Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Robert leer vir Peter oor die egte rypingsproses van die liefde. Voorbeelde van die feniks en van die wynpers

250 Die offisier slaan hierdie skouspel gade en bewonder die beskaafde taal van Helena. Hy wend hom tot Robert en sê: “Nou, jy moet jou Helena inmiddels flink onder hande geneem het, waarby jy haar vroeëre Lerchenfeldse, proletariese dialek daar grondig uitgedryf het! Werklik, sy praat nou goeie en mooi Duits.” Robert sê: “Vriend, dit kon sy vroeër ookal gedoen het. Sy praat alleen dan haar dialek, as dit vir haar daarom gaan om iemand, om God se wil, eens flink te verneder. Sy is andersins die sagmoedigste en is deur die Heer Self opgevoed, `n fyn beskaafde wese, mooi soos die môrerooi, hartlik en liefderik soos `n duif.

[2] Die offisier sê: “Ja, dit is wel op haar van toepassing, maar nou nog `n vraag! Ek hou so magtig baie van Jesus vanweë Sy onbegryplike liefde vir ons, Sy skepsele. Hierdie liefde bring my erg in beroering. Wat moet ek doen om my hart tot rus te bring?” Robert sê: “Laat jou hart maar breek van liefde, daardeur sal jou gees, wat nou nog geknel sit in jou hart, vry word. Dan word jy ook vry in jou hele wese, wat die eerste voorwaarde is as jy volkome naby aan die Heer wil kom.

[3] Om die hart voortydig gerus- en tevrede te stel, beteken om sy gees weer aan die slaap te sus. `n Slapende gees toon egter weinig neiging om vry te word. Mens moet hier, in die ryk van die genade, die liefde geheel die vrye loop laat gaan. Welke gevolge dit ookal mag hê, dit kan maar net goed wees, omdat die liefde `n heilige krag uit God is. Laat jou daarom maar in beroering bring deur die liefde van die Heer; Hy sal daarvoor sorg dat jou hele wese homself in die mees volmaakte orde sal ontwikkel!”

[4] Die offisier sê: Vriend, jy kan nou maklik preek, want jy het die skool deurloop, maar mense soos ons, wat hulle nog midde in die gloeiende vuur van die liefde bevind, ondervind in so `n lydsame toestand `n moeilik verdraagbare, onbehaaglike drang. Sorg liewer daarvoor dat ek Jesus kan omarm, daarmee help jy my meer as met die mooiste, stigtelikste preek. Spreek die heerlikste woorde in `n brandende huis, en jy sal die vuur nie daarmee blus nie; as jy egter `n emmer neem en ywerig water op die vuur daarmee gooi, dan sal jy jou doel beter daardeur bereik.”

[5] Robert sê: “Vriend, dit is nou juis dit, ek wil jou vuur nie blus nie, maar veeleer aanwakker. Jy moet eers soos `n feniks volledig deur die vuur verteer word om daarna opnuut uit die as van jou deemoed te verrys, voordat jy God met volle oorgawe kan nader, sonder om skade te ly aan jou wese.  

[6] Het jy nooit na wynperse op aarde gekyk nie? Die druif kom dan onder `n verskriklike swaar drukkende pers waardeur hulle heeltemal fyngedruk word en haar die edele sap tot op die laaste druppel ontneem word. Ons vrye geeste twyfel nie in die minste daaraan dat die druif gevoel het nie, omdat alles lewe moet hê en dat daar sonder `n bepaalde gevoel, geen lewe sou gewees het nie. Nou mag die druif onder die swaar pers nog so `n sterk pynlike druk voel, tog is dit vir die vergroting van haar opwekkende gees hoogs noodsaaklik. Sonder hierdie drukkende operasie sou haar gees immers nooit kon vry word nie en sou hierdie sap nooit so ten volle kon versadig, dat elkeen wat die sap tot hom neem, die opwekkende gees spoedig in sy hele wese waarneem nie.

[7] As jy egter van wyn en sy opwekkende krag hou, kan jy dan `n vyand van die pers wees? Ek sê jou, sonder druk gebeur dit nie! Slegs as die gees ook deur die druk gedwing word om oor te gaan in die sap wat aan die siel verwant is, kom die siel self eers tot lewe, in die besit van eie krag en mag. Begryp jy hierdie beeldspraak?”

[8] Die offisier sê: “Ja, nou begryp ek jou en ek sal my ook daarvolgens gedra. Ek dank jou, beste broeder, vir hierdie wyse en praktiese les!”

[9] Daarop stuur Ek Helena en Mathilde na die vroue toe, met wie die offisier Peter eers probleme gehad het en van wie daar een waswat My `n silwer relikwie kruis cadeau wou gegee het. Beide begin dadelik met hulle toevertroude liefdeswerk en oes ook die beste resultate


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205