Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Robert se politieke ywer. Petrus oor die selfhulp van `n volk en oor God se hulp. Die Vader weet wanneer dit tyd is

290 Robert sê: “O ja, jy het volkome gelyk. Elke mens op sigself doen goed daaraan as hy die bo hom geplaasde owerheid gehoorsaam in wêreldse aangeleenthede en hom vreedsaam gedra onder alle omstandighede van die aardse lewe. Maar wat moet die arme mens doen as hulle vorste uit angs troon en glorie verloor by hulle onderdane en ook die sfeer van die gees aantas? As hulle haar kettings en die sig van die siel en gees verduister, die suiwer leer van die Heer op aarde verander in afgodery en die mensdom daardeur met algehele blindheid tref? Wat moet sulke geknegte mense dan doen as die heerssugtige draers van die kroon brandstapels, galge of ten minste streng kerkers bou vir die profete wat deur die Heer self gewek is? 

[2] Sou die mens dan ook vanuit die hemele nie die reg hê om hulle te ontdoen van die moordenaars van die gees nie? Is so `n handelswyse ook vir die orde van die hemele, dan moet mens daaruit aflei dat dit vir die Heer om`t ewe is of die mens op aarde `n toordokter, `n duistere heiden of `n suiwer Christen is. Wanneer dit egter die geval is, begryp ek die hele verlossingsgeskiedenis, alle waarhede van die profete en die suiwer wonderleer van die lewe uit die mond van God, glad nie. Dan kon die mensdom eerder in haar oernag gebly het. Miljoene mense wat hulle Christene noem, het nie die flouste idee van Christus, die Heer en van Sy leer nie. Die pous is hulle god en die vors sy handlanger. Beide sorg na die beste vermoë daarvoor om die mens dom te hou en om elke geestesvonk in hulle onderdane te verstik. Sê net, vriend, het die nog êrens voorkomende, meer verligte genootskappe dan nie ook die minste reg om hulle teen so `n geestelike tirannie te verhef en haar te vernietig nie?” 

[3] Petrus sê: “As hulle daartoe in staat was, waarom nie? Kan hulle dit egter nie, dan sal hulle poging hulle duur te staan kom, en hulle word dan daarna nog tienmaal erger verkneg as eers. Ek sê vir jou, dit sal ewig so bly dat `n mens self heeltemal niks alleen sal kan doen nie. Probeer hulle dit tog, dan bereik hulle daarmee dat hulle situasie maar net versleg, maar nooit verbeter word nie. Dit is heel iets anders, as `n meer verligte gemeenskap van mense die Heer aanroep om hulp en beskerming. Dan gaan die Heer Self aan die werk en kom daar vir goed `n einde aan die tirannie. Slegs die Almagtige kan alle ander mag verslaan! Die onmag van die mens vermag egter niks sonder die Heer nie. Origens weet die Heer presies hoever Hy `n tirannie kan laat voortwoeker.

[4] Ek sê vir jou: Die Heer meet die tyd van elkeen, en so is ook die tyd van elke tiran noukeurig afgemeet. Dikwels ontbreek slegs die laaste druppel; val dit, dan is die tyd ten einde. Maak jy daarom geen sorge meer oor die omstandighede op aarde nie! Die Heer weet die beste hoe Hy dit moet lei en besleg.

[5] Hoe dikwels het ek reeds van die beter aardbewoners die wens verneem, of die Heer tog eindelik net `n einde sou wil maak aan die pousdom. Maar die Heer talm nog steeds en weet baie goed waarom Hy dit doen. Dat Hy egter nie meer lank sal talm nie, daarvan kan jy volkome verseker wees. Rome verbeel hom wel om gelyk met `n feniks te wees, wat homself verbrand en dan weer pragtiger as voorheen uit sy as verrys. Maar hierdie keer sal die uiteindelike as bly. En so sal dit nou ook met baie ander op die aarde gaan! Begryp jy dit?”

[6] Robert sê: “Ja, nou eers is ek in alles duidelik onderrig. Maar nou kom die Heer. Daarom nou niks meer hieroor nie!”

[7] Robert kom My met die hele geselskap tegemoet en sê: “Heer, Vader, alles staan gereed soos wat U dit opgedra het.”

[8] Ek sê: “Liewe broeder, dit het Ek al gesien. Maar as Ek nie Self gekom het nie, dan het jy My en die groot geselskap nog danig lank laat wag en sou jy nie gekom het om My ten opsigte van die geselskap te sê: “Heer en Vader, kom, alles staan gereed!”

[9] Robert sê: “Heer, dit wou ek sonder meer doen, maar broeder Petrus het my daarvan weerhou!” Ek sê: “Wel, wel, as jy in die huis weinig op die proef gestel word, mag jy nie dadelik so toegeeflik wees nie!” 

[10] Helena sê: “Kyk, ek het jou nog met my oë `n wenk gegee. Maar jy het jou vinger op die mond gelê, sodat ek hier sou swyg wanneer die eerste broeder van die Heer die woord voer! Julle het toe baie lank oor verskillende dinge gespreek, totdat ons liewe Vader Self gekom het, sonder om deur julle wyses geroep te word. Dit is wel goed vir julle dat die Heer julle `n bietjie teregwys!” “

[11] Ek sê: “Nou, nou, liewe dogter Helena, dit is alles alweer in orde. Robert is geregverdig omdat hy broeder Petrus volg. Broeder Petrus is eweneens geregverdig, want hy weet wat hom by sulke geleenthede te doen staan, en jy is ook geregverdig omdat jy My deur Robert wou laat binne roep. Ekself was egter nog nooit onregverdig gewees nie; sodoende het ons mekaar niks meer te verwyt nie. Daarom sal ons nou die maaltyd gebruik. Gaan, en roep die geselskap! En jy, broeder Petrus, open alle deure wat na hierdie eetsaal lei.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205