Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Opnuut weer liefde vir die lewe. Wraaksug gaan oor in gedagtes van vergewing. Nuwe bliksem en blywende helderheid.

8 Robert praat verder: "Of, of? Eienaardige toeval! Sou hierdie twee bliksemflitse slegs in my verbeelding bestaan, en is dit miskien `n teken dat dit nou spoedig heeltemal met my gedaan sal wees? Ja, dit kan ook so-iets wees. Want noudat ek die armsalige lewe so `n bietjie lief begin te kry, sal dit gou daarmee gedaan wees! As jy die dood roep, kom hy sekerlik nie. Is jy egter bang vir hom en wens jy van ganser harte dat hy nog lank moet uitbly, dan kom hy so vinnig as moontlik! Daarom moet ek met al my oorblywende kragte verlang na my spoedige volledige vernietiging, dan kan ek seker daarvan wees dat die ware dood my nog nie al te gou aan die kraag sal pak nie.

[2] Werklik, dit is `n goeie ou gesegde: "Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor, maar wie sy lewe verag, sal dit behou!" By my was dit eens die geval gewees. Want net omdat ek my lewe gehaat het, het ek my uit liefde vir my Duitse broers in die grootste gevare begewe en was toe hoogswaarskynlik deur kruit en lood hierheen bevorder. Maar ek, Robert Blum leef!

[3] Ek is nou wel magteloos. Maar `n innerlike gevoel sê vir my: Robert, jy sal gou sterk en magtig word om joe bloed aan hierdie gemene moordenaars en beuls te vergeld! Ja, ja, Robert, jy sal weer sterk word. Toe jy op aarde geleef het, was jy slegs in jouself tuis. Nou leef jy egter in miljoene harte van jou broers en ook in werklikheid in jouself. Daarom Robert, verslap nie. Jy sal nog baie sterk en magtig word!

[4] Dit sou wel beter gewees het as ek nou al sterk was, noudat my woede en wraaklus in volle gloed staan. Maar as my wraakgevoel in hierdie duisternis eers so stilaan verflou en ek eers daarna sterk sou word, dan bly ek maar liewer in my teenwoordige swakte en sal ek die noodlot in my plek laat begaan.

[5] Dit is trouens merkwaardig, dat ek nou nie my regmatige woede en wraakgevoel kan bewaar nie. Dit gaan soms heeltemal in `n soort grootmoedige vergewing oor, wat my vererg. Maar as ek die saak goed bekyk, is dit tog weer eintlik Duits! Slegs `n Duitser kan vergewe. En dit is `n pragtige deug, wat maar eie is aan die edelste siele!

[6] Wie kan vir sy moordenaar sê: "Vriend, jy het my kwaad aangedoen, maar ek vergeef jou uit die diepte van my hart!" Dit kan Robert doen! Ja, nie alleen kan Robert nie, hy doen dit ook. Broer Alfred,* jy het my skandelik laat vermoor, ek vergewe jou en wil ewiglik geen wraak op jou neem nie, al sou ek dit duisend keer kan doen. Ja, laat die hele Duitsland dit dan hoor: Robert Blum het sy en ook jou vyande die wandaad vergewe! *(Windischgrätz).

[7] So, nou is ek in een oomblik verlig! Hmm, ek het selfs bewondering vir my edelmoedigheid, dit is vir my `n algehele verkwikking. Die mite sê dit eweneens van die groot leraar van die volkere, wat ook aan die kruis Sy vyande al hulle wandade vergeef het. In Hom woon sekerlik ook so `n egte Duitse siel, anders sou Hy nouliks in staat gewees het om so `n karaktergrootheid te toon. Want die mense uit die Ooste het nooit so `n grootmoedigheid besit nie. Ja, ja, die groot leraar Jesus was ook `n Duitser!"

[8] By die noem van die naam Jesus skiet daar weer `n magtige bliksemflits van oos na wes en laat by sy verdwyning `n blywende swak skynsel agter van `n eienaardige grys lig! Dit verbaas ons Robert ten seerste, omdat hy nou met sy vroeëre onweersverwagting, om dit so te stel, die pot heeltemal mis gesit het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205