Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Robert se persoonlike verhouding tot die Habsburgse keisers. Geërfde of gekose troonopvolging. Staatspolitieke wenke van Petrus

289 Robert sê: “Dit is nou juis deur die Heer so wys gereël, want sou daar heeltemal niks meer te vra wees nie, dan sou die bestaan mettertyd volkome ondraaglik vir `n gees word. Maar so is `n mens, selfs as volmaakte gees, ook hier in die huis van die Heer, waar die een wonder op die ander volg, uiters begrens in kennis. Ja, mens begryp selfs nie eens die mees voor die hand liggende dinge nie. En so is dit goed, omdat hart en gees voortdurend aktief gehou word daardeur.

[2] So het ek my al dikwels afgevra wat ek eintlik met die Rooms-Duitse en Oostenrykse keisers te make het. Hoe kom ek in hulle en hulle in my geselskap? Ek kan myself, vir my gemeenskap, wel geeste voorstel, van my aardse lewensperiode, of in die Oostenrykse state my denkwyse gedeel het en in dieselfde tyd dat ek uit Wenen hierheen gehelp was, in die geesteswêreld aangekom het. Maar hoe die vorste van Oostenryk, benewens verskeie Roomse biskoppe, in my geselskap kom, is vir my `n raaisel - ek het tog nooit enige verbinding met hulle gehad nie, omdat hulle hulle heerskappy op aarde lank voor my tyd uitgeoefen het. As hulle my uiteindelik in hulle gemeenskap sou opgeneem het, sou dit te verklaar wees. Maar dat ek hulle in my gemeenskap opgeneem het en dat hulle in `n sekere sin na my toe gekom het, is vir my `n raaisel! Begryp jy miskien die rede, liewe vriend en broeder?”

[3] Petrus sê: “Die rede daarvan is baie eenvoudig: Kyk, jy was van meet af aan steeds `n vyand van die dinastie van die Habsburgers. Alle misbruike in Europa het jy slegs aan haar toegeskryf. Met so `n wrok sou jy egter nooit `n bewoner van die ryk van die suiwerste liefde kon geword het nie. Daarom het die Heer jou die geleentheid gebied om jou met jou teenvoeters te versoen, hulle waarde te erken en hulle as egte broeders in jou hart op te neem. Daarom het hulle dan ook in jou huis gekom.” 

[4] Robert sê: “O ja, nou begryp ek inderdaad die rede. Sekerlik, die deur Rudolf ingestelde erfreg van die keiserlike waardigheid was vir my `n gruwel van verwoesting van byna alle regte van die mens, want na `n erflike regeringsamp word alle ander geeste agter gestel, ook al was hulle duisendmaal wyser as hy wat op die troon sit. Die wysste man in die ryk moet swyg en word deur die vors, wat homself erfregtelik as `n Salomo beskou, nie erken en nie gebruik vir die welsyn van die volk nie. Kyk, sulke en nog ander redes het my steeds met wrok vir die Habsburgers vervul en alles in my het in opstand gekom as ek gedink het aan die heerssugtige Rudolf, wat selfs nog tot in sy laaste nakomelinge wou deur regeer, indien moontlik tot aan die einde van die tye.

[5] Nou het daar inderdaad `n ander lig vir my oor die regsorde opgegaan. Ek sien helder en duidelik in dat `n middelmatige keiserryk tog baie beter deur erfopvolging is, as die beste deur kiesreg verkreë ryk, waarby daar altyd vyandigheid ontstaan tussen hulle wat die reg het om tot keiser gekies te word en diegene uit hulle midde wat deur die lot op die troon geplaas is. Dit is bes moontlik dat die Heer Self gewil het dat die gekose vorstedom plek moes maak vir die erfvorstedom.

[6] Sou daar nou egter nie baie vinnig `n einde kom aan die erflike dinastieë en hulle ryke nie? Iets daarvan het die Heer Self onlangs in Sy heilige woorde laat deurskemer. Hoe dink jy hieroor?”

[7] Petrus sê: “Vriend, ons bekommer ons hier maar weinig daaroor! Die mens is vry in hulle aards-politieke betrekkinge en hulle staatkundige verhoudings en kan dit reël soos hulle wil. As hulle `n regverdige owerheid het, moet hulle dit gehoorsaam en één wees met haar, dan sal hulle rus en vrede hê. Alle burgers van `n staat moet, in geval van nood, ook hulle vors bereidwillig tersyde staan, dan sal hulle `n gelukkige volk wees en ryk aan alle aardse dinge. Vir `n volk wat egter na alle bitter gebeurtenisse waardeur dit deur eie skuld getref was, die skuld op die regeerders te skuif, sal daar weinig sprake van geluk meer wees nie. Waar volkere ook maar begin om te twis met hulle regeerders, kry hulle vyande spoedig geleentheid om te lag.

[8] Doen hulle dit, dan het hulle dit aan hulleself te wyte as daar slegte tye vir hulle aanbreek. Die Heer laat sulke tye weliswaar nooit oor die mens kom as `n oordeel van Sy wil nie; Hy verhinder dit egter ook nie, maar laat die mens die vrugte oes wat hulle gesaai het.

[9] Want die mens op aarde het `n heeltemal vrye wil. Ja, selfs die aarde lê in hulle hande. Beledig hulle haar, dan sal sy hulle ook straf, soos ten tye van Noag. Wend die mens hom egter tot die Heer en vra Hom om `n goeie regering, om rus, vrede en goeie ordelike toestande, dan gryp ook ons in die teuels van die vors in en lei hom en sy volk op die weg, waarlangs slegs geluk bereik kan word. Daarom moet die mens nooit wrok koester teenoor hulle vorste of hulle selfs haat nie, want ook hulle is mense. Hulle kan hulle egter seën en die Heer vra of Hy hulle nie as hulle aardse bestuurders wil lei en seën nie. Dan sal hulle oorgelukkig wees. Wel, het ek goed gespreek of nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205