Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

VOORTEKENS VIR `N NATUURVERSKYNSEL. VERMELDING DEUR JESUS OP AARDE
5 Augustus 1942
Dit is geen toevalligheid dat die voortekens in die natuur sal toeneem wat tot `n uitbarsting van die elemente sal lei nie, want God stuur al hierdie voortekens vooraf om die mense voor te berei op `n buitengewone gebeurtenis in die natuur, wat die mense plotseling en onverwags sal verras en `n onvoorstelbare ellende tot gevolg sal hê. Die mense moet hierdie voortekens in verband bring met Sy Woord, want Jesus Christus het reeds van hierdie tyd melding gemaak toe Hy op aarde geleef het, omdat Hy die mense daarop wil wys, welke gevolge hulle lewenswandel uiteindelik sou oplewer. En nou is die tyd naby, nou moet die mense aandag skenk aan die tekens wat die gebeure aankondig. Hulle moet niks onopgemerk laat wat buite die grense van die natuurlike val nie.
God kondig Homself Self aan; d.w.s. deur Sy ingryping in die bestaande Wêreldorde. Hy wil die mense niks onvoorbereid laat belewe wat vir hulle geestelike resultaat moet, kan en sal oplewer nie, wanneer aan hulle die samehang van al die gebeure duidelik getoon sal word nie. En daarom wys God onophoudelik op die komende tyd en Hy stel die mense daarvan in kennis, dat die tyd gekom het wat die goddelike ingryping vereis.
En nou berus dit by elke mens, hoe hy homself teenoor hierdie aankondiging gaan gedra. As hy glo, sal hy daaraan beantwoording gee en sy lewe regstel, hy sal homself met God verbind en sy lot berustend aan Hom oorlaat. Hulle is nie in sulke groot gevaar as die mense by wie die ware geloof aan `n ingryping ontbreek nie. Hulle sal hulleself ook nie voorberei nie, veeleer sal alle aanwysinge en aanmanings ongehoord by hulle verbygaan.
En vir hulle sal die natuurverskynsel vreeslik wees. Want `n diep geloof gee die mens die vaste vertroue dat God hom beskerm in elke gevaar, maar die ongelowige sal sonder enige steun wees as hy nie ter elfde ure `n Heer bokant homself erken en homself in diens van barmhartigheid aanbeveel nie.
God stuur al vir `n lang tyd vroeëre voortekens om die mensdom tot insig aan te moedig en hierdie voortekens kan deur elke mens herken word wat wil sien. Hulle sal tot denke aangespoor word, omdat die tekens nie net één keer sigbaar sal word nie, maar sal hulleself nog dikwels en reëlmatig herhaal, sodat dit deur alle mense opgemerk kan word.
Maar die mens vorm vir hom meestal self sy eie uitleg. Sodra hy al hierdie verskynsels met die Wil van God in verband bring, skenk hy aandag daaraan en trek self voordeel daaruit, omdat hy homself voorberei het op die komende tyd en dat dit baie suksesvol vir sy siel sal wees!
Wat God verkondig het in woord en geskrif, word onherroeplik vervul en net die tydstip is vir die mense nog onbekend. En daarom moet hulle op die tekens let waarvan God melding gemaak het. En dus sal hulle weet dat die aarde spoedig groot skokke sal ondergaan en dat onnoemlike leed daardeur vir die mensdom beskore is.
En nou lê by hulle om hulleself so te vorm dat hulle die komende tyd voorbereid kan afwag. Hulle moet worstel en vra vir `n sterk geloof, sodat hulle nie swak sal word in die aangesig van die werk van vernietiging, wat die mensdom nou te wagte staan nie. En God sal Homself oor elkeen bekommer wat aandag skenk aan Sy woorde en wat die goddelike ingryping bewustelik verwag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205