Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Swerfgeeste uit die sterrebeeld “Haas”. Lig en liefde en hulle verskillende werkinge

262 Ek sê: “Hoe geval die groot aantal geeste van `n ietwat beter natuur jou egter, wat ons vanoggend vroeg in groter groepe besoek het? Hulle verlang in wese niks anders nie as om maar net hulle opwagting stilswyend by ons te maak. Daarna het hulle weg in die rigting van die aand getrek en het `n kort ruspouse op die berg Plabutsch bokant die rivier-, die Mur geneem.”

[2] Robert sê: “Dit was vir my totaal vreemde wesens. Hulle lyk daar soos mense, maar lyk verder koud en byna sonder enige gevoel. Wie was hulle eintlik en wat het hulle hierheen gebring?”

[3] Ek sê: “Dit was geeste van `n ander planeet; egter nie van `n planeet van hierdie aardeson nie, maar van `n ver verwyderde, wat hom in die sterrebeeld, genaamd “Haas” bevind. Die nabysynde groot planeet van die son (wat byna ewe ver van haar verwyder is as wat Mercurius van die son van hierdie aarde geleë is) is die geboortewêreld van hierdie geeste. Wie hierdie son van naderby wil leer ken, moet hom die sterrebeeld “Haas” laat aanwys. In die linkeroor daarvan sal hy `n baie klein sterretjie van nouliks `n vyfde grootte ontdek; van dié nabysynde planeet van die son is hierdie geeste afkomstig. Dit is swerfgeeste, wie se grootste saligheid dit is om steeds onderweg te wees. As hulle egter na hierdie aarde toe kom, wat origens maar selde die geval is, neem hulle `n rus en probeer om kennis te maak met My kinders. 

[4] Soms gebeur dit dat enkeles hulle selfs weer hier laat inkarneer, maar in die vooruitsig om My kinders te word, lyk hulle dan soos pasgevange voëls in `n kou. Hulle het nóg rus nóg duurte. Dit is vir hulle byna onmoontlik om hulle tot iets te bepaal. Om te reis en te trek is vir hulle die grootste genot; word hulle daarin verhinder, dan is hulle baie ongelukkig. Daarom het hulle verskyning op hierdie aarde selde `n ander rede as om dit aan jou bekend te maak. Slegs hierdie keer is hulle deur `n vae vermoede van My aanwesigheid hiernatoe getrek. Vavaf `n groot afstand het die wyses onder hulle reeds My aanwesigheid opgemerk en het hulle daarom hierheen gehaas om hulle opwagting aan My bekend te maak. Hulle hele godsdiens bestaan daaruit, dat hulle op bepaalde tye God, die Heer hulle komplimente stuur en by so `n geleentheid enkele baie pragtige woorde vol lof tot Hom spreek. In die ryk van die lig is dit die boodskappe-diens, wat hulle die meeste aanspreek. Nou weet jy wat hierdie wesens is en wat hulle hier wil doen.”

[5] Robert sê: “Ja Heer en Vader, maar merkwaardig is die ooreenkoms tussen die onrus van hierdie geeste en die van die aardse dier waarna die sterrebeeld genoem is. Dit is so gesê van die egte springhaas. Enkele gestaltes lyk heeltemal nie so sleg nie, maar of hulle vroulik of manlik was, kon ek nie beoordeel nie, want hulle lyk almal na mekaar, soos die een muis na die ander lyk op aarde. Lyk die mens op ander hemelliggame dan netsoos hierdie geeste na mekaar, of bestaan daar ook uiterlike verskille by hulle?”

[6] Ek sê: “Geeste uit die sfere van suiwer wysheid lyk altyd soos twee druppels water op mekaar, want hulle oerelement is tog slegs die lig, wat met baie weinig kleurverskil, altyd volkome dieselfde is. Soos wat die suiwer lig egter oral dieselfde is, so is ook sy produkte aan mekaar gelyk. Slegs die liefde bepaal die eindelose veelvormige, en die lig egter slegs die mees gelykvormige. Kyk na die sneeu op hierdie aarde! Dit is `n produk van suiwer lig. Die een vlok is netsoos die ander; slegs as daar meer aan mekaar hang, word die een dikwels groter as die ander, en selfs dit gebeur slegs as daar tussen sulke koue ligprodukte enige warmte bestaan, wat aan die liefde verwant is. Ontbreek dit grotendeels of geheel, dan val daar suiwer vlokkiesterretjies van presies dieselfde grootte en vorm op die aarde. So sal ook die ys altyd dieselfde grondvorm aanneem, omdat slegs koue lig as skepper daarby werksaam is.

[7] En so is alles wat meer verwant is aan die suiwer lig, in sy vorm en geaardheid identies. Slegs dit wat meer die aan liefde verwante warmte in hom dra, word veelsydiger en meer verskillend van vorm. Die lig gee ook wel warmte as dit hom sterk konsentreer, maar dit is geen goeie nie, maar `n slegte warmte, wat nie tot lewe opwek nie, maar dood. Slegs die lig waarvan die oorsprong warmte is, is goed, en die warmte, wat uit `n dergelike lig stroom, is goed en lewewekkend.

[8] Alle verskeurende diere en giftige plante is produkte van die suiwer lig en die daarvan uitstralende warmte. Die is sleg en bewerkstellig kwaad by alles wat nie opnuut verwek is deur die liefde en haar na binne werkende lig nie. Maar by die wesens van die liefde word so `n slegte lig dan weer in `n goeie lig verander en neem daardeur weer sy oorspronklike geaardheid aan.

[9] Uit hierdie toeligting kon jy nou agterkom waarom hierdie geeste dan soos hase na mekaar lyk. Hulle is egter redelik beskeie en hulle enigste verlange is om steeds maar verder te trek, wat dan ook ooreenkom met die voortdurende voortplanting van die suiwer lig. Soos wat die lig geen rus ken nie, maar in die eindelose ruimte steeds verder gaan, so is dit ook met sy skepsele. Daar is egter deur My ook grense aan die strewe gestel, wat dan beteken: “tot hier en nie verder nie!” Dan is daar inderdaad dikwels `n geweldige stryd voordat sulke wesens tot rus gebring word. Maar nou genoeg hieroor! Hierdie geeste het nou weggetrek en legioene ander kom al weer daar aan.

[10] Vandag, Maandag op aarde, sal ons egter nie baie onderneem nie. Daar is ook nie veel met hierdie geeste aan te vang nie, omdat hulle nog baie koel van aard is. Eers vanaand sal ons ietwat warmte onder hulle versprei en hulle sal dan onder `n helder hemel, soos `n ligte dou, deemoedig op die oppervlak van die aarde gaan lê en ons eer. Môre, Dinsdag, sal drie biskoppe uit hierdie stad ons besoek; dan sal dit daar teen die aand ietwat heftig gaan.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205