Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

"DIE KRAGTE VAN DIE HEMELE SAL IN BEWEGING GESTEL WORD "
13 Januarie 1963
EK het ook aan u voorspel dat u aan die tekens van die tye sal insien dat die einde naby is. En hierdie tekens sal so duidelik wees dat u nie meer hoef te twyfel nie, en hoef te wonder hoe laat dit is nie.
Die kragte van die hemele sal in beweging gestel word, u sal kosmiese veranderinge kan vasstel, natuurverskynsels wat u te wagte is, sal u kan waarneem en ook die wetmatige geordende lig omvergewerp sien in die natuur. Tog regeer `n goddelike wet daaroor, want alles wat kom en gebeur, word deur My Wil teweeggebring.
Maar aan u, mense, moet die waarheid net duidelik word deur dit wat aan u verkondig word deur sieners en profete, en wat EK Self vir u voorspel het oor die einde. Want in die laaste tyd sal alles uit sy ordening tree om u, mense, te laat oplet. Omdat u geen geloof meer in `n God en Skepper wil aanvaar nie, omdat u glo dat u self op My skeppingswerke `n invloed uitoefen, omdat u uself as magtig en buitengewoon wys beskou, moet teenbewyse vir u gegee word. U sal u magteloosheid moet insien teenoor verskynsels wat nie deur u wil gekeer of verander kan word nie. Verder sal u moet besef dat sulke voorspellings, wat u nie kan verloën nie, al lankal bestaan het, en dat dit nou die tyd is wat gekom het en waarin vervul sal word wat geskrywe staan en wat steeds weer aan die mense deur My woord verkondig word.
Maar die mense sal ook kosmiese veranderinge as die gevolge van hulle eie maaksels aansien en hulself as Heer beskou wat ook vir sulke kosmiese veranderinge die bevoegdheid het, en gevolglik sal hulle God uit volle oortuiging verloën. Want dit is die werksaamhede van My teenstander in die eindtyd, dat hy trag om My Self te onttroon en daarom ook weer gekluister sal word.
Maar die mense sal ook die tyd herken en My en My ryk teenoor die wêreld verdedig, teenoor diegene wat totaal ongelowig is. Want hulle weet dat die laaste uur spoedig geslaan het en hulle hou ook die kosmiese veranderinge as `n bewys, omdat EK dit Self voorspel het toe EK oor die aarde gegaan het.
"Die kragte van die hemele sal in beweging gesit word", ook die woord het `n geestelike betekenis, wat u, mense, nog nie begryp nie. Alles wat van My uitgaan, wat My Wil as oorsprong het, sal lewend wees, elke sterrevorm sal tot lewe gebring word, omdat My Krag homself sal uiter - wat steeds lewe voortbring.
En My Krag sal in alle volheid uitstraal in die laaste tyd voor die einde, dit sal oral alles losser maak, `n verslapping tevoorskyn roep, d.w.s. die Son van My Gees sal deur die donkerste nag waarin die aarde lê, heen breek. Die Son van My Gees sal helder verlig en haar skyning sal alles tot lewe bring, dit sal al die slapendes wakker skud en die tot nou toe dooies wat deur hierdie straal getref sal word, sal lewend word. Dus sal die kragte van die hemele homself uiter, wat u, mense, nie kan teenhou nie.
Ten slotte sal ook, suiwer natuurlik, `n uiting van My Mag voltrek word wat geen mens vir homself sal kan verklaar nie. Want EK het vir die einde buitengewone tekens voorspel wat hulself sal voordoen in `n vorm waardeur die mense met ontsetting al die gebeurtenisse in die natuur kan volg, wat hulle nie kan keer deur eie teenaksies nie, maar hulle sal self nog daartoe bydra dat kragte in werking tree waarvan hulle die uitwerking nog nie deurgrond het nie. En daarom sal dit alles vernietigende gevolge meebring en die laaste einde bespoedig, wat weliswaar in My verlossingsplan van die ewigheid voorsien is, omdat EK ook sedert die ewigheid op hoogte is van die wil van die mense en die verlossingsplan hiervoor opgestel het, wat egter tog deur die mense self, wat dink dat hulle My kan troef, ten uitvoer gebring sal word. Hulle staan dus duidelik onder die invloed van die teenstander, wie se verwoestende werksaamheid nou duidelik sal word.
Dit sal gebeur soos dit verkondig is en wie opmerksaam is, herken ook al die tekens van die tyd. Wie opmerksaam is, besef ook dat My woord waarheid is wat die mense van bo toekom as `n buitengewone barmhartigheidsgeskenk vir alle mense wat die geskenk maar wil aanneem. Want EK het die mensdom nooit ongewaarsku gelaat wanneer daar gebeurtenisse te wagte was, wat EK oor die mense moes laat kom, sodra hulle in gevaar was om volkome deur My teenstander opgeneem te word.
Steeds gaan My oordele en ook My waarskuwings en aanmanings vooruit, want steeds wil EK aan die mense die moontlikheid bied om self te besin en nog die kort tydjie voor dit te benut, sodat hulle siele ongedeerd uit al die dergelike oordele te voorskyn kan kom. Ook mag hierdie ernstige aanmaninge en waarskuwings nooit gedwonge wees om te glo nie, en daarom sal My aankondiginge ook weinig geloof vind, al is die tekens van die tye so duidelik sigbaar. Die mense soek oral `n verklaring wat hulle beter geval en daarom sal hulle onvoorbereid deur die einde verras word, want die tyd is vervul, die einde staan voor die deur.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205