Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Heer oor Godskinders en kinders van die wêreld. Gelykenis van die vrugteboord en van die onvrugbare boom

96 Ek sê: "Liefste Helena, Ek is met alles wat jy gesê het, volkome tevrede en jou lofprysing laat selfs in My hart niks te wense oor nie. Want alleen diegene wat die waarheid insien, kan die waarheid loof, soos wat ook niemand My as God kan herken en liefhê, wat nie van My af uitgegaan het nie!

[2] Daar is mense wat direk uit My voortgekom het, daarnaas is daar ook mense wat indirek deur My geskape is. Hulle wat direk uit My voortgekom het, is die eintlike Godskinders, in wie se harte dan ook die suiwer Godsliefde woon, waaruit die egte erkenning van God voorkom. Die indirekte geskapenes is egter kinders van die wêreld, verwek deur Satan uit die hel. Hierdie laastes is egter ook deur My geroep tot die waaragtige suiwer liefde. Terwille van hulle het Ek hoofsaaklik die werk van die groot verlossing volbring. Vir juis hierdie mense gebeur nou ook hierdie dinge op aarde en word dit hier in My hemele beraadslaag. Daarom dink Ek, dat in jou lofprysing nog iets aangevoer kan word, wat in `n sekere sin `n uitsonderingstoestand weergee, wat in My gebruiklike skeppings- en begeleidingswyse van die mense enkele nie onbeduidende veranderinge noodsaaklik maak.

[3] Ek sal jou enkele voorbeelde daarvan gee en jy sal dit dan kan beoordeel. Luister dus.

[4] Die eienaar van `n vrugteboord het `n hoeveelheid groot en klein, edel en onedel vrugtebome geplant. Hulle kry almal dieselfde goeie grond en die onedeles haas nog beter grond as die edeles. Hulle word almal met groot ywer versorg en dit blyk, dat sommige onedel bome wel baie weliger groei as die edeles. Een van die wilde bome val besonder op deur sy weelderigheid, sodat die tuinier hom sy volle aandag begin te skenk; hy versorg hom en bewys aan hom al sy liefde. Maar so het een jaar na die ander verstryk; terwyl al die ander bome vrugte voortgebring het volgens hulle soort, gee hierdie boom geen teken van vrugbaarheid nie en bring slegs blare voort. Toe word die eienaar van die vrugteboord as beheerder ten slotte ontstemd en spreek tot sy knegte: "Julle weet hoe ek hierdie wilde boom jarelank versorg het, maar hy het my nog geen enkele vrug opgelewer nie, grawe hom maar met wortel en tak uit, kap hom in stukke en werp hom in die vuur, want hierdie vervelende boom begin my verskriklik te vererg! Op sy plek plant ons `n wilger as teken dat `n onvrugbare boom my liefde en geduld jarelank hier misbruik het!" Daarop sê die knegte: "Heer, laat hom nog een jaar staan, ons sal `n hooftak afsaag en aan hom ander grond gee. As hy dan nog geen vrugte dra nie, laat dan met hom gebeur soos wat U gesê het!" Die eienaar van die vrugteboord prys die geduld van die tuiniers en laat hulle te werk gaan volgens hulle goeie bedoelinge. Maar na een, twee, drie jaar bring die boom nog steeds geen vrugte voort nie. Hy vorm wel blomme, sodat mens sou dink dat die boom tog ten slotte die tuiniers met hulle moete met sy vrugte gaan beloon, maar kyk, daar kom desondanks nog geen vrugte te voorskyn nie

[5] Wat dink jy, Helena, wat daar met die vervelende boom moet gebeur? Moet My dreigement uitgevoer word of nie? Want eerlik gesê begin die boom die eienaar al lankal erg teen te staan.

