!"

[5] Robert gaan nou met Messenheimer en Becher na buite die tuin in, waar die bekende Weners hulle nog bevind, met hulle misrabele afgematte verkragte dogters. Ek volg hulle dadelik, met Jellinek aan My sy, na die tuin waar ons hierdie menigte in `n sigbare onbehaaglike toestand aantref.

[6] Toe Robert hulle vra hoe dit met hulle gaan, skree hulle (die Weners) byna almal tegelyk: "Miserabel, ellendig en sleg! Help ons, of maak `n einde aan hierdie varklewe! Dit is vir ons om`t ewe! Is dit nie erg om duiwels te word nie? Stel jou voor, wat ons hier in die vuil, stinkende geestesryk al vir `n heerlike ervaring opgedoen het. Dit is waar. Ons het ietwat rof met die vrouens aangegaan! Maar ons is diere en was ook nooit iets anders gewees nie, omdat ons nooit tot iets beters opgevoed is nie, waaraan slegs ons wyse en milde vorste skuldig is. En so het ons onsself ook hier op die geliefde manier vermaak, soos vader Adam met Eva. Maar luister nou, wat vir ons in die geestesryk verskriklik en nouliks te glo is, ons is hier byna almal aangesteek! Dit is tog verduiwels beroerd, om hier in die geestesryk besmet te word. As hier maar êrens egter hulp te kry sou wees. Maar daar is nêrens iets nie, waarheen jy ookal kyk! Jy sien nou hoe dit met ons gaan! Wees daarom so goed en besorg ons een of ander hulp of bring ons om die lewe! Want dit is tog honderd keer beter om nie te bestaan nie, as onder sulke bitter afskuwelike omstandighede!

[7] Nog iets! Sê ons eers wie jou begeleiers is. Die een ken ons al; dit is die sogenaamde eintlike heer van die huis, `n egte, seldsame man van God. Maar die ander drie ken ons nie. Sê eers, wie is hulle?"

[8] Robert sê: "My arme siek vriende, is julle dan so blind, dat julle nie meer in staat is om Messenhauser, Becher en Jellinek te herken nie?"

[9] Sommige skreeu: "Wel, so wragtie! Wat! Is hulle die drie aartsskurke? Nou, ons kan ons eerder voorstel dat ons dood is, as dat ons die aartsboef van `n Messenhauser nog eens op die lyf moes loop! Maar dit is sy geluk dat ons nou so miserabel daaraan toe is. Anders sou ons hom hier onder ernstige dank betuig het vir sy opperkommando in Wenen! Maar omdat ons te swak is vir `n stewige handdruk, kan hy hom intussen daarmee troos dat ons hierdie uitgekookte skurk en aartsdief toewens wat hy homself nie sal wil toewens nie! Dus, Messenhauser, Becher en Jellinek! So kom al die gespuis hier tesame! Werklik, dit is `n pragtige paradysie!"

[10] Robert sê: "Sê eers, is julle nou verlig, noudat julle my vriende kon beskimp?" Die Weners sê: "Nou nie meer nie, maar ons moes dit sê, omdat hulle dit regtig verdien het! Jy weet self hoe en waarom!" Robert sê: "Luister, kom ons laat dit nou eers met rus; wat verby is, is verby! Niemand van ons, uitgesonderd ons verhewe vriend hier, kan op sigself beweer dat hy nooit gefaal het nie. Ek glo eerder dat elkeen van ons `n scala (hele leer) van alle doodsondes wel meer as één keer deurloop het. Dit sal dom van my wees as ek hierdie drie beskuldigdes as onskuldig voor julle sou wil laat kwalifiseer. Hulle het hulle sodanige porsie sondes begaan, maar ons van ons kant af, het ook nie suinig daarmee omgegaan nie! Om te bepaal wie van ons, voor God se regterstoel, eintlik meer ryp is vir die hel, sou die ewige Heer van die lewe nie veel hoofbrekens besorg nie. Maar ek dink, omdat ons almal niks werd is voor God nie, dat ons mekaar nie hier moet aankla nie. Dit is beter dat ons onder algemene, wederkerige amnestie, die hand reik, mekaar alles vergewe en hier in die nuwe ryk van die lewe ook `n nuwe kolonie stig van louter vriende en broers. Dit sal vir ons in die vervolg beter vrugte afwerp, as wanneer ons mekaar hier sou oordeel, waar elkeen van ons tog al `n behoorlike mate van oordeel op sy skouers te dra het! Wat dink julle, hoe geval my goed bedoelde voorstel julle?"

[12] Almal roep: "Ja, ja, jy het volkome gelyk! Maar veral gesond­heid, daaraan het ons die meeste behoefte. Want jy weet dat `n mens of gees wat ly, nie maklik tot `n gesonde besluit kan kom nie. Met `n siek Wener is daar niks uit te rig nie!"

[13] Robert sê: "Nou, staan op en kom almal saam met my na binne, daar sal wel middele te vinde wees om julle weer gesond te maak! Want hier in die geesteryk is geen uitwendige dokter nie, omdat elke kwaal hier van binne-uit genees moet word. En daarvoor is dit nou nodig dat julle my huis moet binnegaan, wat uitstekend van alle middele voorsien is. Daarom, volg my maar!"

[14] Na hierdie woorde van Robert staan almal op, ook die vrouens, en strompel so goed as moontlik agter ons aan, die huis binne, en wel na ons reeds bekende vertrek, wat groot genoeg is om duisende gaste te ontvang.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205