Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Slotwoord van die Heer: Hou jou by die gees van die liefde! Uit liefde kom wysheid voort, uit wysheid liefde. Die ewige ordening van die lewe in God

255 Nou kom Mathilde-Eljah weer terug met haar Peter en bedank My nogmaals innig daarvoor, dat Ek haar vroeëre aardse leraar nou ook in die hemelryk tot blywende leidsman gegee het. 

[2] Maar Ek sê: “Jy is goeie voeding vir hom en hy vir jou. Maar laat jou meer lei deur die gees van die liefde as deur die uiterlike vorm! Want die vorm kan ook in die hemel verander word na gelang die liefde toeneem of wanneer `n liefdedaad wat uitgevoer moet word, dit vereis; maar die liefde bly ewig onveranderd. Ook wend die uiterlike sintuig spoedig aan so `n mooi vorm, waarna dit dan onverskillig word vir die mooi vorm. Maar die liefde word steeds aantrekliker, omdat sy steeds nuwe wysheid en die een nuwe wonder na die ander skep. Hou jou daarom steeds by die innerlike gees van die liefde; dit sal julle ware hemelsbrood wees en sy sal julle voortdurend steeds meer versterk, want die gees in julle harte is My gees!”

[3] Mathilde-Eljah word in hoë mate geroer deur My les. Sy sê daarop vir Peter: “Edele broeder, het jy hierdie heilige waarheid ook gehoor en begryp?” Peter sê: “Waarom vra jy dit? Is jy miskien bang dat ek iets teen die wil van die Heer sou wil doen? O maak vir jou geen sorge daaroor nie! Ek het die heilige Woord van ons Vader onuitwisbaar in my gemoed gegriffel en leef nou slegs vanuit die Woord in my. Dit sou vir my nou onmoontlik wees om iets anders te dink en te wil as enkel en alleen wat die Heer wil. Sou dit my nog aan iets ontbreek, dan sal jy die ontbrekende by my aanvul, en sou daar by jou nog iets ontbreek, dan sal ek vir jou dieselfde doen. Sou ons beide egter nog iets tekort kom, dan sal ons saam ons heilige Vader daarvoor vra. Hy sal ons uit Sy onuitputlike bron alles gee wat ons nodig het. Wees daarom onbesorg, liefste Mathilde, jou Peter het alles goed begryp.”

[4] Mathilde sê: “Ja ja, jy is tog steeds in alles my meester, sowél in die wysheid, as in die liefde! Jy het weliswaar op aarde eers deur jou wysheid die liefde vir jou in my opgewek; nou lyk dit my egter dat die groot en suiwer liefde in jou hart in my die wysheid sal opwek. Wat dink jy daarvan?”

[5] Peter sê: “Kyk, dit is nou juis die groot kringloop waarin alles hulle beweeg: Die liefde verwek die wysheid en die wysheid wederom die liefde! Die oorsprong van al die lig is natuurlik die liefde as die ewige lewenswarmte van die Godheid. As ons egter die warmte gegee is, dan verwek dit vervolgens dadelik ook lig na die mate waarin die warmte in ons toeneem, en die warmte neem weer toe deur die ryker wordende lig. Die een kom steeds voort uit die ander: Die lig uit die warmte en die warmte uit die lig!

[6] Soos wat beide hierdie oerelemente van die lewe mekaar telkens opnuut verwek en voortbring, voed, versterk en instandhou, so is ook ons op klein skaal daartoe bestem om mekaar wedersyds deur liefde en wysheid te versterk. Dit is die wil en die ewige ordening van die Heer. Maak jy dus nêrens sorge daaroor nie, ek is nou ook wel in staat deur die genade van die Vader om`n egte lewe in God te lei.

[7] Daarop sê Ek: “Amen! So is dit goed, dit is die korrekte begrip van die lewe! Hou julle julle almal daarby! Maar nou, al My liewe vriende, is die saak om verder te trek. Stel julleself `n bietjie geordend op! Robert, dit gebeur alles nog in jou huis; jy is die heer van die huis. Daarom is dit nou weer jou beurt om die hele groot geselskap te lei, maar neem vriend Peter met sy Eljah, netsoos jou Helena by jou; hulle sal jou onderweg goeie dienste bewys.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205