Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Patetikus begin na Jesus te vra. Daar begin selfkennis in hom te kom.

98 Die Patetikus trek `n verleë gesig en sê dan ook met `n baie verleë stem: "Ja…hm…ja…alle duiwels! Dit is tog `n vervelende geskiedenis! Ja, ja, so steek die vurk in die hef! Natuurwet nommer één sou nie so kwaai gewees het nie, maar nommer twee…gehoorsame dienaar! Daar het jy, nog verdraaid, heeltemal gelyk! En wat die saligheid hier betref, nou, mog God ons bystaan. Honger, dors, ergernis van alle kante, skande, volledige onthulling van alle op aarde gedane sondes, en dit juis ten aanhoor van hulle vir wie jy jou menige swakhede vir ewig wil verberg! En jy kom ook nog hier aan saam met al die gepeupel waarvoor jy jou die meeste geminag het. Dit is tog om heeltemal van duiwels te word! Uiterlik was ek op aarde tog altyd `n agtenswaardige man gewees, want van my geheime genoegdoeninge weet, behalwe enkele getroue vriende, geen siel iets van af nie. Hier moet almal nou juis op een plek saamkom: Diegene by wie ek hoog in aansien gestaan het soos byvoorbeeld, Max Olaf, die baron, my Godsalige en so meer. Daarnaas ook die manlike en veral vroulike individue met wie ek, jammer genoeg, soveel plesier gehad het! En juis die gewone gepeupel word hier so verskriklik brutaal, dat ons swakhede juis daar rondgebasuin moet word waar jy dit werklik die minste wil hê, waarop die gesigte van my vriende, wat steeds die grootste agting vir my het, dan al hoe langer word, Nou, dit is `n genoegdoening waarvoor jy die berge wil toeroep om jou te bedek om daaraan te ontkom! Ja, ja, dit is `n baie vervloekte geskiedenis.

[2] Omdat ek nou tog so `n miserabele gesprek met jou begin het, wees dan ook so vriendelik om my te sê hoe dit nou eintlik met die sogenaamde Heiland Jesus gesteld is? Wat is Hy vir iemand? Is dit moontlik om `n verstandige woordjie met Hom te spreek? Sou hy iemand van ons sonder verdere beskaming op `n beter spoor kan plaas? Staan Hy dalk in `n besondere, bomenslike verbinding met die groot Godheid? Want weet jy, ek kan tog nie aanneem, dat Hy moontlikerwys self…? Nee, ek kan dit eintlik nie uitspreek nie! Jy begryp goed wat ek bedoel. Max Olaf het wel eenkeer bietjie gedweep oor die volheid van God in juis hierdie Jesus, maar welke verstandige gees kan dit aanneem! Wees so goed, beste vriend, om vir my, wat dit aanbetref, enkele besondere wenke te gee!"

[3] Robert sê: "Beste vriend Patetikus, ek kan jou voorlopig niks anders sê nie as: Gaan daarheen en oortuig jouself!"

[4] Die Patetikus sê: "Ja, ja, dit is alles goed en wel! Maar dink eers aan my eergevoel, en aan die hele, vir my juis in die benarde situasie, uiterste onaangename geselskap! In die besonder nou die so waansinnige mooi geworde Lerchenfeldse vrou, en my vrou, my aardse kneg Frans, Max Olaf en die vreeslike lomp Marianne en nog so `n paar. Dan die historiese baie opmerklike geselskap vanaf Adam tot en met Paulus! Nou, hulle sal `n persoon soos ek maar raar aankyk. Om met Hom te spreek sou my niks baat nie. Maar by die ander volkie, wat `n wanhopige geskiedenis het, sou die tonge wel so behoorlik loskom, dat ek daarvoor van skande en ergernis wel sou moet vergaan!"

