Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Becher se radikale voorstel. Lering van die Heer. Die natuur van die menslike geslag is afhanklik van die van die aarde en in die geheel van die skepping.

83 Becher sê skouerophalend: O Heer, wanneer U, wat tog almagtig en alwetend is, by al die beroeringe op aarde, wat so te sê, al die spoor byster geraak het, wat sal iemand van ons dan nog kan bedink om die volkere van die aarde te help! Wanneer dit nie met innerlike dwangmiddele baat nie, dan kan mens nog die uiterlike dwangmaatreëls gebruik, soos byvoorbeeld, hongersnood, die pes en dergelike, en daarby nog die onverklaarbare verskynsels aan die uitspansel, dan sal die mense wel tot inkeer kom. En as hierdie middele, ter wille van die vryheid van die menslike gees ook nie gebruik word nie, wel, laat hulle mekaar so lank beveg en doodmaak totdat hulle genoeg daarvan het. Ek glo trouens, dat ons onsself oor die algemeen te veel bekommer oor die slegte mensevolkere op aarde. Die beste sou volgens my mening wees, om die hele gepeupel van die aarde te verdelg en in die plek daarvan `n edeler en beter volk in hulle plek te stel. Die volkere wat nou die aarde bewoon, sal hulle nooit verbeter nie, tensy hulle, soos alreeds gesê, prysgegee word aan absoluut groot natuurlike ellende! Want nou is alle konings en hulle volkere immers deur die duiwel besete. Waarmee sou die mense egter die vreeslike kwaadaardigheid van die duiwel met sukses in toom kan hou? Ek dink dat dit, hoe dan ook, tevergeefse moeite sal wees. Dus weg met die gepeupel en plaas `n ander geslag in hulle plek! Dit is my beskeie mening! Maar alleen, soos gesê is, my eie mening!"

[2] Ek sê: "My beste vriend Becher, sien, as die volkere van hierdie aarde op hierdie manier gehelp moet word, dan sal dit inderdaad baie maklik wees. Maar dit kan in geen geval gedoen word nie, en sekerlik ook nie in die algemeen nie. Dit kan ook plaaslik plaasvind, maar dan nie so hewig nie. Algemeen en volledig soos wat jy dit bedoel, sal dit egter een groot ramp beteken, nie alleen vir die aarde nie, maar ook vir die hele universum!

[3] Die menslike geslag op die aarde is nie uit hulleself soos wat hulle is nie, maar sy kom voort uit die aarde en het haar natuur en eienskappe in alles! Dientengevolge sou met die volledige verdelging van alle wesens wat nou op aarde lewe, die eenmaal ingewortelde wanorde nie in die minste verdwyn nie. Want dan sou ons tog weer ander mense uit die materie van die aarde moet laat ontstaan, wat na `n kort tydjie tog weer gaan lyk soos die huidige, net soos die vrugte van `n boom van verlede jaar, van dieselfde boom net so gaan lyk soos die vrugte van volgende jaar, of wat hy nog later sal dra.

[4] `n Mens sou bygevolg dan die hele aarde moet laat verdwyn en in haar plek weer `n ander een plaas, wat egter nog `n groter inbreuk op My Orde sou plaas. `n Mens kan van `n boom wat swak vrugte dra wel van die bas en sommige takke en uitloopsels afsny, waarna hy weer baie en goeie vrugte sal dra, maar sy murg en sy wortels mag nie beskadig word nie. Want as `n mens dit doen, sal die hele boom verdor en nooit weer goeie of slegte vrugte dra nie. Die aarde is nou juis die lewenskern vir die hele lewensboom en is die hoofwortel vir die hele skepping! Sou ons haar verniel, sou ons daardeur nie alleen die aarde, maar ook die hele sigbare skepping aan haar uiteindelike ontbinding prysgee, wat nog enige desiljoene aardjare te vroeg sal wees.

[5] Jou raad, beste vriend Becher, kan Ek dus glad nie gebruik nie! Ons sal nou eers sien, miskien het Messenhauser intussen iets meer bruikbaar bedink. Wel vriend Messenhauser, kom voor die dag daarmee, as jy iets in jouself gevind het!"

[6] Messenhauser sê: "O Heer, U bring my in `n groot verleent­heid. Wat se raad sou ek kan gee, waar die eerste geeste van die aarde reeds hulle stem laat hoor het en weinig sukses daarmee gehad het? Dan sou ek verseker met nog groter domhede vorendag kom!

