Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Olaf se voorspraak by die Heer. Goeie getuienis van die Godheid van Jesus. En volledige oorgawe aan die wil van die Heer. Versadiging van die arm siele

77 So `n twintigtal begewe hulle met Max Olaf na My toe. Die aanvoerder buig diep voor my en sê: "My Heer en hoogste vriend, op U aandrang het ek, soos U sien, `n klein, en in my hart ingegewe, `n werwing gehou en die geselskap hier na U toe gebring.

[2] Daar was egter één, wat nie wou saamkom nie, omdat hy voor enkele persone, wat al te goed op hoogte was van sy aardse lewenswandel, te veel verkleineer is. Maar ek meen dat hy daarom tog nie volledig verlore hoef te gaan nie! Want U is tog die eintlike meester van die huis, en wie dit een keer mag betree, kan tog onmoontlik verlore gaan! Hy was op aarde in wese nooit `n slegte mens nie. Sy sinlike neigings was sy swakste plek. En omdat hy, helaas, baie ryk was aan aardse goedere, verval hy daardeur in `n stroom van begeertes, waaraan hy ook maklik kon voldoen. Ek moet eerlik beken dat dit sy gees nie tot eer strek nie. Maar wat kan mens daaraan doen? Dit het nou eenmaal gebeur! En daarom glo ek, dat hy wel in omstandighede sou kan kom, wat hom sal genees en tot egte deemoed bring. Maar om hom daarvoor te veroordeel en te straf sou vir my al te hard wees!

[3] Origens is dit slegs my idees waarmee ek U, o Heer, nie in die minste wil vooruit loop nie. Want teenoor U sê ek slegs: O Heer, o vriend, wat U wil, dit geskied!"

[4] Ek sê: "Ek sê jou egter, dat jou idees baie goed is en dus ook goed te gebruik is. Maar met die gees sal nog heelwat moet gebeur, voordat hy die suiwer, korrekte insig kry en tot genesing kom. Ek wil ook eintlik niks sê oor sy hoogs onkuise aardse lewenswandel nie, alhoewel dit baie geskik sou wees om sy ewige lewe te laat verloor! Maar daardie gees is vervul met `n afskuwelike hoogmoed en vol verderflike oormoed (arrogansie). En kyk, dan sien dit heelwat erger daaruit as wat jy kan dink! Aan die sinlikheid kan vinnig `n einde aan gemaak word met `n deeglike middel. Maar dit is baie moeilik en dikwels heeltemal onmoontlik om op die weg van onbeperkte vryheid vat te kry aan die hoogmoed en die oormoed. Maar ons sal sien, wat daaraan gedoen kan word!"

[5] Wat moet Ek nou egter vir hulle doen, wat jy saamgebring het? Sê dit onomwonde vir my!"

[6] Max Olaf sê: "Heer, wat U in U grenslose goedheid maar wil! Want U wysheid gaan alles te bowe, U goedheid ken geen grense en voor U wil vergaan wêrelde tot stof!"

[7] Ek sê: "Maar beste vriend, soos Ek uit jou woorde bespeur, beskou jy My as die allerhoogste Godwese. Sê My tog, waar kry jy so `n geloof vandaan? Weet jy dan nie, dat niemand God kan sien, en in die lewe bly nie?"

[8] Max Olaf sê: "Heer, tot hierdie goed gefundeerde opvatting het ek juis deur U heilige en goddelike woord gekom. Want woorde soos U s`n, is so vol waarheid, so vol van die hoogste krag, wysheid en liefde, en dit kom nie uit die mond van `n geskape gees nie! Dat niemand die Godheid self in sy oerwese kan aanskou en tewens in die lewe bly nie, weet ek wel goed. Maar die Godheid wat deur Moses gespreek het, het eeue later in sy volheid in sy seun Jesus gespreek. En Hy sê: "Ek en die Vader is één; wie my sien, sien ook die Vader!" Indien Jesus dit egter geleer het en sy leerlinge Hom self baie goed kon sien en hoor, sonder dat hulle hulle lewe verloor het, dan sien ek werklik nie in waarom die mens sy God moet voorstel in `n ewige ontoeganklike lig nie. Bowendien lyk dit vir my bo alle twyfel verhewe dat U die bekende Heer Jesus is, wat ons hierdie mees verhewe leer gegee het! En sodoende is ek met my hart en met my onwankelbare geloof al op die korrekte plek. En ek is van mening dat ek, hoe meer ek U met my hart en oë sal aanskou, nie alleen my lewe nie sal verloor nie, maar dat dit steeds sal toeneem. Het ek gelyk of nie?

[9] Ek sê: "Ek sien al dat jy standvastig en onwrikbaar by jou beweringe bly, en daarom moet Ek die hoë, waarvoor jy My hou, maar laat geld. Slegs die tyd sal jou oor dit, waaroor jy nog enige twyfel sou kan hê, volledig duidelikheid verskaf. Wees origens vir ewig verseker van My liefde en vriendskap!

[10] Sê My, het julle ook honger en dors?"

[11] Almal sê: "O, beste hemelse vriend, as ons net `n klein versterkinkie sou kon kry, hoe sou dit nie ons gemoed opbeur nie. Wees daarom so goed om ons na U vermoë iets te laat bring."

[12] Ek wink vir Robert, Jellinek, Messenhauser en Becher, dat hulle hierdie arme mense brood en wyn moet aanreik, wat dan ook dadelik gebeur.

[13] Onder baie dank en lofbetuiginge eet en drink hulle, wat hierheen gebring word. En toe hulle versadig en versterk voor ons staan, sê Max Olaf: "O Heer, nou staan ek voor U, en het nou geen enkele twyfel meer nie, U is Hy, en nooit as te nimmer iemand anders nie! U alleen kom al ons verering, aanbidding en liefde toe!"

[14] Hierdie woorde wat hy uitgespreek het, word deur almal herhaal. Robert glimlag van vreugde oor so `n vinnige genesing van die voorheen deur aardse omstandighede erg verwarde gemoedere. Dr. Becher en Messenhauser is verstom verbaas, dat Max Olaf met sy geselskap, hulle voor was met die heldere insig in die Godheid van Jesus. Ook ons Helena (die Lerchenfelder) val voor my neer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205