Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die heldin wend haar tot die Heer om hulp. Die raad van die Heiland: Beken openlik wat jou makeer. Verhaal van `n gevallene.

66 Na hierdie inligting kyk die heldin My `n rukkie aan, kom nader en sê vir My: "Vergeef my, beste heer, dat ek U nou met `n versoek lastig val! Sien U, meneer Jellinek het my na U toe verwys en vir my gesê, dat U so almagtig sou wees, dat U elkeen sou kan help, wat hom ook al mag makeer! Sien U, beste, vriendelike heer, by my makeer daar baie dinge, en dus het ek baie hulp nodig. Wees so goed om my en ons Weners almal te help, as dit vir U moontlik is! Kyk, ons het op aarde soos vee grootgeword, en het ook soos diere hierheen gekom en is siek van kop tot tone, hoe jy dit ookal bekyk! Bowendien is ons ook so dom soos `n dertigjarige godsdiensoorlog! Wees so goed om ons ietwat gesonder en verstandiger te maak as wat ons nou is en ons sal ons wel almal beter gedra!"

[2] Ek sê: "Ja, ja, Ek kan julle wel help, en jy die eerste! Maar jy moet eers openlik aan My beken en eerlik sê, wat jou nou presies makeer! Is jy siek, dan moet jy My sê waar, hoe en waardeur jy die siekte op die hals gehaal het. En as jy dink dat jy dom is, moet jy My ook eerlik sê, wat jy eintlik van jouself dom vind. Ek sal dan wel sien of Ek vir jou en jou landgenote kan help. Dink nou eg en gewetensvol na oor al julle toestande en sê dan vir My wat jy van jouself dink. Vir die res sal Ek self sorg."

[3] Die heldin sê: "O, wee, dit sal `n mooi een wees! U is nog erger as `n Roomse biegpriester! As ek dit alles aan u moet vertel! Kyk, ek het eens gegaan om by so iemand te bieg; nou moet jy hoor hoe hy my uitgehoor het; u sal dink dat dit nie moontlik kon gewees het nie! Nou, die ergste tonele sal U laat rooi word van skaamte. En kyk, as ek nou alles sou moet opbieg wat ek my hele lewe lank gedoen het, o, wee, nee! Dan sou U oë rek. As daar nie soveel mense hier sou gewees het nie, dan kon dit nog gegaan het, maar in die geselskap van al die mense, sou ek my oë uit my kop uit skaam! Luister net, dit sou `n mooi een wees: Kan u nie so sien wat my makeer nie? Wees so goed om u geluk met my te probeer, miskien kan dit ook so gebeur sonder die skande?

[4] Ek sê: "Maar hoor eers, My beste, hoe is dit dan dat jy jou nie voorheen geskaam het toe jy gesondig het nie? Jy was immers by die geleenthede ook meestal in geselskap en jy het jou nie baie geskaam as jy in die nagtelike ure `n dosyn jongelinge, voor wie jy jou heeltemal ontklee en allerlei wellustige gebare gemaak het, jou aangaap en betas en dan gewoonlik die dade daarna! Waarom sou jy juis nou so beskaamd wees? Ek weet dat jy jou een keer, toe jy ietwat te diep in die glasie gekyk het, jou so ontsettend smerig gedra het, dat selfs die mees baldadige, sinlike hoerelopers hulle oor jou begin te walg het! En so is Ek op hoogte van `n hele spul nog erger vertonings van jou, wat jy as egte heldin sonder die minste skaamtegevoel uitgevoer het! En dus sal dit ook nie jou skaamtegevoel hier te veel aantas nie, as jy My openhartig sê, wat jou makeer, en hoe jy deur jou val in nood en ellende beland het!"

[5] Heeltemal verbouereerd sê die heldin: "Nou, U is ook weer `n mooi een. U weet hoe `n mens iemand moet aanvat. U kan iemand so op sy plek sit, dat hy lewenslank genoeg daarvan sal hê. Sien U, as U nie so goedmoedig daar uitgesien het nie, dan sou ek, so by my siel, vir U kon kwaad word! Maar omdat ek aan U goedige gesig kan sien, dat U dit nie sleg met my bedoel nie, wil ek niks daarvan vir my aantrek nie. Eerlik gesê, skaam ek my eintlik maar net voor U. Wat die Weense gespuis betref, daar trek ek my nie soveel aan nie! As U my egter toelaat om ietwat sagter te praat, sal ek menige verhaal kan vertel!"

