Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

AARD VAN DIE KATASTROFE
25 Julie 1940
Die leraars uit die hiernamaals doen steeds op dieselfde manier hulle bes vir jou (B.D.) en trag om jou lig ontvanklik te maak, maar jou hart is nie altyd gewillig om dit op te neem nie en dan ontstaan daar sulke hindernisse wat die opneem (van die woord) bemoeilik. Onverdeelde opmerksaamheid moet aan die gawes van die hemel betoon word en alle aardse gedagtes vermy word, dan kom die gedagtes van die vriende uit die hiernamaals maklik binne. Die goddelike Liefde stuur aan jou bodes tegemoet, wat jou wil versterk in die wil om te ontvang. Hulle bring aan jou `n kennisgewing wat op `n verstaanbare manier aan jou die toedrag beskryf van die katastrofes wat afsonderlik sal beslis oor dood en lewe van elkeen.
Soos dit blyk moet ook profete en profetesse aangemaan word om hulle eie gedagtes te laat vaar en hulself in totale opmerksaamheid oor te gee aan die binnestroming van hemelse gawes. Dit in teenstelling tot valse profete wat die lof wil oes met eie of valse waarhede...
(opm.v/d Hollandse uitgewer)
Baie min mense skenk aandag aan die voortekens van die komende tyd.. Hulle verwonder hulleself wel oor afwisselings en onreƫlmatighede wat in die natuur opgemerk word, maar gaan ongesteurd daardeur voort. Hulle sien geen uiting van die goddelike Wil daarin nie, maar slegs `n toevalligheid. En dus sal hulle aanvanklik ook aan die verskynsels geen aandag skenk wanneer die natuurgebeure aanbreek nie.
Deur windkouse (windaanduiding) sal die mense eerstens bedag gemaak word op naderkomende onweer. Dit sal so plotseling kom dat mens en dier in groot nood sal verkeer, want hulle sal skaars in staat wees om teen die hewige storms weerstand te bied, maar dit sal slegs die begin wees.
Met klein tussenposes sal hewige aardskokke opgemerk word en die hemel sal verduister word, `n gebulder van donderslae sal gehoor word en dit sal so vreeslik wees, dat paniek onder mens en dier sal uitbreek. Hulle sal hul behoud soek deur te ontvlug, dog die duisternis sal hulle verhinder. Maar die nood sal steeds groter word, die gebulder steeds harder, die aardbewinge steeds heftiger. Die aarde sal haarself open en enorme watermassas sal vanuit die binneste van die aarde breek.
En sover as wat die oog ook kyk of mag sien, sal water en duisternis wees - en die mense sal `n onbeskryflike chaos beleef. Hulle sal besef dat hulle in die grootste benoudheid gedompel gaan word. Die voorafgaande dae sal so stralend wees, dat `n sekere sorgloosheid die mense sal aangryp, en die ommekeer sal dan so plotseling kom, dat niemand in aardse opsig voorsorg sal kan tref daarteen nie. Dit sou ook volkome nutteloos wees, want geen aardse mag sal hierdie elemente kan weerstaan nie.
Slegs die gelowige mens sal nou die goddelike Almag ervaar en hy sal homself toevertrou aan sy Skepper. En al is sy hart ook bang en al bewe hy, sal hy geduldig wag totdat daar hulp na hom toe sal kom, want hy stuur sy gedagtes omhoog na Hom toe.
Wie die sin en die doel van die lewe begryp het, weet dat die uur van die beslissing nou gekom het vir elke mens. En hy sal trag om geestelike hulp te bring sover dit moontlik is - hy sal die ongelukkiges vertroos en hulle op God wys - hy sal help deurdat hy `n liggie laat ontbrand in die diepste duisternis.
Want God sal aan diegene wat Hom herken het en wie aan Hom hulle dienste aangebied het, die moontlikheid bied om vir Hom te werk. `n Ryk arbeidsveld sal aan hulle toegewys word waar die saad op goeie bodem sal val, want God sal diegene spaar wat ag op Hom geslaan het of in groot nood die weg na Hom sal vind.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205