[6] Onder die boom moet die mense egter verstaan, dat dit die kinders van die wêreld is, en van My alle sorg en aandag kry, maar tog behalwe, blare en bedrieglike blomme, geen vrugte van liefde, deemoed en gehoorsaamheid voortbring nie, omdat hulle hart en gemoed begrawe lê in al die wêreldse en die goeie lewe van die liggaam. Sê My dus wat daar met sulke mensebome moet gebeur wat nóg goeie, nóg slegte vrugte voortbring, maar te midde van goeie en slegte vrugtebome `n soort parasieteboom is, wat alleen maar geniet, maar nooit iets nuttig wil doen nie? Ook al lyk hy hoe mooi, dit is alles slegs bedrog, want sy gevoelslewe bestaan, net soos sy liefde, uit buitensporige genotsug."

[7] Helena sê: "O my Heer en my God Jesus, dit is weer `n uiters netelige vraag! Ook hier hang alles weer af van wat U my geopenbaar het oor die skepping, leiding, ontwikkeling en geestelike vorming, ordening en uiteindelike bestemming van die mense. Maar daar is tog `n verskil tussen dié mense en ander, wat nie vanweë hulle ongehoorsame eie wil U wette oortree nie, maar enkel uit onkunde en gebrek aan ontwikkeling. Maar wanneer sulke ondankbare en in hulle harte baie eiesinnige mense nooit gewillig en daadwerklik gehoor wil gee aan U vermaning nie en hulle lewenswyse slegs die reinste aansluiting is van U heilige woorde; as hulle meer behae skep in die vlees van `n vrou as in U Vaderwoord, en aan `n jong meisie waarop sy onkuise, sinlike blik val, eerder honderd harte, (as hulle dit sou hê) sou skenk as één van U; wanneer hulle hulleself ook niks geleë laat lê aan soveel tugtinge en vermaninge, wat U iedereen tog veelvuldig laat toekom, dan is ek van mening dat sulke dom wellustelinge werklik nie meer werd is as `n geslypte byl aan die wortels van sy liederlike lewe nie!

[8] Og, sulke kêrels, soos die Patetikus daar, het ek op aarde in Wenen maar al te goed in groot getalle leer ken! O Heer, sulke mense is nie meer in staat om ook maar die slegste vrugte voort te bring nie. Daar is ook niks aan hulle te verbeter nie, want wat eenmaal skroot is, sal nooit goud word nie. Daarom moet hulle afgekap word en in die vuur gewerp word. Miskien maak die vuur nog iets bruikbaars van hulle!"

[9] Ek sê: "Jy het volkome gelyk, en so is dit ook! Want wanneer Ek iemand alle moontlike ontwikkeling laat toekom en hom alle moontlike begrip, geduld en mildheid betoon en hom byna op die hande gedra het, en hy dan tog nog, ondanks alle vermaninge, al sy sinne in die vuilste moeras laat sink, dan is hy werklik geen beter lot werd nie. Maar kyk, ons het juis hier verskeie voorbeelde van sulke mense: Die Patetikus is een daarvan, en in hierdie teenoorgestelde vertrek het ons verskeie dosyne daarvan, waaronder enkele bloedskenders, en een, wat in één jaar sy eie tienjarige tweelingdogters wel honderd keer verkrag het, en beide hierdie liewe kinders het uiteindelik hulle lewe en daarmee die vir hulle op aarde bestemde geestelike ontwikkeling gekos. Maar sien, hierdie slegte bokke is hier, desondanks in `n vrye, nie geoor­deelde toestand! Ek vra jou nou wat in die vervolg met sulke en soortgelyke ander mense moet gebeur?"

[10] Helena sê: "As hulle tog eenmaal hier is, dan sou ons kan probeer of daar nog iets met hulle te make is om hulle te verbeter! As daar by hulle nog enige verbetering moontlik is nie, dan moet daar geen moeite gespaar word om hulle te bekeer nie. Sou iedere poging egter teen hulle hoogmoedige domheid skipbreuk ly, handel U dan met hulle soos met die vyeboom, wat geen vrugte gegee het om te voed nie, toe U Uself een aand moeg en honger onder sy takke bevind het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205