Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die grootste geskenk van die suiwerste liefde tot God: Om die bruid van God te wees.

88 Helena sê vraend; "O, Heer, U sê vir my, dat ek U `n egte kus moet gee! Kyk, die woordjie "egte" knaag aan my! Want ek ken geen ander kus as dit wat die liefde vereis nie, en ek het nog nooit iemand `n ander een gegee nie. As `n kus egter uit suiwer liefde geen egte kus sou wees nie, dan weet ek werklik nie hoe die kus sou moet wees soos wat U bedoel nie."

[2] Ek sê; "Maar My allerliefste Helena, wat se ander kus kan bestaan as die een wat die suiwerste en waaragtige liefde bied? Daar is egter twee soorte egte kusse: die eerste, wat meer uit agting as uit wesenlike liefde gegee word, en die tweede, wat uit pure liefde gegee word. Kyk, hierdie tweede soort, wat die kus van mond tot mond gee, en nie alleen op die voorhoof nie, word deur My as `n egte kus bestempel. Een van innerlike agting het jy alreeds op My voorhoof gegee. Ek merk toe reeds dat dit meer uit liefde as uit suiwer agting gegee is. Omdat jou agting sedertdien heeltemal oorgegaan het in liefde, kan jy My ook geen kus meer op My voorhoof gee nie, maar enkel en alleen `n vurige kus op My mond, en dit sal dan `n egte kus wees! Begryp jy dit, My allerliefste Heleentjie?"

[3] Helena kry `n kleur daaroor en sê; "O, ja, dit begryp ek nou goed, maar dit sou miskien ietwat te oordrewe lyk. Maar wat maak dit nou saak. U wil dit tog hê, my God, my Heer! Wat U egter wil hê, kan nooit verkeerd wees nie en die liefde kan ook nie verkeerd wees nie! Tog, as ek dink dat U die ewige Skepper is van alle dinge en alle lewende wesens, en ek slegs `n swak skepsel, dan is dit baie merkwaardig, alles behalwe `n heilige, U allerheiligste, wat deur Sy almagtige "laat wees", die hemel en aarde geskape het, op die mond soen! Maar Uself het die vurigste verlange van my hart ingewillig en het so die begeerde hoogste saligheid verleen. En so geskied dus dit waarna my hart heimlik reeds dikwels lewendig verlang het."

[4] Na hierdie woorde gee sy My `n soen van die suiwerste soort! En Ek sê daarop vir haar: "Nou eers is jy volmaak en het jy vir My vir die hele aarde `n groot versoeningswerk volbring. Jyself sal egter van nou af aan steeds aan My sy, naamlik deur al My liefde, ewig die hoogste saligheid van die salighede geniet, naamlik die saligheid van My hoogste en suiwerste liefdeshemel, waarin enkele sulke engele woon wat My liefhet soos jy! Maar dit sê Ek ook vir jou, daar is nie baie van hulle nie. Wel is daar baie wat van My hou, maar alleen omrede dit wat Ek van nature is, naamlik hulle God, Heer en Vader. Maar jy het met jou liefde, na die voorbeeld van Magdalena, werklik nog dieper in My hart deurgedring en het My hart gegryp en dit na jou toe getrek, waardeur daar tussen ons `n volkome huwelik voltrek is. Deur hierdie huwelik het jy nou waarlik `n bruid van God geword en sodoende één met My. Daardeur sal jy in alle allerhoogste saligheid dieselfde aandeel hê as wat My toekom. Is jy daarmee tevrede?!"

[5] Bewend van die hoogste saligheid sê Helena: "O, o, o, my heilige Jesus! Ek, arme sondares, ek sal nou…U bruid wees? O God, o God! O my hemel, wat word van my? Ek `n bruid van God?! Nee, dit is tog onmoontlik! Maar U ewige waarheid het dit nou self uitgespreek en dus sal dit ook so wees! Wat sal ek doen in die diepste dieptes en die hoogste hoogtes van salighede? Hoe sal ek dit kan verdra? Sal dit my nie duiselig maak, as ek, arme sondares, van die hoogste ster op die diep benede my rustende aarde neerkyk nie? Sal ek wel op my gemak kan voel op so `n hoogte? O my soete Jesus, wat het U nou van my gemaak! Ag, ek kom vir myself nou voor as `n hoogs gelukkige ongelukkige en as `n salige onsalige! Ja, soos iemand wat bestaan en nie bestaan nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205