[7] Sien, O Heer, dit sou gewoonweg dom van my wees om aan U eindelose wysheid enige advies te wou toevoeg oor wat U nou moet doen om die groot onluste op aarde weer tot rus te bring. Ek weet maar al te goed dat daar aan U, meer van die beste werksaamste middele baie duidelik bekend is as wat daar sterre in die onmeetlike heelal is. As U slegs die kleinste middel genadiglik toepas, dan sal alles in één nag weer in die beste orde wees! Gee, O Heer, die heersers die ware lig en die ondergeskiktes meer sagmoedigheid en geduld in die dra van hulle kruis en bowendien nog `n bietjie Californie daarby, en alles sal weer in die pragtigste orde wees. En as die horings van meneer die Satan te hoog gegroei het, laat dit dan deur `n bliksemstraal enkele meters korter geslaan word. Dan sal die hoogmoed van die grotes op aarde, volgens my mening, ook heelwat verminder, soos byvoorbeeld by Windischgrätz, wat sekerlik heilsaam vir hom sal wees.

[8] Daar is immers nog heelwat mense op aarde wat goed en eerlik is. Waarom moet hulle ook getugtig word, wanneer U die horings van die hoogmoediges ietwat korter sal maak? Ek sê: Geluk en seën aan almal op aarde wat `n goeie hart het en van goeie wil is, maar daarenteen `n hewige verdeemoediging vir almal met `n slegte hart en mens kan daarmee begin by die baron. Ek wens hulle niks kwaad toe nie, o nee, dit is ver van my, alleen die insig dat die grotes uiteindelik eens moet besef dat diegene wat hulle net as kanonvoer aangesien het, ook net mense is!

[9] Daar moet nou maar eenmaal regente wees, want `n mense gemeenskap kan nie bestaan sonder regente en wyse wette nie. Maar hierdie regente moet besef dat hulle daar is ter wille van die volk en nie die volk ter wille van hulle nie. Ook moet hy die swaard van die reg hê en dit ook dra. Hy moet dit dan alleen gebruik, wanneer die volk bedreig word deur gevare van buite af. Maar teen sy eie volk mag hy dit nooit gebruik nie, want by hom sal hy heelwat meer bereik met die wapen van die liefde as met die swaard van sy majesteit!

[10] Maar dit is slegs vrome wense van my! U egter, is die Heer, wie se geheime raadsbesluite ondeurgrondelik is, wie se weë onnaspeurlik is. U sal wel die korrekte maatreëls tref. Daarvan is ek meer as seker. Alles moet maar sy loop neem en die snare moet maar ietwat meer gespan word, sodat dit des te sekerder kan afspring. Daar moet `n skeuring plaasvind, omdat U dit so wil. Want sonder `n skeuring sal dit nie op die aarde beter gaan nie, na my mening. Nogtans alles alleen maar volgens U wil! Amein".

[11] Ek sê: "Luister, heeltemal waardeloos is jou wense nie. Daar sou ten beste iets daarvan gemaak kan word. Maar die gee van die korrekte lig alleen aan die regente, ewenas die gee van geduld en sagmoedigheid aan die volkere, sal nie so maklik uitgevoer kan word nie, want vir die doel is die evangelie alreeds aan die volkere van die aarde gepreek; die ou bron van Jakob vol lewende water is aan hulle gegee. Wil hulle lig, insig en suiwer waarheid hê, dan kan hulle alles uit die bron put! Wil hulle dit egter nie, dan kan ons hulle met geen mag daartoe dwing nie! Doen ons dit wel, dan sal dit hulle niks baat nie, maar veel eerder skade berokken.

[12] Dit sal iets heeltemal anders wees as die konings en hulle volkere My daarvoor sou vra. Dan sal alles aan hulle gegee kan word wat hulle in My Naam sou vra. Maar kyk, my oor hoor weinig of niks van die aard nie. Ek hoor wel hier en daar `n geroep; "Heer, beskerm ons trone, septers en krone, en laat ons seëvier oor almal wat hulle teen ons verhef!" Andersins word daar in die algemeen uit die mond van die volk byna niks meer van `n gebed verneem nie; die enkelinge geld nie vir die hele volk nie!

[13] Elke enkeling word gegee waarvoor hy vra, maar aan die volkere kan nie gegee word waarom enkelinge vra nie!

[14] Daarom, beste vriend Messenhauser, moet ons hier ander snare gaan bespeel om tot `n beter harmonie te kom onder die volkere van die aarde! Die snare is al wel gespan, maar nog nie styf genoeg nie, soos wat jy al self opgemerk het. Ek het egter nou nuwe stemme opgewek, wat dit wel sal doen! Waarlik, daar sal flink gevee moet word tot al die kaf van die koring geskei is!

[15] Maar ons het ons Helena nog nie gehoor nie, sy moet ook nog haar mening gee. Dus My liefste Helena, wat dink jy wat moet daar gebeur, sodat dit weer op die aarde leefbaar kan word! Wie weet of jy ons nie die allerbeste raad kan gee nie? Gee ons dus onom­wonde jou mening!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205