Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Gelykenis van die streng, regverdige koning wat deur die liefde oorwin word

252 Die offisier sê: “O Vader, dit is veels te veel genade vir ons arme sondaars! Hoe kan ons U ooit genoeg dank vir so `n genade? Wat moet ons dan doen om so `n genade waardiger te word?” Ek sê: “Vriend en broeder, `n hart wat vir My met liefde vervul is, is vir My die grootste en volmaaktste diens waarmee `n mens My plesier kan aandoen. Ek sê vir jou, by My kom alles uiteindelik op die liefde neer! 

[2] Daar was eens op aarde `n magtige koning, onverbiddelik streng en regverdig in sy doen en late. Sy volk het hom uit angs gehoorsaam, maar van liefde vir so `n streng heerser was daar geen sprake nie. Mense het wel sy onomkoopbare regverdigheid geprys, maar tog was iedereen bang vir hom en mense het gebewe sodra hy die regterstoel bestyg. Sy beamptes het dieselfde ingesteldheid gehad as hierdie koning. Hulle was streng regverdig, maar daar was nooit sprake van kwytskelding van straf nie.   

[3] Daar het in die stad ook `n baie beskeie man gewoon, wat hom met allerlei praktiese wetenskappe besig gehou het en af en toe die een of ander ding uitgevind, wat die mens goed te pas gekom het. `n Gebod van die koning hou egter in dat elke kunstenaar of geleerde sy werk eers vir beoordeling aan die koning moes voorlê, sodat daar niks in die hande van die volk sou kom, wat hulle skade sou kon berokken nie. Hierdie man het nie geweet dat daar so `n gebod bestaan het nie en versprei daarom sonder voorkennis van die koning, verskillende van sy nuttige werke onder die volk, wat nie nalaat om hierdie meester buitengewoon te prys nie. 

[4] Dit kom die koning te hore en hy laat die meester gevange neem en laat hom voor sy regterstoel verskyn. Na die bepaling van die straf werp die in groot getalle aanwesige volk hulle voor die koning neer en smeek hom om vir hierdie man, wat deur sy talente soveel goed voortgebring het, genade voor reg te laat geld. Maar dit help niks; die woord van die koning bly so onversetlik soos `n rots.

[5] Omdat die volk niks met hulle dringende smeekbedes bereik nie, begin hulle luid te mor oor die hardheid van die koning en begin hom selfs massaal te bedreig.

[6] Toe staan die eenvoudige, tot straf veroordeelde man op en spreek: “Grote, regverdige koning, veroorloof my om enkele woorde te rig tot u opgewonde volk, voordat ek vir die ondergaan van my welverdiende straf weggelei word.”

[7] Die koning staan die veroordeelde die versoek toe en hy spreek tot die volk: “Beste vriende en broeders! Mor nie oor julle vader, wat besorg is om julle eie beswil nie. As julle dink dat hy om my ontwil so streng en regverdig is, dan vergis julle julleself deeglik! Uit groot liefde vir julle is hy in alles so streng. Ek het julle weliswaar goeie dienste bewys, maar ek kon julle ook rape vir lemoene verkoop het. Al was dit in my geval geen bose opset om die heilsame wet van die koning te oortree nie, tog was dit `n strafbare nalatigheid van my om te min na die wette uit te vra, waardeur ek geen ag geslaan het op die liefde en die sorg van ons wyse vader nie. Daarom kry ek hierdie straf baie tereg. Prys en bemin daarom die wyse koning as `n vader wat hom bekommer oor julle welsyn, dan sal julle hom daardeur in julle hart die beste tol betaal!”

[8] Hy wend hom tot die koning: “Goeie, wyse vader van u volk, ek dank u met `n liefde vervulde hart vir hierdie regverdige straf. Staan my toe om, voordat ek die kerker binnegaan en die verdiende tugroede op my skouers te voel, die soom van u gewaad met my lippe aan te raak en net met die trane van my groot liefde vir u te bevogtig!”

[9] Nou staan die koning op, strek sy arms uit en sê: “My seun! In jou mond beweeg geen slangtong nie. Die sagmoedige blik in jou oë is vir my `n waarborg, dat jy my met jou hele hart liefhet. Kom in my arms in! Die liefde bedek alle sonde! My hart is vol vreugde, omdat ek onder my baie kinders een gevind het, wat die liefhebbende vader in my herken het. Omdat jy my met liefde bejeën het, sal jy ook by my liefde vind. In plaas van om die straf te ondergaan, sal jy in `n koninklike gewaad geklee word en aan my sy bly!”

[10] Kyk, My liewe broeder, presies so is dit nou ook by My. Wat My orde en wysheid betref, bly weliswaar elke Woord van My ewig onveranderlik, maar wie deur die liefde tot My kom, word alles kwytgeskeld. Is Ek in die wysheid al `n diamant, in die liefde is Ek egter weker as was en kan daar baie goed met My gepraat word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205