Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die hemelse maaltyd tot welsyn van die mense op aarde. Helena se ooreenstemmende bruidskleed en kroon.

87 Alle gaste staan eerbiedig na My woorde op en sê; "O, heilig, heilig, heilig is U, O enige Almagtige, Heer en Vader! U heilige Naam word bowe alles geprys!"

[2] Helena wat van ontroering begin te snik, sê; "O, my, waarom is ek waardig om naas U te sit? U is die lewende, ewige, almagtige God en Skepper van hemel en aarde en ek is `n nietige, smerige kombuismeisie vol vuilis en sonde. Nee, nee, dit kan tog nie wees nie. O, Heer, ek sien nou so pas tot in my diepste wese, dat ek `n afskuwelike sondares is en heeltemal onwaardig is om so naby U te sit. Laat my daarom daar na die danseresse gaan, waarmee ek meer ooreenkomste het as hier met U oneindige heiligheid!"

[3] Ek sê; "As jy My sou teëstaan, sou Ek lankal êrens anders vir jou `n geskikte plekkie gevind het. Maar omdat jy vir My besonder dierbaar is, het Ek jou dan ook veel liewer digby My as êrens anders. Dink jy dan dat Ek My `n bietjie laat voorstaan op My goddelikheid? Dan maak jy `n groot fout. Want dan sou Ek My nie laat kruisig en ook nie mens geword het nie. Maar omdat Ek van ganser harte sagmoedig en deemoedig is en soos julle `n mens is, dan kan jy die beste doen om naby My te bly. Dus bly nou maar liefs hier en eet en drink na hartelus! Ek sê vir jou, ons sal baie goed met mekaar oor die weg kom.

[4] Na hierdie woorde is Helena heeltemal bedees. Sy word deur haar groot liefde vir my so onbeskryflik mooi, dat selfs Adam naas haar sê; "Werklik, een ware Eva vóór die val! Na die val het daar egter net twee in my hoogland geleef wat so mooi was; `n sekere Gemelah en `n priesteres Purista, en met hierdie twee vertoon ons jongste dogter hier egter `n groot gelykenis. O, jy het `n pragtige gees! Helena, jy moet jou ook `n bietjie met my besig hou! Want kyk, na gestalte en siel is ek in `n sekere sin tog ook jou vader, en ek hou baie van my kinders, en dus ook van jou. Dat ek die oermens Adam is, en die vader van alle sterflike mense, is geen rede om bang te wees vir my nie! Na ons gees is ons egter albei gelyk voor die Vader en het ons nog minder rede om mekaar te vrees. Want `n mens is `n mens, of hy nou tien duisend jaar vroeër of later is, is hy tog deur vlees gemaak! Jy sien. So is dit!"

[5] Helena sê; "Wel, dit verheug my in die besonder, dat vader Adam my die eer bewys het om `n paar woordjies met hom te spreek! Ek het nie geweet dat vader Adam so goed en sagmoedig was nie. Maar wanneer vader Adam eers `n tydjie het, moet hy my een en ander vertel van die ou tyd, want ek is `n groot liefhebber van sulke verhale!

[6] Adam sê; "O. my kind, nie alleen vertel nie, maar ook sal ek jou `n duisend dinge toon!"

[7] Ek sê; "Helena, jy vergeet heeltemal om te eet en te drink! Kyk, alle ete en drinke is vir die welsyn van julle lydende broers op aarde en jy het die brood en wyn nog nie aangeraak nie. Gaan die welsyn van ons vriende en broers jou nie ter harte soos die ander van ons hier nie?

[8] Helena sê; "O, my liefdevolle Almagtige en Heiland Jesus, wie U bo alles liefhet netsoos ek, die het nóg honger, nóg dors. Uself is vir hulle die voedsaamste brood van die lewe en die mees versterkende drank ter verkwikking van die siel en gees! Sien, al sou ek vir ewig hierdie brood eet en die wyn drink, maar daarby nie volkome U liefde hê, waarin alle lewenskragte verborge is nie, dan sou ek daardeur nóg myself nóg iemand anders kon help. Want nóg die brood, nóg die wyn, hoe geesryk dit ookal mag wees, kan help nie; alleen U, my liefste Heer Jesus! Daarom dink ek dat U dit nie teen my as `n fout sal aanreken nie, dat ek tot nou toe nie geëet en gedrink het nie. Maar ek sal dit dadelik goedmaak en sal alleen uit suiwer liefde vir U eet en drink. Wees daarom nie kwaad vir my nie!"

[9] Ek sê; "O, My liewe Helena, Ek vir jou kwaad sal wees? Wat haal jy nou weer uit jou kop uit? Sien, Ek weet goed dat jy uit pure liefde vir My nie sou kon eet of drink nie. Daarom stel ek alleen maar die vraag, omdat jy voor die geselskap sou spreek soos jy gespreek het. Omdat jy nou egter volkome volgens My bedoeling gespreek het, sal jy daarvoor dan met `n helder purper gewaad en `n kroon getooi word, want nou het jy vir My `n lieflike bruid geword, wat vir ewig met die gewaad van suiwer en waaragtige liefde beklee sal word. Broer Robert, gaan nou weer en open die goue kas. Daar sal jy wel die korrekte gewaad vir hierdie bruid van My hart vind! Bring dit na My toe, sodat Ek haar self kan klee!"

