Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Dialoog tussen Helena en die Heer. Wesens en bewoners van die hel

162 Ook Helena soek na Robert-Uraniël. Omdat sy hom nêrens sien nie, vra sy My saggies waarheen Robert nou saam met die engel gegaan het.

[2] Ek vra Helena egter nog sagter, of sy haar dalk bekommer oor Robert-Uraniël? Helena antwoord: “O Heilige Vader! Hoe sou ek my aan U hart, wat met die grootste liefde vervul is, my kon bekommer? Sou Robert ooit êrens kon beland, waar hy vir U oë onsigbaar sou wees? Wie egter in die lig van U oë wandel, verdwaal nooit as te nimmer nie en kom terug, verwelkom deur sy aan U hart rustende liefde! O, hy sal nou baie en groot wonders van U almag, wysheid en goedheid aanskou. Wat sal hy ons dan oor heerlikhede kan vertel!”

[3] Ek sê: “Ja, so sal dit ook gaan, maar Ek kan jou intussen ook enkele merkwaardige en wonderlike dinge vertel, wat miskien nog vreemder is as die, wat jy nou van Robert-Uraniël verwag. Wat dink jy daarvan?”

[4] Helena sê: “O liefste Vader, dit kan U sekerlik beter vertel as alle engele van U hemele; maar wanneer U my iets sou vertel oor U eie Godsgeskiedenis, dan is wel triljoene jare nodig voordat ek `n woord uit U mond volledig sou kon deurgrond, alhoewel ek redelik nuuskierig is om baie van die Skepper van alle dinge te verneem.

[5] Dit sou vir my hart besonder interessant wees om van U te hoor waaroor U, o Heer, na U heilige opstanding wel mag gespreek het met U apostels, en waaroor die evangelis Johannes sê, dat U nog baie met hulle te bespreek het wat hy nie opgeteken het nie, want, ook al sou hy dit in baie boeke opgeskryf het, dan sou die wêreld dit tog nooit kon begryp het nie. Niks het my nuuskierigheid so onbevredigend gelaat as juis hierdie slotopmerking van die apostel Johannes nie. Dan moet U tog baie wonderlike dinge meegedeel het aan U liewe apostels.”

[6] Ek sê: “Ja, My liewe Helena, maar hierdie dinge was so groot en diep, dat jy hulle ook in die geestewêreld onmoontlik sou kon begryp. Daar sal egter `n tyd aanbreek, waarin jy dit alles sal sien en begryp, want in My groot hemelbiblioteek word dergelike dinge getrou bewaar. As jy eenmaal daar sal beland, sal jy `n volledige evangelie te lees kry. Vra My daarom nou oor `n ander verhaal.”

[7] Helena sê: “O liefste Vader, vertel my iets oor die val van Lucifer, want dit is ook iets, wat vir my steeds onduidelik op aarde gebly het.” Ek sê: “Liewe Helena, ook dit sou nog ietwat te vroeg wees vir jou hart, want hierdie geskiedenis sou jou te sterk aangryp; kies daarom liewer iets anders.”

[8] Helena sê: “O heilige Vader, sê my dan hoe dit is met die hel, waaroor die geestelikes op aarde baie meer preek as oor die hemel. Wie beland eintlik in die hel? Bestaan daar een, of bestaan daar niks nie? Want kyk, liefste Heer en God Jesus, ek was op aarde tog verseker sleg genoeg; `n egte Weense madelief soos daar geen tweede te vinde was nie. Die pous met al sy geestelikes het my sonder genade of barmhartigheid na die hel verdoem. Ondanks al my slegtigheid is ek nou tog salig by U. So mag nog baie hier in U heilige geselskap hulle verheug in die ewige lewe, van wie menige aardse Roomse op aarde sou gesê het: “Nee, hierdie kêrels is selfs te sleg vir die hel!” En kyk, hulle is hier in U heiligdom en in hulle hart loof hulle U oneindige goedheid, wysheid, mag en krag! Hoe sleg moet diegene wat in die hel beland dan wel wees, as dit inderdaad bestaan!” 

[9] Ek sê: “Liefste Helena, jou vraag is nie onbelangrik nie en die beantwoording daarvan sal baie nuttig wees, maar in plaas van om jou lank en breedvoerig daaroor te vertel, sal ek `n helse individu, wat nou juis op die punt staan om in die hel te beland en ook verseker in die onderste, ergste hel sal beland, voor jou laat verskyn. Aan die verdorwe wese sal jy die duidelikste kan sien wie nou eintlik in die hel beland, want daar bestaan naamlik `n hel, wat in drie grade verdeel is; die onderste is die allerergste. En dan sal jy My loof, as jy sal insien, hoe en waarom iemand in die hel beland. Wees maar nie bang nie, die booswig sal dadelik hier wees.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205