Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Biskoplike wanidee oor heiligheid. Alleen God is goed. Duister geeste en arm siele kom nader en kry `n heilsame behandeling

266 Soos uit een mond sê beide die biskoppe: “O Heer, dan is ons by hom vergeleke inderdaad groot nulle, want met ons het dit op aarde nooit sleg gegaan nie. As hierdie seun van U liefde egter `n groot gees in U oë is, dan sal hy ons tog wel vergewe dat ons hom in ons onwetendheid veels te min eer betoon het. Ons sal dan in die vervolg wel ryklik goedmaak. Ons begryp slegs nie dat ons waardig bevind was vir die genade om opgeneem te word in die hemelse vereniging van so `n groot heilige nie, want hoe groot moet hy wel wees wat steeds so naby aan U sy loop en handel volgens U wil en in alles deur U onderrig word!”

[2] Ek sê: “Julle was tog werklik agtenswaardige biskoppe, maar nou praat julle asof julle jarelank by `n ou dweper (huigelaar) in die leer was. Wie is dan vir My `n heilige? Slegs God is heilig en goed; al die ander is egter broeders en susters en die geringste is steeds die grootste in My ryk. Slegs aan God kom ere toe; al die ander moet mekaar slegs in en deur die liefde bly vashou.

[3] Ons laat dit verder maar rus, want daarvoor het ons nog `n hele ewigheid voor ons. Ons is volgens aardse maatstawwe nou al byna drie ure hier en die sewentien prelate lê nog op hulle aangesig. Hulle moet gehelp word en daarna moet ons weer vinnig na ons heuwel terugkeer. Daar is enkele aardse vriende van ons, wat nou die heuwel verlaat, maar dit maak nie saak nie: Ons seën, wat op die heuwel rus, het hulle tog al ontvang. Laat ons onsself nou dus bepaal tot die prelate (kerkvorste).

[4] Staan op, julle sewentien broeders van die klooster te Rein! Julle het nou nuwe oë ontvang om die egte lig te aanskou en die waarheid te begryp. Rig daarom die nuwe lig van julle oë, nie na die duister bodem nie, maar aanskou die lig van alle lig en begryp dit!”

[5] Toe staan die sewentien op en kyk vol verbasing om hulle heen, en die prelaat sê as woordvoerder: “Heer, God en Vader, nou eers besef ons ten volle dat U dit is, van wie alle hemele en aardes vol heerlikheid getuig. O Vader, wat moet ons nou doen om U heilige nabyheid waardiger te wees?” Ek sê: “ Om My van nou af aan bo alles lief te hê, omdat julle liefde vir My julle ware, ewige lewe is, en alle broeders en susters lief te hê soos jouself, want die liefde vir julle broeders en susters is die voorwaarde vir julle saligheid. Hoe meer julle mekaar waaragtig, daadwerklike liefde bewys, soveel saliger sal julle wees!

[6] Alle hemele met hulle salighede sonder tal en naam kom voort uit wedersydse, waaragtige naasteliefde, soos in die teenoorgestelde geval ook alle pyne en martelings van die hel voortkom uit eieliefde. As daar geen eieliefde bestaan het nie, dan het daar ook geen hel bestaan nie en was daar op aarde geen oorlog, geen hongersnood en geen pes nie. Omdat die mens egter vol is van verderflike eieliefde, waaruit die hel deur die mens gevorm is en geensins deur My nie, moet hulle hulleself dan ook al die bose, wat voortkom uit die eieliefde en selfsug, laat welgeval.

[7] Satan is weliswaar nog die vors van die hel, soos hy ook haar grondlegger was, maar hy het reeds lank nie meer die mag om die mens te verderwe nie, want die mens het reeds lankal sy leermeesters geword. Vabdat die mens net afhanklik geword het van sy vrye wil, is daar baie onder hulle, na wie Satan in die leer sou kon gaan; veral na die hoë Roomse geestelikheid en by die Jesuïete is daar verskeie vir wie selfs Satan respek het. Sulke wesens noem hulle egter ook “dienare van God”. Hoe vind julle dit?”

[8] Die prelaat sê: “Heer, dit is verskriklik om so-iets uit U mond te verneem!” Ek sê: “Ja wel, maar dit is nou eenmaal so en daar is voorlopig nie baie daaraan te doen nie. Maar dit word nou al halfses, daarom gaan ons weer na ons heuwel terug.

[9] Laat dit so wees! Laat dit geskied! En kyk, daar is ons al weer op die Reinerkoppie. Nou verhef, bokant die stad, `n digte wolk homself en uit alle kerkhowe van hierdie stad styg ligter newels op. Wat dink julle wat dit kan beteken?” Almal sê: “Heer, ons weet dit nie. Lê dit vir ons uit!”

[10] Ek sê: “Die swart wolke bokant die stad is `n vereniging van minstens tienduisend monnike en andere Roomse kerkgesindes, wat hulle sedert 400 jaar in hierdie omgewing ophou en, ten gevolge van hulle blindheid, nêrens `n uitweg kon vind nie. Onder hulle is ook enkele biskoppe, prelate en prooste (oudstes). Ons sal hulle vlotte gee, wat hulle gesamentlik stroomafwaarts na die gebiede rondom die Swart See sal vervoer. Hier sou hulle menige onheil gaan stig, omdat hulle nou in My persoonlike aanwesigheid ietwat wakkerder en beter siende geword het. Op see sal hulle oor enkele honderde jare wel tot hulleself kom en eers dan sal daar iets met hulle gedoen kan word. Die ligte newels bokant die kerkhowe bevat egter baie arm, siek siele, wat na genesing dors. Hulle moet nog in hierdie aardse nag van Woensdag op Donderdag volledig gehelp word. Ek wil dat hulle na ons toe kom! En kyk, hulle begin hulle in ons rigting te beweeg.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205