Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

VERANDERDE STERREBEELD
18 November 1955
Met kort tussenposes sal u gebeurtenisse beleef wat hulleself sal herhaal en wat u mense hewig sal verontrus, want u sal dit nie kan verklaar nie en daarom sal u geweld vrees waarteen u uself nie sal kan verweer nie. U sal ook geen korrekte verklaring daarvoor kan vind nie, omdat dit in My Wil lê dat u met alle moontlikhede rekening moet hou en elkeen afsonderlik vir homself daaraan rekenskap moet gee, omdat EK wil dat elkeen afsonderlik ook vir homself, d.w.s. vir sy siel, hiermee sy voordeel kan bereik. Waar die geloof heeltemal ontbreek, sal die verontrusting besonder erg wees, terwyl die gelowiges min of meer aan My sal vashou en hulself in My hoede geborge sal vind.
Tog sal die verskynsels, aangesien dit kosmies gebonde is, groot openbare besprekings tot gevolg hê, sodat elke mens self daaroor sal nadink en homself ook teenoor sy medemens sal uitlaat. Voor enige tyd verby is, sal wêreldse belangstelling afneem, maar sodra hierdie verskynsels verby is, sal die wêreldse mense hulleself des te yweriger met die vreugde van die wêreld bevoordeel. By slegs weiniges sal indrukke agterbly wat hulle sal aanmoedig om hulself te alle tye te laat besin en wat ook tot verandering van die denke kan lei; totdat dieselfde gebeurtenisse in die kosmos homself weer sal herhaal en hernude verskrikking te voorskyn sal roep. Want van die kant van die wetenskap sal ernstige bedreiging vir die hemelliggaam aarde gevrees word, omdat die mens die raaiselagtige veranderinge in die sterresisteem vrees, wat nog nooit waargeneem is nie, en wat `n ernstige bedreiging sou kan inhou vir die aarde.
En menige van die mense sal aansienlik van mekaar verskil in die beoordeling van die uitwerking. Daar is mense wat verontagsamend daaroor sal stap en hulle lewe verder onbesorg sal geniet; terwyl daar mense is wat voorsorgsmaatreëls sal tref wat volkome nutteloos sal wees. Ander sal egter in hulself keer en hulle in die gedagtes met hulle God en Skepper besig hou. En EK laat elkeen sy vrye wil toe, EK trag alleen onophoudelik om op die gedagtes van die mense in te werk, wie se denke korrek is, wat hulself rig op die uiteindelike bestemming van die mens, wat in My tot rus kom en nou deur My gelei kan word na die heil van hulle siele.
Maar wat gaan daar gebeur? Die beeld van die sterre sal verander. Daar sal sterre in ander bane gelei word, hulle sal dan in `n veranderde verhouding tot die aarde staan as tot nou toe. En daardeur sal sterre sigbaar word wat nog nooit gesien was nie en daar sal één as `n regstreekse gevaar vir die aarde sigbaar word, omdat gevrees sal word dat sy baan met die aarde sal kruis. Geen mens sal wil glo dat so iets sal gebeur nie, geen mens sal glo dat natuurwette kan verander nie, maar u, mense, staan voor die einde. U berei self iets voor wat nog `n erger uitwerking sal hê, want wat u onderneem, gaan die hele aarde in gevaar bring.
Dit wat homself deur My Wil voordoen, is maar slegs `n voorteken van die einde, dit is `n ernstige waarskuwing aan u en EK gee u sodoende slegs duidelike tekens van die bestaan van `n hoëre Mag sodat almal hulself tot Hierdie Mag sal kan wend en dat u daardeur ook `n direkte gevaar vir uself sal kan afwend, wanneer u, dit wil sê, u siel die korrekte voordeel daaruit sal trek.
Maar wat daarna sal kom, het betrekking op die hele aarde en alles wat daarop leef. En daarom openbaar EK MY eerder op ongewone wyse, maar sonder om u te dwing om My Self as die Veroorsaker daarvan te erken, wat ontsettend in sy uitwerking is, maar wat nie die hele aarde sal aangaan nie. Want EK ken alle natuurwette en hulle werkinge, EK weet ook hoe om elke gebeurtenis af te wend of af te skaal in sy uitwerking.
Maar wat EK laat gebeur, dien alleen tot u redding, dit moet u, die mens, na My toe dryf, dit moet u, die mense `n God laat erken by Wie u beskerming moet soek, omdat HY u VADER is.
Dit is die laaste teken voordat die einde kom. Die is die laaste poging van My liefde en Erbarming om te red wat nog te redde is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205