Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE AANKONDIGING VAN `N STER
5 September 1959
Wat u deur die Gees verkry, sal u sonder bedenkinge kan aanneem. En so sal u moet ervaar dat die naderende einde van die aarde ook al in die heelal bemerk kan word, dat daar kosmiese veranderinge voorkom, omdat dit God se Wil is. Dat by die beëindiging van `n aardperiode, op elke manier kenmerkend aandag getrek word wat die mens nie natuurlik sou kon verklaar nie, wat hom die Mag van `n Skepper laat sien en wat dus ook in alle duidelikheid op die Skepper wys. En hierdie kosmiese veranderinge raak meestal afwykings in die beweeg van die hemelliggame tot nou toe, wat `n ander baan gaan inslaan, en dat sulke gebeurtenisse vir die mense onverklaarbaar is en bly, en tog nie geglo kan word nie. Hoe nader die einde kom, hoe gereelder sal die mense sulke gebeurtenisse waarneem, eers nie baie duidelik sigbaar nie, maar wat egter steeds duideliker tevoorskyn sal kom sodat die mense in waarheid sal kan sê: "Die kragte van die hemele word geskud". En geen enkele menslike wil sal daarmee vergelyk kan word nie; alleen God se Wil sal tot uitdrukking kom en daarom sou ook alle mense kan glo in `n God, wanneer hulle sulke ongewone verskynsels oplettend ondersoek.
Maar wie nie wil glo nie, kan ook nie duideliker oortuig word van die bestaan van `n God en Skepper, aan Wie alle elemente van die natuur onderworpe is nie. Wie egter oplet, weet ook dat die tyd daar is. En so sal `n ster homself losmaak uit sy normale baan en die weg na die aarde neem. En hierdie ster gaan sy weg onafhanklik van die wil van die mense en hy hou vir hulle `n groot gevaar in, maar sy loop word nie gestuit nie, omdat die aarde `n skok moet ondervind, tot skade en heil van die mense daarop. Want baie mense sal hulle lewens daardeur verloor, soos dit al vir `n lang tyd tevore verkondig is.
En die aarde sal `n skok ondergaan. Niemand sal homself kan voorstel in welke gevaarlike situasie die hele hemelliggaam (aarde) sal kom nie. Hierdie natuurkatastrofe sal nie tot `n volledige vernietiging lei nie, maar tog van `n onbepaalde omvang wees, sodat die einde daardeur vir ontelbare mense sal kom. Maar wie dit sal oorleef, gaan nie lank daarna nie, die uiteinde tegemoet, `n daad van vernietiging wat deur die menslike wil veroorsaak sal word, wat wel deur God toegelaat is, maar wat nie Sy Wil is nie. Terwyl die vroeëre kosmiese katastrofe tog nog `n doel het wat moet help met die verlossing, sodat die ongelowige mense nog op die laaste gewys sal word op `n Mag wat alles beheer en dat daar niks willekeurig gebeur nie. Daar moet nog `n reddingsmiddel vir hulle gegee word, en `n laaste middel is om te glo, sodat hulle nie verlore gaan nie.
God Self spreek deur hierdie gebeure die mense aan wat geen ag slaan op Sy sagte stem nie, maar Sy luide stem weerklink dikwels vol smart en daar sal ook baie vernietig word. Daar bly egter nog die moontlikheid vir hulle oor om in die ryk hierna in te haal wat hulle op aarde versuim het.
Baie sal ook nog die barmhartigheid verkry om die laaste kort tyd tot die einde toe mee te maak en ook nou is die wil om te glo weer maatgewend, want die ongelowiges sal vir hulle siel geen voordeel bereik van wat hulle meemaak nie. En hulle sal vir hulleself aan die einde alleen maar die lot van `n hernude kluistering oplewer, waarteen God in Sy Liefde die mense sou wou behoed het.
En daarom waarsku en maan Hy almal alreeds, en Hy maak die mense bedag op alle verskynsels in die laaste tyd - en salig is hy wat hierop ag slaan, wat daarin glo en sy lewe op aarde in ooreenstemming bring daarmee. Hy sal deur al die moeilikhede heen gelei word en wat ookal met hom sal gebeur, sal dit vir sy siel en vir sy rypwording op hierdie aarde goed wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205