Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Uitleg van die Heer oor die ontwikkeling van selfstandige wesens. Sleutel tot begrip van die lewe op aarde.

95 Ek sê: "Wel, My allerliefste Helena, jy het nou vir My goeie raad gegee en dit is baie maklik om dit te verwesenlik. Werklik, jou geslag kan trots wees op jou!

[2] Slegs op twee punte het jy gefouteer: Dat jy op aarde `n negetiende deel van die mense wil laat wegneem, of dan die aarde vergroot wil sien, en dat jy al die heerskappy op aarde weg wil hê. Sien, dit is ietwat te kras en nie op die natuurlike weg uitvoerbaar nie, maar alleen deur die weg van die oordeel! `n Oordeel is egter die eintlike dood van alle wesens wat daardeur gegryp word.

[3] Kyk, Ek is almagtig en alles wat Ek ook maar dink, moet ook dadelik gebeur wanneer Ek dit wil. Wanneer Ek nou een miljoen mense hier voor My wil hê, dan sou dit ook so wees. Hulle sou selfs wys spreek en handel en daar uitsien soos die mooiste serafyne (mooi engele). Hulle sou jou selfs met liefde omring en jou van harte dien, en tog sou hulle volslae dood wees! Alles wat hulle sou doen en spreek, sou slegs Ekself doen. Want in hulle sou geen ander lewe wees nie as dit, wat Ek vir hulle, volgens My wil, die bepaalde lewensduur, sou gegee het. Sou Ek hulle, wat in die skyn as lewende mense hier is, nie meer hier wil hê nie, dan sou hulle ook, binne `n oogwink, nie meer bestaan nie!

[4] Sou Ek sulke mense wil behou en hulle in `n werklike vry handelende en van my almag onafhanklike lewe wil plaas, dan sou Ek My gees, wat in hierdie skyn lewende mense werk, met `n geskikte middel moet losmaak. Ek sou hom dan in hierdie mense moet bind en deur `n uiterlike, materiële omhulling gevange moet laat neem, om hom so, ten opsigte van My, tot `n selfstandige wese te maak en hom in die toestand gedragsreëls gee. Ek sal hom moontlikhede en prikkels moet gee, waardeur hy genoodsaak sal word om vanuit sy vrye, van My heeltemal losgemaak, insig en wilskrag te handel, oftewel in ooreenstemming met die aan hom gegewe wet, of in stryd daarmee. Die wet sou natuurlik doelmatig, wys en volmaak goed moet wees. As gevolg van die strafmaatreël sou so `n mens, in geval hy nie die wet in ag neem nie, nog strenger en langer gevange gehou moet word, totdat hy noodge­dwonge die wet daadwerklik sou aanneem en daarvolgens sou handel. Eers dan sou dit raadsaam wees om weer so iemand se uiterlike bande af te neem, en hom, net soos jy, as `n goed gevormde wese in die volste vryheid te laat oorgaan, waarin hy ten slotte vanuit homself `n volmaakte, nie meer onder die oordeel staande lewe sou hê.

[5] Daardeur kan jy maklik uitmaak, dat Ekself die vrye handels­wyse van die mense, wat op aarde in die materie hulle proef tot die verkryging van vryheid deurmaak, volledig moet waarborg, of dit nou wetlik goed, of wederregtelik sleg is. Want raak Ek hulle aan met My almag, dan is hulle al op die oomblik van aanraking dood, sodat hulle nie meer uit hulself in staat sal wees om nog iets te doen nie. Wil Ek hulle weer vry maak, dan moet Ek My weer volledig van hulle afskei en hulle in die materie gevange plaas, waar hulle dan `n nuwe vryheidsproef moet deurmaak.

[6] Val dit volgens die gestelde ordening uit, dan kan hulle, net soos jy, hier in hierdie wêreld van die geeste, in `n volkome vry lewe oorgaan. Val dit egter teen die ordening uit, dan moet die gevangenskap ook in die geesteswêreld so lank voortduur, totdat sulke mense tot die praktiese kennis gekom het, waarmee hulle dan vir My, hulle Skepper, sonder om skade te ly, weer kan nader! As hulle My eenmaal kan liefhê as hulle Heer en Broer, dan eers is hulle, deur so `n liefde, vry soos Ek, terwyl Ek dan in hulle as `n volkome tweede "ek" lewend dink, voel, oordeel en handel.

[7] In so `n ewigdurende toestand kan hulle egter uit My uitgaan, sonder dat hulle individuele vryheid skade ly, en steeds meer vrye insigte en kragte opneem, ja, selfs in alles volmaak word soos Ek. Hierdie toestand is dan vir hulle die volmaakte saligheid.

