Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Verrassing vir die Patetikus. Hy vind ou bekendes, Olaf se raad

74 Na enige tyd sê Max Olaf: "Waarde vriend, jou huweliksverhaal word nou bietjie uitgerek. Laat ons dit in die vervolg agterweë laat, te meer omdat ek dit netso goed ken soos jyself. Want weet, ek hier, Max Olaf genaamd, wat jou hier as opregte vriend ter syde staan, is nou juis dieselfde owerste en generaal, wat jou op aarde uit niks tot iets gemaak het. En die vriend daar, wat al hierdie verskynsels en ook die verandering in die Lerchenfeldse suiwer as `n droom aansien, is die baron, wie se dogter sonder sy toestemming jou vrou was! Wil jy egter ook jou vrou hier leer ken, met wie jy op aarde byna twintig jaar lank rusie gemaak het? Kyk dan na daardie armsalige uitsiende wese daar, wat halfnaak en verskriklik maer van agter die baron na jou staan en gluur…en jy het werklik die sluitstuk van al jou lewensgeskiedenis bymekaar! Is jy tevrede met die oplossing van die, deur jou so breedvoerig aan ons vertelde lewensgeskiedenis?"

[2] Die Patetikus sê: "O, hemelse goedheid! Dit word vir my nou hier wat!? Ek glo dat die nare vervolg van my lewensgeskiedenis as `n tweede akte van `n drama weer opnuut gaan begin. Wat dink jy, my opregte vriend?"

[3] Max Olaf sê: "Vriend, ek het baie sterk die indruk dat ons by die man daar moet hou, as ons `n beter vervolg van ons lewensdrama kan verwag. Want kyk, daar het vir my as toeskouer niks ontgaan van dit, wat hom hier in die vertrek tydens jou verhaal aan belangrike dinge voor my oë afgespeel het nie. Die Lerchenfelder het nuwe klere gekry en lyk nou soos `n engel. En hoe meer sy hierdie buitengewone man in liefde toegedaan is, des te mooier en wyser word sy ook! Maar nie alleen sy is gelukkig nie. Ek sien ook baie wat voorheen net so ellendig bygestaan het as ons. Maar na gelang hulle nader aan hierdie man gekom het, kry hulle skielik `n beter aansien en hulle klere verander byna ewe sterk soos hulle gemoed.

[4] Vriend, dit is tog, in die letterlike sin van die woord, tog groot wondere!

[5] Daar, op `n ruim platform, sien jy so vier-en-twintig vroulike wesens in balletkostuums; en hulle sien baie hemels daaruit. En daar by die tafel met brood en wyn staan die demokraat Blum, ons bekende Messenhauser, dokter Becher en redakteur Jellinek. Wat `n heilige waardigheid straal daar van hulle gesigte af en van watter diepe wysheid is hulle woorde deurdronge! Hoe vriendelik en tog verhewe ernstig is hulle gedrag!

[6] En tog lyk die eenvoudige man, wat die mooi Lerchenfeldse nou reëlreg die hof skyn te maak en oor niks anders as die liefde met haar spreek nie, alles in alles te wees! Want met hulle vrae kom hulle by hom. Hy reël alles, en oral gebeur wat hy wil en wat hy bepaal. Daarby is sy manier van doen baie beskeie en buitengewoon vriendelik, dat ek, slegs deur te kyk en waar te neem, soveel van hom hou, as `n mens van sy allerbeste vriend sal hou. Ek sou graag na hom toe wil hardloop om hom te liefkoos soos `n baie in die noute gedrewe veldheer die verowerde vyandelike vaandel sou liefkoos, van die verowering waarvan die oorwinning geheel afgehang het. Sê my eers vriend, ervaar jy nie `n dergelike behoefte in jou nie? En jy, droomuitlêer van `n baron, met jou dogter Kunigunde-Emma?"

[8] Die Patetikus sê: "Wat my betref, ek begin nou dieselfde te voel. Maar of my heer skoonpappa en my Emma ook iets dergeliks voel, dit is `n ander saak. Miskien Emma wel, by wie ek die laaste tyd `n spoor van godsdienstigheid ontdek het. Maar wat meneer die baron betref, hom ken ek te min om te weet hoe hy voel en dink. Op sy minste is dit seker dat hy hier ver sal kom met sy aardse hoë afdelbegrippe nie!"

[9] Die baron sê: "Beste dogter ontvoerder, vee maar deeglik voor u eie deur! Want as ek hier met u gaan twis, sou daar `n gedugte proses van kom. Maar ek het u op aarde alles al vergewe; sodoende is ons gelyk wat ons twyfelagtige stryd betref. Is u egter hier in hierdie wêreld, wat vir my soos `n droom voorkom, iets gunstig op my voor, vergoed my dan hier deur u vriendskap, wat u my boosaardig op aarde ontneem het, naamlik my lewe. Want my Emma was daar my lewe, waarvan u my beroof het! Maar ek het u die roof vergewe. Vra daarom nie hoe my gemoed hier is nie, maar help my en die arme Emma, as u op die een of ander manier kan help.

[10] Max Olaf sê: "Volkome korrek, beste vriend, om so te sê; uit my hart gegryp. U skoonseun sal dit ook sekerlik doen, want aan goeie wil het dit hom nooit ontbreek nie. Maar ek hoop dat met God se wil, tenminste één van ons spoedig gehelp sal word, wat dan ook sy vriende nie in nood sal laat sit nie.

[11] Die baron sê: "Ek dank jou baie hartlik. Een of ander hulp het ek en Emma dringend nodig. Want so twintig jaar, wat hier na twee duisend voel, het ek in die grootste eensaamheid gesmag! Geen hulp, geen troos, geen lig het ek tot nou toe gekry nie. U is die eerste wat begin het om my uit my lang droom te help. Ag vriend, voltooi tog nou waarmee jy begin het, dan sal my hart en my lewe u as beloning toegewyd wees!"

[12] Max Olaf sê: "Beste vriende, en ook u, my arme Emma, volg my gerus daarheen, na die voortreflike man wat nou met Dr. Jellinek in gesprek is. Ek wil daar vir julle weliswaar, en ook vir my eie heil, `n nederige versoek tot hom rig. Wanneer hy ons sy wonderbaarlike hulpvaardige hand sal reik, sal ons ook geholpe wees. Maar by hom moet jy baie goed oplet, dit het ek reeds opgelet. Want hoe onuitspreeklik goed hy ookal mag wees, hy besit daarnaas ook `n enorme wysheid, waarvoor selfs ons diepsinnige gedagtes smelt soos sneeu voor die son! Soos wat ons dink en voel, so moet ons ook spreek. Want voor sy skerpsinnigheid is daar niks verborge nie! Kom daarom saam met my, miskien vind ons genade by hom."

[13] Die Patetikus sê: "Broer, hoe sal dit wees as jy alleen na hom toe gaan en as pleitbesorger vir ons sou optree? Want werklik, ek het `n eienaardige vrees vir hom!"

[14] Ook die baron en Emma versoek generaal Max Olaf daarom. En hy sê: "Vriende, wat ek vir julle kan doen, dit sal ek ook doen. Maar berei julle intussen voor, want ek vermoed dat ek met `n goeie antwoord sal terugkom!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205