Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Olaf se wysheid. `n Hemelse heildronk. Die nuwe lug- en liefdesbrug van die goddelike genade.

86 Max Olaf tree na vore en sê: "O Heer, dit is moeilik om nog een of ander wens uit te spreek, waar U o Heer, die allerdiepste en almagtige wysheid spreek en reeds alles wat daar nou gebeur, voorsien het en alle maatreëls daarvoor getref het, waardeur vir die huidige onluste op aarde sonder meer `n blitsige oplossing moet kom. Dit is ook `n groot wens van my, want ek wens selfs die duiwel geen kwaad toe nie, laat staan nog die mense, wat tog my broers is!

[2] Ek hoef aan U, O Heer, nie te beskryf hoe dit op aarde gaan nie. Want U sien nie net die gruweldade nie, maar deursien ook elke hart met sy goeie en bose verlangens waaruit hierdie dade voorkom. U sien ook waardeur sulke slegte gedagtes en wense in die harte van die mense ontstaan. Vandaar dat U in alle ewigheid dit nooit nodig sou hê om van `n ander groot gees te verneem wat daar nou gedoen moet word nie. U kan wel vir ons sê: "Luister, Ek gaan nou dit of dat doen. En daar sal nie gou iemand kom en vra "waarom nie"? Want U alleen is die Heer en U kan doen wat U wil!

[3] So laat U op aarde ook dinge gebeur, waarvan niemand hom presies kan voorstel waarom dit gebeur nie. Slegs die mense wat blind is, sê: "Heer, het U blind of doof geword, dat U ons nou laat krepeer onder allerlei teenslae!" Maar ek dink: U laat sekerlik niemand versmag nie, maar help iedereen wat U aanroep en wat op U vertrou. Hulle wat egter dink dat hulle hulself kan red en alleen maar net op hulle wapens vertrou, word geheel en al reggesien as hulle met hulle mag binne die kortste moontlike tyd voor U, Heer, en voor die hele wêreld met hulle mag tot skande geslaan word. Die geringes en die deemoediges kan egter jubel en juig. Want U is hulle steun en toeverlaat en sal nie toelaat dat hulle vir hulle vertroue moet skaam teenoor die grotes van die aarde nie! Maar weldra sal die grotes van die wêreld voor die geringes pynlik tot skande kom as U, O Heer, hulle maskers sal afneem. Want hulle bedryf nou `n smadelike spel met die arme volkere.

[4] Ek weet egter baie seker, dat alles wat U doen, welgedaan is! En ek weet ook dat geen snode daad U ontgaan nie. Hulle wat vandag `n sware stryd voer teen hulle broeders, wat hulle vyande noem, slaan U more, en dan verdwyn hulle saam met hulle amp, asof hulle nooit bestaan het nie! Mag U allerheiligste Naam altyd geheilig word!

[5] Maar nou kom daar `n baie eienaardige gevoel oor my. Ek sien weliswaar niks en verneem ook niks, maar dit is asof `n swaar slag op die aarde geval het. O, Heer, wat sou dit tog wees?"

[6] Ek sê: "My beste Max Olaf, ja, ja, Ek sê nou vir jou, hede, hede en hede! Nag wil hulle hê en nag sal hulle kry, en dit sal almal verslind wat dit wil hê. Die dood wil hulle hê, en hulle wat dit gekies het as sy handlanger, sal dit ook kry. Prag, roem en eer wil hulle hê, waarvoor duisende hulleself moes laat afslag! Ja, dit is so! Hulle wil verskriklik skitter, hulle roem sal vreeslik wees en ontsettend hulle eer! Heers wil hulle! Ja, hulle sal heers, maar soos die pes en soos die draak in sy grot en die Leviatan in sy slyk, diep onder die bodem van die see! Die leuen wil hulle hê, want die waarheid is vir hulle die gruwel van die verwoesting. Daarom sal die helder lig van die waarheid hulle nooit bereik nie! Een god wil hulle ook hê, maar alleen wanneer hulle hom kan gebruik! Daarom sal hulle My aangesig so nimmer as te nooit sien nie! Ook wil hulle dat hulle alleen mag lewe, al die ander mag slegs lewe as hulle vir die grotes van nut is, daarom sal dit so wees dat hulle vir ewig alleen sal lewe! Wat hulle wil, sal hulle kry soos wat hulle dit gewil het. Maar skielik sal daar `n groot en verskriklike spyt soos `n meulsteen uit die wolke in hulle siel val en hulle sal na `n middel soek om die gevoel van spyt kwyt te raak. Maar hulle soeke sal tevergeefs wees, want niemand sal die steen van die graf van hulle siel wegneem nie. O, Ek ken hulle begeertes en hulle dade! Ek het die konings van die aarde getel en het weinig gevind wat regverdig was in My oë. Daarom sal die lot van Nebukadnesar hulle deel word. Maar die weinige regverdiges sal ek ook help, sodat hulle in die toekoms sal skitter onder alle konings en volkere soos die helderste sterre tussen die swakkere geflonker aan die uitspansel!