[8] Kyk, dit is maklik om te sê: "Heer, doen dit, en doen dat! Straf die volkere, straf die konings en straf die pous! Verdelg almal wat hoogmoedig en heerssugtig van hart is! Doen wondere. Laat die hele boosaardige menslike gepeupel deur `n pesepidemie vergaan, want hulle is almal sleg!" Maar dan moet mens tog met meer insig bedink dat Ek volkome tevergeefs sou gewerk het, wanneer Ek vanweë hulle onwettige handelswyse, die op aarde geplaaste mense skielik sou wil straf en doodmaak!

[9] Ofskoon ons vernaamlik daarop moet let, dat die mense op aarde in wording, so veel moontlik handel volgens die wette van die ewige ordening, waardeur die vrye lewe natuurlik vinnig en maklik te bereik is, moet ons tog ook met die allergrootste geduld selfs die heeltemal verkeerde handeling met dieselfde rus beskou as wanneer dit goed en regverdig sou wees. Want die eerste en vernaamste voorwaarde vir die vorming van vry mense is, dat hulle hulleself eens, volledig van My afgeskei, uit hulleself daarvan bewus moet word en vanuit hulleself begin om te handel! Goed of sleg, wetlik of onwetlik, dit moet voor die begin van elke nuutwordende mens volkome eenders wees. Ons moet hulle selfgemaakte instellinge en uitvindings respekteer en ons invloed, wat hulle beskerm, so veel moontlik verborge hou. Want sou ons openlik optree, sou ons die jong teer plante in die skool vir die vorming van mense met één stap verniel; dan sal ons baie meer en langer werk hê om die vertrapte weer op te rig en na sy groot bestemming te lei, as wanneer ons geduldig hierdie eerste ontwikkeling van die mense op aarde, slegs baie versigtig werkend en helpend aansien. Want na hierdie eerste ontwikkelingsfase het ons tog nog tallose weë om die onontwikkelde mense nog na hulle regte bestemming te lei.

[10] As daar onder die wordende mense dermate growwe vergrype teen die ordening begin ontstaan, dat die ten doel gestelde absolute lewensvryheid daardeur ernstig in gevaar gestel word, moet ons weliswaar hier en daar klein, maar slegs uiterlike skrik teweegbringende oordele laat optree, soos oorloë, duur tye, honger en pes. Maar elkeen van hierdie strafgerigte mag nie meer as hoogstens een tiende van die mense tref nie, omdat dit by `n sterker en swaarder straf maar al te maklik die uitwerking van `n dodelike oordeel sou wees!

[11] Kyk, hiermee het Ek nou My insig duidelik gemaak en My mening gesê! Wat sê julle daarvan? Sê My nou ook weer of jy dit goed, waaragtig en volkome regverdig vind. Of sou dit miskien ook nog anders kan wees?"

[12] Helena sê: "O, liefde, goedheid, wysheid, o God, o Vader, o Jesus! Hoe sou mense iets daarteen kan inbring! Want met die oneindige wysheid, waarmee U nou die ontstaan van die mensdom en sy ontwikkeling tot die hoogste, vrye lewensvlak, ooreenkomstig die suiwerste waarheid, aangetoon het, het dit sekerlik nooit voor mense-oë en ore gebeur nie.

[13] Nou eers sien ek duidelik in wat `n mens is, hoe hy moet wees en hoe hy moet handel en hoe hy gelei word, totdat hy sy ewige bestemming bereik! En daarteenoor moet ek `n ander mening stel? Nee, dit sou tog onsinnig van my wees! Nee, my liefste, wyse, sagmoedige, geduldige en hemels mooie en verhewe Heer Jesus, nou kry U my selfs met U almag nie meer so ver, dat ek nog my mening moet gee nie! Wie dit sou waag om nog een of ander dom opmerking daaroor te maak, moet wel `n ellendige bobbejaan wees! Selfs al sou dit Petrus of Paulus wees, dan sal ek nog terugval in my grofste temperament en sy oë as welverdiende loon uitkrap! Maar hulle is nou almal stil en sien die groot waarheid van U woorde sekerlik nog duideliker in as ek!

[14] My Heer en my God, ek is so sterk deurdronge van die heiligheid van U waarheid, dat ek byna sou wil beweer: Selfs U sou hier nie eers, al was dit maar vir die skyn, `n ander mening na vore kon bring nie! Dit is my vaste en onherroeplike mening, waarin ek ewig sal lewe en volhard, terwyl ek U bo alles uit al my kragte bemin!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205