Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

VERANDERINGE IN DIE KOSMOS
16 Maart 1964
Dit is `n ongewone gebeurtenis wat EK vir u aankondig - u sal dink dat u uself vergis en steeds weer sal u dieselfde belewe. Aardskokke wat nie van uitbarstings afkomstig is nie, maar steeds aanhou, wanneer die aarde in `n bepaalde stand tot die sterre staan, sodat die skokke reëlmatig verwag kan word en nie sal wegbly nie.
Dit sal nouliks waarneembaar wees en daarom ook maar weinig mense verontrus, maar eers by die ondersoek van die wetenskaplikes sal daar redes gegee word om die ergste te vrees. Mettertyd sal die verskynsels sterker word en gevolglik ook die onverskillige mense verontrus, omdat hulle `n bedreiging van die hemelliggaam aarde herken deur andere hemelliggame, want die hemelliggame wat uit hulle baan getree het, beweeg self na die aarde toe en kom steeds weer opnuut in `n samehangende stand wat juis die gevolge in werking sal stel.
Met die oog op die nabye einde moet die mense nog wakker geskud word uit hulle rus, hulle moet aan hulle Skepper dink en hulself besig hou met gedagtes van hulle eie verganklikheid en ook daarmee saam dat daar ook vir hulle geen waarborg bestaan dat hulle nie heeltemal met die dood van hulle liggame sal vergaan nie, hulle moet herinner word aan die einde van hulle lewens en ook aan die lot wat op hulle wag, wanneer hulle glo aan `n verdere lewe van die siel. Die eindtyd sal soveel onnatuurlik toon, en tog is dit slegs die doen en denke van die mense wat onnatuurlik is en sal die ergste gevolge hê. Die mense matig hulleself aan om buite hulle bevoegdheid ondersoeke in die ruimte te onderneem, hulle hou hulleself nie by die wette van die natuur nie en word nogtans nie in hulle dade en wil gehinder nie, maar die gevolge sal hulle self tref.
Maar die einde kom steeds nader en as die mense nog gehelp wil word, wat tot selfbesinning wil kom, en hulle self bewus word van hulle groot verantwoordelikheid, dan moet daar ook van die kant van God af `n ongewone werksaamheid aan hulle getoon word en staan dit hulle nog steeds vry om daarop ag te slaan en hulleself beantwoordend daarmee in te stel.
En so `n ongewone werksaamheid sal die mensdom belewe in die komende tyd, wat nie deur mense veroorsaak sal word nie, maar wat homself in die kosmos sal afspeel, in `n gebied wat alleen aan die Skepper Self onderworpe is, en wat nou skynbaar in stryd met die normale wetmatigheid geraak het. Tog is die gebeure ook opgeneem in die plan om die geestelike terug te voer, want dit kan `n ommekeer by baie mense teweegbring, omdat dit te ongewoon is, sonder om die geloof van die mense egter te dwing, want die ongelowige mens doen nie eers die moeite om `n verklaring te vind nie, omdat hy heeltemal verder leef sonder om homself te verantwoord.
En die geestestoestand van die mense in die eindtyd is al so diep versonke, dat hulle hulself ook nie deur ongewone natuurgebeurtenisse sal laat oorhaal om te glo nie, en daarom kan sulke middele ook nog aanwend word wat nog vir die besluitelose mense van nut kan wees, wat `n hewige skok nodig het om ernstig na te dink en hulle wil dan korrek te rig. Want wat nog gedoen kan word om siele teen die lot van die hernude kluistering te behoed, word ook gedoen van die kant van God af, wat die mense liefhet en hulle nie verlore wil laat gaan nie.
Maar telkens wanneer Hy Homself op die aangekondigde manier sal uiter, sal daar slagoffers val, omdat die mense nie andersins beïndruk sou word nie en mekaar van selfmisleiding sal beskuldig. Want die gevolge sal op verskillende plekke ook verskillend wees en dit sal `n bepaalde tyd nodig hê, voordat die wetenskap daarin sal slaag om die korrekte uitleg te vind, maar dan sal hierdie tekens hulself ook voortdurend meer dikwels herhaal en aan die mense die bewys lewer dat daar in die kosmos iets gaande is waaraan hulle self niks kan doen nie. En so is hulle dus ook aan die gevolge blootgestel wat steeds periodiek voorkom, totdat daar ten slotte groot natuurgebeurtenisse sal plaasvind, wat die Mag en die grootte van God sal bewys aan die mense wat in Hom glo en wat ook beskerm sal word in elke nood.
Maar of daar ook nou steeds weer `n nabye einde aan die mense aangekondig word, of hulle steeds weer gewys word op die natuurkatastrofes wat dit sal voorafgaan, hulle glo nie en verander hulle lewenswandel nie in die minste nie. Hulle doen niks om hulleself voor te berei nie, hulle gaan op in die wêreld en hou daarvan en sien in die wêreld hulle god... En daarom sal hulle ook verbonde bly met die materie wanneer die einde gekom het. Maar alles is vasgelê in die goddelike verlossingsplan en daar gebeur niks wat nie al lankal voorsien is van die ewigheid af nie.
En so sal alle gebeure wat teen die natuur ingaan, hulself afspeel volgens die goddelike Wil en daarom is ook die dag (van die einde) voorbestem en sal ook so gehou word. Maar u moet vooraf in kennis gestel word, sodat u geloof versterk kan word, omdat alles so sal gebeur soos wat dit voorspel is en omdat u die waarheid daarvan steeds meer sal insien, wat regstreeks van bo gestuur word. Want u sal die verbinding tot stand moet bring tussen God en die wêreld, met u medemens wat ongelowig en sonder nadenke voortgaan. U sal weliswaar eers dan daaroor kan spreek, wanneer die eerste gebeurtenisse plaasgevind het, want voor dit sal geen mens u waarskuwing wil aanhoor nie - eers dan sal u oop ore en harte vind; wanneer daar `n skok voorafgegaan het wat die mense vrae sal laat stel en dan eers moet u spreek. En dit sal van die gewilligheid van die mense afhang of hulle hulle voordeel uit die gebeure sal wil trek.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205