Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Alle wysbegeerte is ydel. Jesus leer sy leerlinge om die geloof ter harte te neem.

9 Oplettend bekyk hy nou die skynsel wat aanhou, en weet nie wat om daarvan te dink nie. Na `n rukkie kom hy weer tot homself, begin weer nugter oor die fenomeen na te dink en sê vir homself:

[2] "Uiteindelik is dit tog maar onweer, waarvan die wolke nou na die derde bliksem aan die éénkant `n bietjie dunner begin te word. Daarby begryp ek één ding nie heeltemal nie, dat ek nou net gewaar geword het dat ek my sonder ondersteuning soos `n voël in die vrye lug of in die vrye eter bevind. So `n situasie sou in die vroeëre donkerte nog wel as gevoelsbedrog beskou kan word, maar nou is daar geen begogeling nie, maar die volle waarheid.

[3] Nou word dit vir my duidelik dat ek, wat my liggaam betref, werklik gesterf het, omdat jy onmoontlik kan aanneem dat `n swaar liggaam hom so lank in die lug- of eterruim sonder steun kan staande hou. Maar buiten my is daar nóg benede, nóg bokant my, iets konkreet te ontdek nie. Ek moet my dus heel ver van een of ander planeet bevind. Hm, dit is vreemd!

[4] O, Hegel, Strausz en Ronge*, julle wysheid skyn hier skipbreuk te gelei het! Waar is julle universele wêreldsiel nou, waarin die mens sal oorgaan na die aflegging van sy liggaam? Waar is die God wat homself in die mens manifesteer en die vanself bewuswording in die mens? Ek het gesterf en is nou in die mees totale magtelose eensaamheid wat die mens homself maar kan indink en voorstel! Daar is geen spoor te sien van een of ander gemanifesteerde Godheid en ewemin van `n oorgang van my wese in die universele wêreldsiel nie. *(Drie filosowe uit daardie tyd.)

[5] Julle verwaande mensvriendelike filosowe! Van die sodanige toestand na die dood van die liggaam, het julle nog nooit `n flou idee gehad nie! Kort en goed, julle het my bedrieg, en sal nog baie bedrieg. Maar alles is julle vergewe, omdat julle ook Duitsers is. Sou julle iets geweet het wat nader aan die waarheid gelê het, dan sou julle dit sekerlik nie van julle volgelinge weerhou het nie. Maar omdat julle nie daartoe in staat was nie, het julle gegee wat julle gehad het en dit is ten minste eerlik gehandel.

[6] Julle eerlikheid dien `n mens egter niks hier nie! Maar dit maak ook nie saak nie, omdat dit eintlik voldoende is dat die mensdom slegs materieel binne `n sekere orde moet bly. Wat egter die betwyfelde lewe na die dood betref, daarvoor is stellig geen wette meer nodig nie. Want watter verpligtinge sou ek nog kan hê? Seker geen ander as om soos `n wolkie in die lug deur die wind rondgedryf te word nie. Al het ek nou ook die wysheid van Salomo en die sterkte van Goliat gehad, wat sou ek dan daaraan gehad het?

[7] Daarom sal dit egter beter wees om te sterf in die duistere bygeloof van Rome, waar `n mens ten minste in blinde geloof sy liggaam kan aflê, waarna `n mens as siel, hetsy goed of sleg, verder sou lewe. Dit sou beter wees dat as al Ronge se aanhangers, wat meen dat mens met die dood alle lewe vir ewig verloor, en daarom vreeslik bang vir die dood moet wees. O my hemel, dit is beter om ewig in die onwerklike leegte te versmag, as om nog één keer so `n doodsangs te moet deurstaan!

[8] Daarom lerare, leer julle aanhangers glo! En hulle sal gelukkiger sterwe as wat ek met al my verstand gesterwe het. Nou word dit vir my ook duidelik waarom die groot Meesterleraar Sy leerlinge steeds op die hart gedruk het om net te glo!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205