Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

ONTKETENDE NATUURELEMENTE
27 Oktober 1962
My sorg sal vir ewig uitgaan na u wat nog op `n groot afstand van My bly en wat u daarteen verset om op die weg na My terug te kom. En EK kyk vol erbarming af op die mensdom, wat geen aanstaltes maak om hulself na My toe te keer en wat die afval van My teenstander ten uitvoer bring.
Die einde van hierdie aarde kom steeds nader, wat vir al haar bewoners beslissend sal wees vir hulle verdere lot. Steeds dringender en aanmanender laat EK My stem weerklink en daar kom `n groot mate van lyding en nood oor die aarde, wat waarlik voldoende sou wees om `n verandering in die gevoelens van die mense te bewerkstellig, maar die meeste sal onaangeraak bly daardeur. Solank hulle nie self getref word nie, word hulle eie liefde steeds sterker, sodat hulle hulself skadeloos stel deur die genoegdoening van die wêreld en nouliks aan hul ongelukkige naaste dink.
En al kom daar steeds meer ongelukke en katastrofes, hulle vergroot self die nood en die lyding deur eie maaksels en hulle dryf daardeur die mense in erge benoudheid, want sonde kry die oorhand en onverantwoordelik is die handeling van die enkeling teenoor sy medemens. Hulle is so ver van My af dat My stem hulle nouliks kan bereik en daarom dryf hulle My daartoe om my stem luid te laat weerklink van bo-af sodat ook hulle nou in uiterste nood sal raak deur die elemente van die natuur. Sodoende kan hulle die medemens nie meer verantwoordelik hou vir dit wat daar oor hulle gaan losbars nie, - inteendeel die uiting van `n Mag moet erken aan Wie hulle self nie in staat is om weerstand te bied nie.
EK moet hierdie laaste baie kragtige middel toepas, ofskoon ook so-iets nie sommer geglo sal word nie, omdat die mense vir hulself alle ander verklarings sal gee as die een: Naamlik dat hul God en Skepper Homself wil uiter om deur die mense gehoor te word.
Die geloof in `n God is skaars merkbaar aanwesig en baie mense sal selfs die geringe geloof verloor by die aanskouing van die vernietigingswerk wat die ontketende natuurelemente tot stand gebring het. En tog pas EK die laaste uitweg toe, omdat enkele mense My daardeur sal vind, wat in uiterste nood die weg na My neem en `n gebed in gees en in waarheid na My sal opstuur - Op wonderbare wyse sal hulle redding ondervind en sal hulle My ook nie meer wil opgee nie, omdat hulle My hulp duidelik ervaar het, wat egter alleen deel kan word van hulle wat My in gees en in waarheid aanroep.
Tallose mense sal hulle lewens verloor in die verwisseling met die aarde en die ryk hierna, maar daar is steeds nog die moontlikheid om opwaarts te gaan, want die poorte van die geestelike ryk is nog nie gesluit nie en dit is vir baie mense nog `n barmhartigheid om van die aarde af weggeroep te word. En EK ken waarlik die gesteldheid van hulle siele in hoeverre hulle nog in staat sal wees om in die geestelike ryk hierna onderrig te word.
Maar die oorlewendes op die aarde kan nog `n tyd van nood te wagte wees, wat slegs verdra sal kan word as hulle gebruik maak van My krag en hulp. Want daar sal `n onafwendbare chaos wees wat u, mense, nie alleen sal kan baasraak nie. Nou sal dit duidelik word dat Myne gelei word deur alle nood, omdat My hulp aan hulle duidelik sigbaar sal wees. En hulle sal nou ook nog hulle medemens troos en krag kan gee, deurdat hulle ook gewys word op My, wat alleenlik hulle toestand kan verbeter, maar wat ook uit die diepste van die hart aangeroep wil word.
Ook die laaste ingryping van My kant af voor die einde sal `n baie groot barmhartigheid wees, ofskoon die meeste mense aan My Liefde sal twyfel, ja wat selfs openlik `n God sal verloën wat so `n ongeluk oor die mense laat kom. Maar dit sal nie meer lank duur tot die einde nie. En daarom moet alles betyds probeer word om mense te red van die lot van die hernude kluistering in die skepping van die nuwe aarde, omdat die lot so verskriklik sal wees dat u, mense, nie in staat is om dit vir u voor te stel nie.
En EK wil u daarteen beskerm, daarom wend EK dus nog hierdie middele aan, wat `n klein resultaat beloof, ook wanneer u daaraan twyfel dat dit die werk is van `n lewende God, wat in Homself Liefde is.
Dit gaan vir My slegs daaroor dat die mense in hulle nood aan My dink, dat hulle hulleself opdra aan My, dat hulle My in hulle harte erken en dan ook nie verlore gaan wanneer hulle weggeroep word van die aarde af nie, want dan is hulle ook vir hulle vaart omhoog in die ryk hierna verseker.
En as hulle die gewelddadige natuurgebeure oorleef, dan sal hulle My ook nie meer opgee nie, en aan hulle almal is nog `n tyd van barmhartigheid verleen tot aan die einde, waarin hulle `n beslissing ernstige kan neem, terwyl hulle nog besluiteloos is.
Die tyd loop ten einde en daar wag nog baie probleme vir die mensdom. Maar die wat in My glo, kan ook hierdie tyd met `n geruste hart tegemoet gaan, want hulle sal steeds My hulp ondervind en hierdie nood sal ook verbygaan, sodra die doelwit bereik is. Want spoedig kom EK Self en kom haal die wat Myne is van hierdie aarde af, wanneer die laaste dag gekom het, soos wat dit voorsien is in My plan van die ewigheid af.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205