[10] Vol vreugde haas Robert hom na genoemde kas toe en haal daar `n buitengewone stralende kleed uit wat hom verstom laat staan. Want so `n Hemelse mooi iets het hy nog nooit gesien nie. Wanneer die danseresse die gewaad sien, snak hulle krete van die hoogste verwondering, en raak nie uitgekyk aan die mooiste morerooi stralende kleed nie.

[11] Ja, selfs die Patetikus, wat hom met sy geselskap in `n verafgeleë hoek van die vertrek bevind, word deur die wondermooie glans van die gewaad nader gelok en voel hom geroepe om Robert te vra, vir wie die keiserlike gewaad tog bestem mag wees. Robert gee hom lakoniek die antwoord; "Vir die uitverkorene daar!" Waarop die onaangename verraste Patetikus opmerk; "Nou verstaan julle die kuns om ook die mees wyse held in die Hemel se kop op hol te jaag! Wel, dit is goed as dit so is, dit sal haar seker goed te pas kom. Maar sê eers, vriend Blum, hoe kan die wysste onder die wyses Hom so inlaat met die kletswyf as `n uitverkorene en haar selfs nog tot `n ware Hemelse koningin verhef?"

[12] Robert sê; "Vriend, vra dit self vir Hom. Hy sal jou wel antwoord. Ek is nog nie genoeg ingewy in die geheime van die Hemele nie. Hy alleen is die Heer en kan doen wat Hy wil. Hy wil dit nou so hê. En dan moet dit ook so gebeur. Nou weet jy genoeg. Ek moet egter gaan, want Hy roep my al met Sy oë!

[13] Robert spoed hom met die stralende gewaad na die groot vergadertafel en oorhandig dit aan My. Ek gee dit deur na Helena, wat dit van louter dank, liefde en eerbied nouliks durf aanraak nie, en ook weier sy om dit aan te trek, omdat sy te onwaardig voel vir so `n Hemelse mooi gewaad.

[14] Ek sê egter vir haar; "My liefste Helena, jy weet goed dat `n weiering geen sin by My het nie, wat Ek wil, sal gebeur, al sou die hele skepping daardeur ondergaan. As Skepper van die oneindige heerlikheid van alle hemele en wêrelde, het Ek dan liewer `n mooi en goed getooide bruid as `n lelike bruid. Want sien jy, by My moet alles in ooreenstemming gebring word. Wie se innerlike volkome gelouter is, die moet uiterlik ook so gevorm word, dat dit met die innerlike so suiwer moontlik moet ooreenkom. Die gewaad kom nou volkome ooreen met jou innerlike en daarom moet jy dit nou terstond aantrek!"

[15] Toe Helena dit hoor, sê sy; "O, my liefste Heer en Almagtige Jesus, U sien wel dat my hart alleen maar na U toe uitgaan, maar nooit na die gewaad nie. Want as ek U maar het, vra ek nie na alle hemele en hulle prag nie, wat my sonder U kon teëstaan! Maar omdat U dit so wil hê en dit U vreugde verskaf, sal ek tog die gewaad aantrek, en my hart sal U met die allervurigste liefde ewig daarvoor dankbaar wees. U heilige wil geskied! U my heilige, liefste Jesus, U alleen is my hart, my lewe, my saligheid en my alles!"

[16] Na hierdie woorde, reg uit haar hart, gryp sy die kleed. Sy het dit nog skaars aangeraak of sy het dit aan, waaroor sy baie verbaas is en sê; "Maar hoe het dit dan nou gebeur? Ek het die gewaad nouliks aangeraak of ek het dit aan, en dit sit aan my asof dit gegiet is. En hoe pragtig! O, my liewe Jesus, U sal iemand werklik gek maak van pure saligheid! Hoe werklik mooi sien ek nie nou so uit nie! My vorige plooijurk was ook baie mooi, maar vergeleke met hierdie, stel dit nouliks iets voor nie!

[17] Maar wat moet ek nou doen om U, my soetste, liefste, beste en mooiste Heer Jesus meer dank te bewys as tot nou toe? Ag, ek smeek U, gee my tog `n opdrag!"

[18] Ek sê; "Liefste Helena, jy het jou opdrag reeds vervul! Want iets groters as om My bo alles lief te hê, kan selfs die hoogste aartsengel nie vir My doen nie. Hou jou daarom steeds aan die taak, om My bo alles lief te hê, en vra na niks anders nie. Ek sê jou egter dit, liefste van My hart: Wie My liefhet soos jy, die dra iets groters in hom as wat alle hemele kan bevat, want sy hart is dan geheel van My vervul. In My groei en ontkiem reeds tallose nuwe hemele, wat ook na buite sal tree in `n nuwe oneindigheid!

[19] Nou verder niks meer hieroor nie. My liefste Helena, gee my nou `n egte kus, en dan sal ons ons beraadslaging deur allerhande verskynsels voortsit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205