[7] Dadelik sal die oordeel begin. Dadelik sal daar baie geslag word. Baie duiwels sal dadelik ten gronde gaan en Satan sal nie ontkom uit die lokval wat vir hom gestel is nie!

[8] En nou, My Robert, gaan dan en bring vir ons wyn, en wel die beste, die wyn van die lewe, van die liefde en die waarheid, omdat ons drink op ons arme broers op die aarde en op die seëninge! So geskied dit!"

[9] Vinnig staan Robert op en gaan haal die verlangde kosbare wyn.

[10] Wanneer hy dit op die groot vergadertafel geplaas het, seën Ek die wyn en sê aan Robert: "My beste Robert, as Ek vir wyn vra, hoort daar ook brood by te wees. Omdat jy egter maar slegs die wyn gaan haal het, moet jy aan ons nog `n goeie brood besorg, want hierdie huis is immers tog van alles voorsien.

[11] Gee ons vier-en-twintig balletdanseresse egter ook brood en wyn en sê aan hulle, dat hulle hulle voete weer moet gereed kry, want hulle sal spoedig weer `n dansbeurt kry. As julle dalk ook edele en goeie vrugte wil eet, open dan die kas naas die deur, wat na die tweede syvertrek lei. Wat julle daarin mag vind, mag julle gebruik.

[12] Bring ook gou `n aantal drinkbekers saam sodat ons die wyn daarin kan veredel en elkeen `n vol beker daarvan kan kry. Gaan dus en vervul My wens.

[13] Toe alles in gereedheid gebring is, deel Ek self die brood en die wyn uit en sê: "Kinders, neem, eet en drink alles. Drink op die welsyn van ons kinders en broers op aarde, wat baie vervolging moet deurstaan en wat nou al baie swak en moeg geword het. Waarlik, hulle sal gehelp word! Mag iedere druppel duisendvoudig heil bring aan almal, wat goed van hart en wil is. Hulle harte sal goed weet van die gebeurtenisse op aarde. En aan enkeles op aarde sal woord vir woord meegedeel word wat hier gebeur en hoe hier vir die arme aarde gesorg word.

[15] Ons wil egter ons gedagtes ook laat uitgaan na die blindes en dowes! Maar slegs die verharde mense sal in die vuur beland, wat `n meester is in die verdelging van karbonkel en diamant. Want hulle wat hulleself nie wil laat vermurwe deur die waarheid van die Woord nie, hulle sal deur die magtige vuur milder gemaak word! En onder die geweldige slae van die hamer van My Wysheid sal hulle soos gloeiende erts omgesmelt word in `n nuttige werktuig vir ons huis (hemelse kerk)! Wel sal hulle nog baie opskop en lawaai en allerlei gissinge maak en nog menige planne beraam. Maar dit alles sal vergeefse moeite wees en steeds die teenoorgestelde resultaat hê van dit wat hulle wou bereik het. Want Ek alleen is die Heer en het die mag om krone en septers te breek en die gebrokenes weer op te rig, wanneer hulle hulleself weer tot My wend. Maar wee hulle wat nie by My ware hulp soek nie!

[16] Konings wat op My vertrou, sal Ek oprig en hulle ware wysheid gee en daaruit voortvloeiend groot mag! Hulle volkere sal dan luid roep: "Heil aan ons grote, deur God geskenkte koning en meester! Wat van ons is, is ook van U! U grote wysheid en goedheid mag ons ware en lewende grondwet wees! Mag U Woord ons wil wees en U wil ons wet! Wee diegene wat U wet oortree.

[17] Driemaal wee oor die konings, hertoë en vorste, wat steeds hulle woord van trou breek teenoor hulle bure en wie se harte vervul is van leuens en bedrog. Ek sê vir julle, hulle sal vergaan soos myte op `n droë blaar. Want Ek wil nou die aarde suiwer van alle onkruid.

[18] Dan sal daar egter `n brug geplaas word tussen hier en daar, sodat die bewoners van die aarde makliker na ons toe kan kom as tot nou toe oor die reeds verrotte leer van Jakob, waaroor alleen engele kon gaan.

[19] Die brug sal egter baie breed moet wees en so glad soos `n spieël van `n rustige meer. Ek sal nóg aan die begin, nóg in die middel, nóg aan die einde van die brug wagters aanstel om die ongelukkiges, die swakkes en gebrekkiges te keur. Elkeen sal volkome vry wees om hier te alle tye vir homself in sy ware vaderhuis raad en afdoende hulp te kom haal!

[20] Via hierdie brug sal ons egter weer die lang verlate aarde betree en daar ons kinders self opvoed, onderrig, lei en regeer, en so die verlore paradys weer oprig!

[21] Nou ken julle almal My wil en My besluit presies. Ondersoek dit. Laat iedereen van julle julle voorstelle, menings en wense aan My gedane uitspraak toets en vergelyk dit daarmee, en julle sal ontdek, dat julle almal getrou daarin vervat is. En niemand van julle sal kan sê dat hy tevergeefs gepraat het nie!

[22] Dus, eet en drink alles op die welsyn van ons kinders en broers op aarde, Want nou weet julle almal dat, en ook hoé ons die kinders van die aarde wil help, beslis gaan help en alreeds besig is om te help!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205