[6] Ek sê: "Dit kan jy wel doen, maar jy moet veral niks verswyg nie, begryp jy?

[7] Nadat sy haar keel bietjie skoongemaak het, sê die heldin: "In God se naam dan maar; as dit tog moet, luister U dan maar welwillend na my. Sien U, op my veertiende jaar het ek al op Pinkstermaandag my maagdelikheid verloor en as ek my nie vergis nie, was dit `n sekere Toni Pratenhuber. Dit was vir my `n oulike ou! En omdat hy so by my aangedring het, het ek gedink: Jy kan tog nie vir ewig `n maagd bly nie, en jy moet tog probeer hoe dit is. En daarom het ek hom sy gang laat gaan! En omdat hy my so goed geval het, het ons dit daarna nog dikwels probeer! En ek sou nie so sleg geword het nie as ek net een keer swanger kon geword het! Maar ek kon doen wat ek wil, dit het nooit gebeur nie. Want sien, dan moes Toni met my trou. Maat omdat hy gedink het dat ek onvrugbaar was, het die gemene vent my op die rak laat sit en het hy `n ander geneem! Ek was heeltemal wanhopig en het by myself gedink: Nou is alles vir my om`t ewe. `n Paar minnaars meer of minder! Jy gaan tog na die hel, as daar so iets bestaan! En toe het ek eers losbandig begin lewe en daar was geen keer daaraan nie! `n Vader het ek nooit gesien nie, en my moeder, mog God haar troos, was self geen haar beter as ek nie. En kyk, deur so te lewe was ek verskillende kere aangesteek en andere ook weer deur my. En toe het so `n homopatiese dokter my gehelp, maar daarvoor moes ek later by hom in diens gaan. Nouja, dat hy my toe geen rosekrans gebied het nie, kan u vir uself indink!

[8] Toe die toestande later in Wenen uitbreek, was my dokter ook lid van die party en het hy oral ywerig meegehelp aan die revolusie. En omdat ek wel `n moedige meisie was, het ek my ook laat gebruik om aan die revolusie deel te neem en het sodoende die dood gevind! En nou is ek hier as `n arme siel, en moet boet omdat ek te ligsinnig op aarde was! En hiermee het ek U alles gesê wat ek weet! En nou weet U wat U aan my het, wat my makeer en hoe ek so geword het! En nou smeek ek U; om Jesus wil: As U my kan help, help my dan!"

[9] Ek sê: "Wel nou, ek is tevrede met jou openhartigheid en sal sien of en hoe jy gehelp kan word. Maar tewens moet ek aan jou ewe openhartig beken, as jy My al jou belangrikste sondes openlik beken het, dat slegs jou goeie hart en jou slegte opvoeding, waaraan jy onmoontlik self ook skuld kan hê, jou van die hel gered het!! Sou jy `n minder goeie hart gehad het, en sou jy by jou opvoeding minder verwaarloos gewees het, dan sou jy jou al in die hel bevind het en daar die afskuwelikste pyn gely het! Want daar staan geskryf: "Hoere en egbrekers sal die ryk van die hemele nie binnegaan nie!" Maar daarom wil Ek om genoemde redes in jou geval nie te swaar oordeel nie en sal sien hoe jy gehelp kan word! Sê My eers, wat jy van Jesus, die Heiland dink."

[10] Die heldin sê: "O, dit sal ek sielsgraag doen! Want Hy het immers die egbreekster gered en Magdalena ook nie verstoot nie, ook al was sy so `n groot sondares. En van die Samaritane het Hy Hom ook nie afgewend nie! En daarom dink ek, as Hy my sou sien en ek Hom baie vriendelik sou vra, Hy my lewe sekerlik nie skielik sou ontneem nie!

[11] Ek sê: "Wel nou, My beste, Ek sal heimlik met Hom praat want Hy is nie ver hiervandaan nie. Miskien behandel Hy jou net soos Magdalena? Wag maar baie rustig hier!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205