Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die gaste by die aanskoue van die danseresse. Volksgesprekke. Die barrikade heldin. Die patetiese spreker

63 Toe almal in die vertrek bymekaar is, merk één van hulle die danseresse op: “Nou, hulle kan ook almal gesteel word. Ons situasie en hulle daar, dit sou mooi bymekaar pas!" `n Ander langs hom sê: " Nog goed gevorm, nê! Knap is julle! En die mooie voetjies wat hulle het! Magtie! Was ek maar gesond! My hemel, die middelste een staan my goed aan.* *(Die gesproke Weense dialek in die volgende hoofstukke gaan uiteraard in die vertaling verlore!)

[2] Sy buurman vermaan hom: "Maar Frans, asseblief, wees tog nou verstandig! Weet jy dan nie dat ons nie meer op aarde is nie?" Die eerste sê: "Dit weet ek goed, maar aarde of geen aarde, mooi is hulle tog! Jy moet heeltemal geen gevoel hê nie, as jy daarby onverskillig kan bly."

[3] `n Derde sê: "Maar as Frans later in die hel beland as gevolg van sy belangstelling, hoe sou dit dan vir Frans wees?" Frans sê: "Ag, die duiwel haal jou! Jy is en bly `n dom loeder! Is ons dalk nou in die hemel? Of het jy ook die hel gesien, om te kan sê dat jy nog nie in die hel was nie?" Die toegespreekte sê: "Dit weet ek goed, want dan sou ons eers verdoem moet word en daarna die helse vuur sien. Maar dit, meen ek, is nog nie die geval met ons nie. Dit brand my wel, verduiwels, en jy weet waarom! Maar dit is nog geen hel nie, omdat ons nog nie verdoem is nie en ook geen vuur gesien het nie! Maar ek dink wel, as ons hierdie verduiwelse vroue ook nou nie met rus sal laat nie, noudat ons in die geesteswêreld is, dat ons baie makliker in die hel kan kom as op aarde! Het ek dalk ongelyk?

[4] Die eerste sê: "Ja, ja, jy het wel gelyk. Maar ek kan sekerlik so dink soos wat my kop dit vir my ingee! Dit wil nie sê dat ek iets sal doen nie!" Die ander sê: "Ja, ja, niks doen! Die gedagte kom altyd eerste, na die gedagte die begeerte en na die begeerte die dade. En daarna kom die hel, en dan is dit verby! Begryp jy my? Ek dink nou eenmaal so: Gesterf het ons, en ons is nou in die geesteswêreld. Daar is die parool: Mooi rustig bly en gehoorsaam wees en niks anders dink, spreek en doen, as wat Blum vir ons sal sê nie, dan kan dit nog beter word vir ons!" Frans sê: Nou ja, dit is ook goed, jy is nie heeltemal so dom as wat jy daar uitsien nie.

[5] `n Barrikade heldin langs hom sê: "Kyk net na die twee grootpraters! Hulle wil mekaar die hel in- en uitpraat! Hahaha, die een is `n groter grootprater as die ander en hulle wag nog dat hulle verdoem moet word, asof hulle nie al lankal verdoem is nie. Hahaha, dit is tog komies! Frans sê: "Kan jy nie jou groot smoel dig hou nie? Jou smerige studentehoer! Wag maar, ek gaan jou nog kry. Vir die hemelryk van Christus meet ek wel vir jou `n paar uit, sodat die allersaligste maagd Maria nog daarby sal uitroep! Bekyk net eers daardie misbaksel. Haar sou ons, met al wat aan haar behoort, graag alleen in die hel wil hê. Pasop dat jy nie met jou hande soos vlêrmuisvlerke eerste daarin vlieg nie!"

[6] `n Ander kom na vore en sê op patetiese toon: "Vriende, dink goed waar julle is. Hier is nie `n praatverhoog, waar die Weense mensdom hulle nog tien keer growwer kan gedra as op ander plekke nie. Bedink dit, hierdie is die geesteryk waar mens jou goed moet gedra en ernstig wees om nie oombliklik vir ewig verdoem te word nie. Want by God is daar geen genade en geen vergifnis meer in hierdie wêreld nie!" Die heldin sê: "Hoho, maak u nie so bedruk nie, jou opgeblase leeghoof! Dat ons liewe Heer met iemand soos u, wat bier by die emmers suip, geen erbarming kan hê nie, dit is tog baie duidelik!" Die patetiese spreker rek sy oë groot en sê: "Wa-a-a-t sê hierdie lelike Bloksberg heks**? Wag maar, vir daardie potjie sal hier in die geesteswêreld ook wel `n deksel te vinde wees! Is hier dan geen kêrel, wat nie bang is om sy hande vuil te maak om hierdie vuil feeks se nek om te draai nie?" Die heldin sê: "O, doen maar geen moeite daarvoor nie. Want as die gemeenste kêrel hier sou aankom om my nek om te draai, dan sou niemand meer geskik wees daarvoor as u nie! Maar dan dink ek dat so `n stukkie werk veels te goed vir u sal wees! Wat dink u dalk wat is u, lewende biervat?! U mis u wyntjie en u treintjie in die geesteswêreld, hê? Troos u maar, miskien kom u treintjie ook wel gou! Dan sal ons liewe Heer duidelik barmhartiger wees as u nou!" **(Bloksberg: Hoogste top van die Harzgebergte, volgens ou verhale die boerplek van hekse: Iemand Bloksberg toe wens, hom alles wat sleg is, toewens.)

[7] Die Patetikus sê: "Vriende, laat ons onsself nie meer met hierdie ordinêre mens bemoei nie, want `n koei met `n besmette stert maak alles om haar heen baie onrein!" Die heldin sê: "Ja, dit sal `n skande wees as u nie skoner is as ek nie; u het uself tog u hele lewe lank skoongespoel met duisende emmers bier! En dit is wel heelwat anders as honderde algemene biegtery by al die Jesuïete! As ek `n stukkie van ons liewe Heer was, dan sou ek goed geweet het hoe ek u salig sou gemaak het! Ek sou suiwer sterk bier van die Donau maak en u daar neersit, waar die Donau in die Swart see uitmond, en dan u Treintjie daar langsaan. Dan sal u die saligste mens wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205