[5] Robert sê: "Ja, beste vriend, jy moet in ieder geval goed reken op `n baie radikale verdeemoediging, want sonder dit sal dit nooit beter, maar alleen slegter word. Skep dus maar moed en gaan bieg al jou swakhede by die meester Jesus! Glo in Hom en het Hom opreg lief, dan sou dit kan gebeur, dat Hy jou heelwat deur die vingers sien! Maar hoe meer jy self aan jou eer vashou, des te meer sal jy teenoor iedereen beskaamd word, want so goed as wat God en Heer Jesus-Jehova is ten opsigte van diegene wat Hom nader met `n roumoedige hart, ewe onverbiddelik streng is Hy ook teenoor hulle, wat Sy goedheid, lankmoedigheid, geduld en liefde te lank en smadelik op die proef stel!

[6] Hy is nog goed en wag op jou, maar sy geduld sou nie meer van lange duur kan wees nie! Is Sy geduld egter ten einde, dan tree die ou Bybelse leerstelling in werking, wat sê: "Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val!!" Daarom sê ek onverbloemd vir jou: Vir jou is daar nie meer tyd om te verloor nie! Hoere en egbrekers sal die ryk van God nie binnegaan nie! Groot is Sy goedheid en nog groter Sy genade en erbarming, maar in die oordeel spaar Hy geen lewe nie! Dan is Hy onverbiddelik! Dink dus goed hoe jy voor Hom, die Almagtige, staan en wat jy te doen het, want na my sal daar geen bode meer na jou toe gestuur word nie!"

[7] Die Patetikus sê: "Nou, so erg sal dit tog wel nie wees nie, vooropgestel dat mense ook hier iets weet van humaniteit. Indien jou God Jesus, Sy apostels en jyself, nog onverbiddeliker sou wees as die heidense regters in die onderwêreld, sou dit hier met alle plesier gedaan wees en mense sou hulle moet skik in alles wat julle wil hê. Dit is werklik `n hopelose geskiedenis! Maar wat kan `n enkeling doen teenoor `n algemene, allesbeheersende mag? Dus is jy in alle erns van mening dat ek na hom toe moet gaan, dit wil sê, na die Jesus van jou, wat God sou wees?"

[8] Robert sê: "Seer seker, want anders is jy, sonder elke verdere hulp of redding verlore!"

[9] Die Patetikus sê: "Wat `n hopelose geskiedenis. Nog verdraaid daaraan toe, verduiwels! Dit sal vir my so hittig word, waarby die Roomse vagevuur slegs `n kleinigheidjie vir `n arme siel is!

[10] Nee, nee, vriend, ek kan tog nie na Hom toe nie! Want nou eers begin ek in alle erns in te sien dat ek `n growwe en dom sukkelaar en `n sondaar is! Ek is werklik `n misbaksel vir alle mense en dit sou waansin wees, as ek dit sou waag om na die uitgelese geselskap te gaan. Ek begryp weliswaar nog nie hoe dit gekom het dat ek nou skielik my volledige ongeluk sonhelder begin insien nie, maar dit is presies hoe ek dit nou insien!

[11] O, my arme Emma, wat was jy vir my? Selfs in jou regverdige toorn nog steeds `n suiwer engel! En wat was ek vir jou? `n Vuil smeerlap sonder liefde, sonder dankbaarheid, selfs sonder enige respek! Nee, nee, vriend, hoe meer ek daaroor nadink, des te duideliker word dit vir my, dat ek tot nou toe `n gemene ellendeling was en eintlik nog is! Vanweë die skreeuende geregtigheid kan ek onmoontlik die geselskap nader! Nee, so `n liewe vrou het ek en tog kon ek my vermaak met die gewone hoere! O, jy, deur die Godheid vervloekte vark, nou `n prooi vir die wurms! Om jou lae luste te bevredig, kon ek `n engel ontvlug en alle duiwels nader! Die insig moet my nou sekerlik dood!

[12] O, mense wat van my soort is, sien af van julle boosaardige sinlikheid. Julle sal spoedig net soos ek voor julle regters staan en hulle sal julle eie hart open. Geen God sal julle oordeel nie, maar julle eie hart sal julle oordeel en verdoem, en tereg, want julle het self deur julle duiwelse praktyke daartoe gekwalifiseer. Wend julle af van julle groot blindheid, want anders is julle deur eie toedoen verlore! Broer, gaan weg van my, want ek is `n groot sondaar. Laat ek my intrek neem tussen die varke!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205