Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

RAAISELAGTIGE LIGVERSKYNSELS
13 Desember 1954
In die donker wat oor die aarde versprei is, het die mense baie lig nodig en al is hulle meestal nie bereid om lig aan te neem nie; al wandel hulle ook gewoonlik eerder in die duisternis - My lig van bo sal tog aan hulle gestuur word, want die liefdevolle erbarming van die ligwêreld verleen hom daartoe om aan u, mense, hulp te bring.
En op aarde is daar ontelbare ligwesens digby u, mense, steeds bereid om `n lig in u aan te steek, u saggies te vermaan om werke van liefde te verrig, sodat in u `n lig gaan uitstraal en u gees verlig. EK Self het dit aan My leërskare opgedra om die drang van hulle liefde by u in dade om te sit, en My Wil is ook julle s’n.
Juis in die laaste tyd voor die einde, waarin die duisternis steeds dieper word, is die aarde deur ligwesens omgewe, wat hulle kragte na die aarde laat stroom en ook oral geopende harte vind, vir wie hulle lig kan bring. Voor die einde word hulle wil om liefde te gee steeds magtiger en gee hulle soms aanleiding om buitengewoon werksaam te wees - sodat ligverskynsels hulle aktiwiteite duidelik bewys, verskynsels wat geen sataniese verblindende ligte is nie, maar duidelik wys op `n ander Mag. Verskynsels wat Myne gelukkig sal maak, maar wat My teenstanders egter, wat niks glo nie en tog iets meemaak wat alleen deur die geloof verklaar kan word, met vrees en ontsetting vervul.
Aan My ligbodes is opgedra om hulle krag vanuit My Wil te gebruik en waar dit daarom gaan om `n reddingswerk te volbring, daar skaar hulle hulself bymekaar en werk met verenigde krag - sodat hulle werksaamheid oral duidelik te sien is - dat die oorvloed van hulle lig na die aarde straal en op `n duidelike wyse vir alle mense sigbaar is.
Ligverskynsels van raaiselagtige aard sal die gedagtes van die mense voor die einde besig hou en dit sal nie maklik wees om hierdie verskynsels op `n natuurlike wyse te verklaar nie, wat die wetenskap weliswaar sal probeer. Ligverskynsels van raaiselagtige aard sal ook aanleiding gee tot vermoedens wat volkome verkeerd is. Wie lig soek, sal dit ook vind, want die bewoners van My ryk sien die gedagtes van elke mens en hulle bemoei hulleself met diegene wat in goeie wil ondersoek en na lig verlang. Die hemel en die aarde se ryk van die lig en dié van die duisternis is onderworpe aan My, en al die volmaakte, lig deurstraaldes, help saam om die duisternis op aarde te verdrywe. En dit sal duidelik word, omdat dit My Wil is dat alle hulp aan die mense op die aarde gebied word, wat hulle kan red, waartoe alle ligwesens altyd bereid is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205