Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE LIGSTRALING VAN DIE SON
3 Augustus 1961
Deur die barmhartigheid van die wat My woord ontvang, word u ook van My beskerming verseker, en u hoef nie te vrees dat u tot prooi sal val van die dwaling nie, omdat EK u verlange na die waarheid ken en u geen foutiewe onderrig sal laat toekom nie, ofskoon u voortdurend deur kragte van die duisternis omgewe word, wat die lig wat van bo kom sou wil vertroebel of uitdoof. Maar teenoor die lig wat teen hulle straal, is hulle magteloos, hulle ontvlug dit omdat hulle die uitgangspunt daarvan herken.
Maar hulle sal aanhoudend probeer om u gedagtes te verwar, wat EK egter steeds sal reg rig, omdat dit u taak is om My te dien in My wingerd en dus die waarheid uit te brei wat EK Self aan u van bo af stuur. Omdat u, My mense, dit nodig het vir u rypwording. EK alleen kan u korrek onderrig en so ook die wesens van die lig waardeur dieselfde stroom van liefdeslig vloei wat van My af uitgaan, en wat daarom steeds alleenlik dieselfde lig kan uitstraal wat hulle van My Self in ontvangs neem om dit te laat binnedring in die duisternis.
En dus mag u sonder om te twyfel alles aanneem wat van bo kom. U sal egter moet weet dat dit moeilik is om geheime van die skepping aan u te onthul, solank u nog heeltemal onkundig daarin is. Want die wette van die natuur ken u nie om ook op hoogte te wees van die uitwerkinge daarvan en nog minder is u op hoogte van die goddelike geestelike wette.
U is nie op hoogte van die ligbronne in die heelal wat `n suiwer geestelike oorsprong het en wat hulleself tog vir aardse oë duidelik sigbaar maak nie. En daarom kan daar ook geen verstaanbare verklaring aan u gegee word òf en wanneer die sonstrale `n vermindering van hulle stralingskrag ondergaan nie; òf en wanneer die stralingskrag heeltemal opgehef is nie. Menslike berekeninge is nie korrek nie, ofskoon sogenaamde bewyse poog om dit te regverdig.
Die uitstralingsbereiking van die son is ook begrens, omdat dit `n geestelike ligstroom is wat onderbreek word waar die wetmatige ordening nie nagekom word nie, waarop die grondbeginsels van die ewige ordening `n werksaamheid uitskakel, wat u, mense, in u beperkte staat nie sal kan insien en begryp nie.
Geestelike prosesse in die kosmos sal steeds beantwoord aan die aardse of duidelik sigbare prosesse, want alles hou ten nouste verband met mekaar. En so ook sou daar vir die strale deurdringing van die son, geen hindernisse of beperkinge wees nie, as dit nie deur `n sekere weerstand van die nog onryp geestelike, waaruit die hemelliggame in die heelal min of meer bestaan, die lig of straalkrag verminder of verhinder sou word nie.
Ook die gesteldheid van die hemelliggame vind juis hulle oorsprong in die samestelling van onryp geestelike substansies, en die graad van hulle voltooiing bepaal ook die graad van hoe hulle bestraal word. Daarom sal die meer voltooide geskape hemelliggame self strale uitstuur, omdat die lig uit die Oerbron tot hulle kan kom sonder om weerstand te ondervind en dus ook die ligbronne weer lig kan laat uitstraal. Dus kan elke donker hemelliggaam ook aangeraak word en dit word ook bestraal in eweredigheid met die waarborge wat vir die “lewe” op die hemelliggame moet geld. Maar `n voortdurende bestraling sou eerder die lewe in gevaar bring, daarom moet ook hierdie bestraling aan grense gebonde wees, wat die wisseling van dag en nag geestelik verklaar.
Tog kan alle prosesse in die kosmos aards verklaar word, maar daar moet `n sekere voorwaarde aanwesig wees om dit te kan begryp. Die mense moet weet dat alle hemelliggame in die bestaan van `n son ook die lig hiervan opneem, maar steeds op `n aanvaarbare manier, dat dit steeds alleen die nodige lig om te lewe en te bestaan, aanpassend by die geestelike behoefte van die bewoners daarvan, uitstraal, en dat hierdie liguitstraling soms ook deur bewoners van andere hemelliggame gesien kan word.
Maar geensins verhinder of beperk `n hemelliggaam, `n ster, wat bestraal word van `n ander, soos wat u, mense dit u voorstel nie, want elke ster is vir die son in dieselfde verhouding toeganklik. Die uitstraling daarvan word deur die hemelliggaam self bepaal, wat dus die geestelike gesteldheid van sy substansie kenmerk. Want die sonlig is geestelike uitstraling, die son is `n ster wat self lig gee, wat voortdurend deur die bron van die Oerkrag van die lig gevoed word en die krag en ligstroom voortdurend deurgee. Dit is wel aan die uitspansel sigbaar en tog al `n skepping van geestelike aard, waar die voltooide geestelike werksaam is met die instandhouding van die skeppingswerke wat in die bereik van hierdie son geleë is.
Geestelike straling deurdring nou alles, ook alle materie, maar onderbreek haar werksaamheid waar `n weerstand homself voordoen, soos welke materie dan ook te bestempel is. Maar hierdie substansie sou die uitstraling nooit kan verhinder of teëhou om weer ander hemelliggame te tref nie, waarom dit `n foutiewe begrip is dat `n hemelliggaam as skadu vir `n ander sou kan blyk te wees. Maar wette bestaan volgens goddelike ordening en hierdie wette sal ook ewig bly bestaan solank daar nog `n materiële skepping bestaan. En indien dit enigsins moontlik is, sal EK u, mense ook daarvan in kennis stel, wanneer die rypheid van u siel dit toelaat en wanneer EK dit vir u en u siel as heilsaam ag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205