Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die rede van die skadusy van die lewe. Teenstellings noodsaaklik vir die geestelike vryheid

91 Ek sê: "Ja, My liewe Helena, jy kan weliswaar nog nie begryp waarom daar sulke wesens moet wees nie, maar omdat jy heelwat rustiger geword het, wil Ek jou enkele natuurlike voorbeelde ter verduideliking gee. Luister dus.

[2] Neem byvoorbeeld vuur. Wat `n verwoestende krag lê daar nie in die toorn-element, wanneer die mens nie sorgvuldig daarmee omgaan nie. Wat se vernietiging rig dit nie aan nie! Tog bestaan daar geen groter weldoener vir die mensdom as juis die vuur nie, as dit verstandig gebruik word.

[3] Kyk net na die water, hoe verskriklik dit te kere gaan, wanneer dit onstuitbaar oor dale en velde stroom. Sou Ek dit daarom moet vernietig, omdat dit in sy verwoestende bui so `n vernielende uitwerking op die mense op aarde het, en daar dood en verderf bring? Sê eers, sou die aarde self en alles wat daarop bestaan en wat sy dra, sonder water kan bestaan?

[4] Kyk net verder na die gewig wat aan elke voorwerp van nature eie is. Wat se verwoesting rig `n lawine nie aan wat van `n hoë berg na benede stort nie. En waar `n rots neerstort, verpletter hy alles wat hy in sy val teëkom! Sou dit dan nie beter gewees het as Ek die aarde so lig soos `n veertjie gemaak het nie? Die mens sou dan met die aarde kon speel soos kinders met `n bal. Maar wie sou die aarde stewig bymekaar hou? En hoe sou mense, diere en plante sonder gewig hulleself op die aardbodem staande hou? Hieruit sien jy dus weer hoe noodsaaklik dit is dat alle liggame hierdie onaangename eienskap moet besit, as hulle wil bly bestaan.

[5] Soos wat Ek egter alles na vore gebring het, wat nodig is in die natuur, omdat hulle is wat hulle moet wees, so moet daar eweneens in die gees teenstellinge wees en bestaan, ten opsigte van die goeie en ware, sodat die gees juis deur hierdie vyandige teenstellings dit word waartoe hy deur My bestem is, naamlik tot die mees volkome ewige lewensvryheid! Want sonder dwang bestaan geen vryheid en sonder vryheid geen dwang nie. Elke vryheid moet dus voortkom uit dwang, wat `n geoordeelde ewige orde is, soos die dwang self voortkom uit My oerewige vryheid!

[6] En so sien jy hier verskynsels, wat op sigself geneem, werklik sleg is, maar gedurende `n sekere periode voor die verkryging en behoud van die geestelike vryheid ewe noodsaaklik is op aarde as `n skielike bliksem en haelbui vir die opwekking van die lewenslug en tot die vernietiging van alle skadelike en dodelike dampe, wat dikwels deur die groot warmte van die aardbodem uit haar ingewande verdryf word. Ek sê vir jou, dit alles is noodsaaklik en die een vereis die ander.

[7] Dit is egter in ons geleë om die verskillende elemente, wanneer hulle sterk in hulle spesifieke eienskappe na vore begin kom, op `n verstandige manier weer tot hulle noodsaaklike orde terug te bring. As ons dit met die nodige omsigtigheid gedoen het, dan sal alles weer volgens sy gereëlde gang verloop en die beste resultate oplewer.

[8] Om `n brandende huis te blus, is `n goeie werk. So moet mens eweneens die water indam en swaar voorwerpe stewig steun, en na `n hewige storm die aarde opnuut bebou, dan kom alles weer op die regte spoor! Om alles egter met een veeg te wil oplos, sou beteken om alles te vernietig!

[9] Hiermee kan jy alles wat nog gaan kom, ietwat rustiger bekyk. Bekyk nou weer die verskyning rustig verder."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205