Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Robert se verbasing oor die nuwe hemelgebied. Sy toekomstige opdrag. Genadebrug en genadeheuwel

282 Die reis begin en weldra bereik ons die poort. Daar wag baie duisende op ons en prys My oor My groot goedheid, genade, liefde en erbarming en oor My regverdige oordeel, waarvolgens deur die woord van die ewige ordening die regter in elkeen se eie hart gelê is.

[2] Robert kom na My toe en sê: “O heilige Vader, ons staan nou voor die ingang. Aan die anderkant van die poort versprei hom straalsgewys onafsienbare rye oor die hemelse gebiede en dan uit één mond klink hulle lof vir U. Alles is vol lig en hoogste hemelse glans. Ver op die agtergrond is iets te siene, wat soos `n stad lyk, maar deur haar sterk glans is dit nie vir my moontlik om haar vorm duidelik te onderskei nie. O Vader, wat se omgewing is dit tog? Wat se land, waarby selfs die streke op die son, wat ek op my reis met Sahariël gesien het, lyk soos `n sombere nag ten opsigte van ons helderste dag? Welke onbeskryflike heerlikhede kom ons nie hier tegemoet nie! Dit moet die hoogste hemel wees!”

[3] Ek sê: “Ja, dit is so! Tewens is dit egter ook die derde verdieping van jou huis, wat jy dadelik na die begin van jou ontwikkeling in die ryk eers van buite gesien het en spoedig daarna as jou eiendom in besit geneem het. Eweneens stel hierdie streek die vereniging voor, wat jy vanuit jou welwillende hart gegrondves het en volgens My ordening vorm gegee het. Hierin sal jy nou ewig as leier werk en sorg dat alles in die beste orde verloop. Tegelykertyd sal jy egter ook vanuit hierdie vereniging die onbeperkte mag hê om toesig te hou oor die deel van die aarde, waar jy, op grond van stamverwantskap, die nouste bande mee het. Beide die plekke wat ons nou op aarde betree het, sal steeds vir jou `n oogappel bo alles bly. Doen in Wenen, waar die aardse kwaad jou oorgekom het, wat goed en edel is! Gebruik die tweede landstreek wat ons die laaste betree het, as suiweringsinstituut vir onsuiwer geeste, waar hulle ook maar vandaan mag kom.

[4] Die brug wat Ek nou vanaf hierdie laer heuwel na hier geplaas het, moet bly! Wie hulle daaroor hierheen sal begewe, sal nie afgewys word nie! Plaas van nou af aan `n wag op die heuwel, sodat iedereen wat, as gees met goeie bedoelings, hierdie heuwel betree, `n vriend en `n goeie wegwyser mag vind. Natuurmense, wat nog in die vlees op die materiële aarde lewe, sal op hierdie heuwel krag in die geloof vind en sal tot die liefde opgewek word, maar sonder oordeel en sonder dwang. Siekes sal verligting van hulle pyne vind, die goeies en gelowiges sal hulle gesondheid egter sewevoudig terugkry. 

[5] As die mens in die toekoms op die genoemde heuwel vir ons `n herdenkingsteken wil oprig, sal hulle nie daarby gehinder word nie, maar ook nie ondersteun word nie. Want elke uiterlike gedenkteken vir `n hemelse verskyning op aarde, verander maar al te vinnig in `n plek van winsbejag en bedrog. Maar as iemand tog `n gedenkteken plaas, dan sal dit hom nie verhinder word nie, want die Sinai`s, Tabor`s en Olyfberge moet vir die aardse mens bewaar word, as voortdurende aandenking aan dit waartoe hulle deur My bestem was. En nou gaan ons binne in die ware ryk van die ewige lewe.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205